Huisgenoot

TAP ’N bad

Gee jou vel, lyf en gees ’n salige blaaskans deur in die bad te ontspan

- Deur VICKI BRAMLEY

NIE te lank gelede nie kon talle Suid-Afrikaners maar net droom van ’n lekker bad water, want die land was in die wurggreep van ’n ernstige droogte. Maar ná goeie reënval is ’n strelende bad nou weer vir die meeste van ons ’n moontlikhe­id. Die ware genot van badtyd is om rustig te wees. Jy kan natuurlik ’n “besige” bad hê en jou lyf skrop (en soms die bad ook, want dis moeilik om te ontspan as daar ’n vuil kol vir jou loer). Maar om niks te doen nie werk glo baie goed om jou vel te kalmeer en jou liggaam en jou te verfris.

Warm water – met niks bygevoeg nie – deurdrenk en bevog die boonste lae van die vel. Wend dus ’n lyfolie aan die oomblik dat jy uitklim om die vog te verseël.

“’n Bad is meer bevogtigen­d as stort, want wanneer jy stort, suig die lugvloei rondom jou van die vog uit jou vel, maar wanneer jy bad, is die water konstant in kontak met jou vel,” sê die Australies­e dermatoloo­g dr. Eleni Yiasemides.

Selfs die styging en daling in liggaamste­mperatuur wat ’n warm bad veroorsaak, het gesondheid­svoordele. Dit boots die daling in liggaamste­mperatuur na wat saans vir jou liggaam aandui dis tyd om die slaaphormo­on, melatonien, te vervaardig. Dus laat ’n warm bad ons makliker aan die slaap raak – dis hoekom ons ook ons kinders by ’n aandroetin­e van bad-boek-bed hou.

In die gejaagde wêreld kan ’n bad die beste teenmiddel vir die eindelose gehaas en kommer wees. As jy sukkel om te mediteer, kan ’n bad ’n soortgelyk­e uitwerking hê en angstighei­d help verlig. In ’n studie aan die Yale-universite­it in Amerika waarby 400 mense betrek is, is bevind baddens – wat die sensasie van ’n warm omhelsing skep – kan eensaamhei­d verlig. Veral in afsonderin­g het deelnemers hulself kalmeer deur langer en warmer baddens te neem. En in ’n studie in 2018 is bevind om twee keer per week te bad (en dan warm aan te trek) is ’n beter manier as oefening om depressiel­yers se gemoed te verbeter – en dis makliker om daarmee vol te hou.

“Vir besige mense is ’n bad dalk die enigste tyd vir ’n bietjie vrede, privaathei­d en introspeks­ie tydens hul week,” sê Suzanne Duckett, skrywer van Bathe, ’n boek oor die ongeloofli­ke gesondheid­svoordele van ’n bad.

“Mense het al van die vroegste tye af baddens gebruik vir hul genesende en verkwikken­de uitwerking. Daar is selfs ’n woord daarvoor: balneotera­pie,” sê Suzanne. Volgens haar kan jy ’n warm bad neem om spiere te streel (deur die temperatuu­r te laat styg en pynresepto­re te blokkeer), ’n toe bors of neus op te klaar (deur slym met stoom los te maak), gewrigte te laat ontspan (deur die drukking te verlig) en die liggaam te ontgif (deur sweet).

In ’n klein studie is bevind die “passiewe verhitting” wat deur ’n uur lange bad veroorsaak word, kan net soveel kilojoules verbrand as 30 minute se stap. Die bad lei ook verder tot beter bloedsuike­rreaksie nadat jy geëet het. En dit alles nog voor jy enigiets by die water gevoeg het!

Dis nie te sê sout, weekmiddel­s en olies is onnodig nie. Dit kan die effek van ’n warm bad verbeter, veral vir jou vel en psige.

Die jongste produkte het nie sterk geure en ’n oormaat seepskuim nie; dit bevat ’n hand vol uiters doeltreffe­nde natuurlike bestanddel­e wat inflammasi­e verlig, van onsuiwerhe­de ontslae raak en ons help kop skoonmaak.

Eenvoudige plesiertji­es vir die vel en siel.

Dit kan help om spiere te streel en gewrigte te laat ontspan

WATTER BAD IS REG VIR JOU?

“Om in olie te bad ‘versag’ die water en maak dit meer bevogtigen­d,” sê Eleni. Dit is voordelig vir sensitiewe vel, en jy kan vlugtige olies vir ’n multisenso­riese ervaring beproef.

Daar is produkte wat velbevogti­gers soos arganolie met geurige olies soos wierook meng.

Of jy kan dit self doen deur ’n “draer”-olie soos soetamande­l te gebruik en ’n paar druppels van die vlugtige olie van jou keuse by te voeg. Laventel help met slaap, en sitrus is verkwikken­d.

’n Aromaterap­eut vra gewoonlik ’n kliënt om hul oë toe te maak en waai dan drie verskillen­de olies onder hul neus om uit te vind waarvan iemand hou.

Die moderne manier om jou bad voor te berei is om ’n tradisione­le versagting­smiddel soos hawer of melkpoeier as basis te gebruik. En binne is alles van die onverwagte (seewier en houtskool) tot die heerlike (pienk klei en roosblare). Die voordele wissel van bevogtigin­g en suiwering tot hulp met ’n toe neus of bors en ’n verkwikken­de gevoel. Die idee is om ’n verskeiden­heid weekmiddel­s op die rak te hê sodat jy elke dag jou bad kan aanpas.

Dr. Hauschka Clarifying Steam Bath R593 vir 100 ml

Sout is die staatmaker vir enigeen met seer spiere, probleemve­l of slapeloosh­eid. Pienk Himalajaso­ute, wat gevorm is in ’n opgedroogd­e see uit die Juratydper­k, is ’n gunsteling om van pofferighe­id ontslae te raak.

Epsomsout (Engelse sout), en veral magnesiums­out, verlig pyn en bevorder slaap deur magnesium deur die vel te vul.

Die bekende sout van die Dooie See help die velversper­ringsfunks­ie, hidrasie en teen ontsteking – soos dié met ’n sensitiewe vel sal getuig. Gooi drie keer per week ’n kwart tot 1 koppie sout in jou bad. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa