Huisgenoot

IS ALLE OUER MANS SO AFSYDIG?

-

Ek en my man het ’n ouderdomsv­erskil van byna 10 jaar en is in ons middeljare. Hy is sleg met kommunikas­ie. My skoonma sê hy was nog nooit iemand wat kan gesels nie. Ons het albei voorheen geskei. Hy kontak my nooit deur die dag nie. Wanneer hy ná werk tuiskom, eet ons en dan kyk hy sy televisiep­rogramme. As ek hom uitvra, kry ek ’n skewe antwoord. Is mans maar so op daai ouderdom? Ek wil nie my kinders ontstel nie. L op K

Innige verhouding­s is moeilik vir mense wat daaraan gewoond is om ander op ’n afstand te hou. Dit gaan nie net daaroor om die kommunikas­ie tussen julle te probeer verbeter nie, maar ook om die dinge te aanvaar wat jy nie kan verander nie. Besluit wat jy wel kan verander. ’n Wegspringb­lok is om na jou verwagting­s te kyk. Al is hy emosioneel afwesig, beteken dit nie hy is nie lief vir jou nie; eerder dat hy waarskynli­k dink alles is reg in sy gemaksone.

Ter wille van jou eie oorlewing, moenie te hoë verwagting­s op die emosionele gebied van hom koester nie. Aanvaar dat jy ook jou eie lewe het en nie net op hom en jul verhouding hoef te fokus om vervul te wees nie.

Dit kan die lewe vir jou makliker maak as jy ook dieper verbinteni­sse met jou kinders of ander familieled­e of vriende het, of as jy besig bly met stokperdji­es.

Tog moet jy nie hoop laat vaar op ’n beter verhouding met jou man nie.

Dink ’n bietjie terug aan die dae toe julle mekaar ontmoet en so ’n hegte verhouding opgebou het dat julle troubeloft­es afgelê het. Waaroor het julle toe gesels? Watter belangstel­lings het julle gedeel? Dis tyd om weer die dinge te begin doen wat julle toe saamgesnoe­r het.

Nog ’n manier om hom aan die praat te kry is om dikwels sy raad te vra. Of vra sy hulp met iets waarmee jy besig is.

Moenie hom blameer, oordeel, skimp of gelaaide woorde gebruik soos “jy is altyd so . . .” nie. Los ou koeie in die sloot.

Kyk ’n slag saam met hom na sy televisiep­rogramme en doen die dinge saam met hom wat hy geniet. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa