Huisgenoot

HÚLLE KAN DALK SY MILJARDE ERF

- BRONNE: CNN.COM, NUMERO.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THETIMES.CO.UK, TATLER.COM, HARPERSBAZ­AAR.COM, HOLLYWOODR­EPORTER.COM, VOICI. FROVID QUATUR, SUM QUATE

DIE BEELDSKONE MANS

Drie van die sewe aanspraakm­akers op die boedel is deel van die uitgesoekt­e groep wat al beskryf is as “Karl se seuns” – jong mans wat deur die jare sy muse was.

“Ek beskou hulle as familie,” het Karl al oor hulle gesê. “Ek het geen eie familie nie, en dis lekker om seuns te hê, maar sonder die onaangenam­e probleme wat seuns kan skep.”

Baptiste Giabiconi (30) Karl het dié Franse model in 2008 by ’n naakmodels­essie ontmoet toe Baptiste net 19 jaar oud was.

Karl het eenkeer ’n afgietsel van hom uit Belgiese sjokolade laat beitel. Baptiste se luide aansprake op Karl se boedel het volgens die koerant Le Parisien “jaloesie en verdeeldhe­id” onder die begunstigd­es veroorsaak.

Jake Davies (40) Nog ’n slanke, gebeitelde model, oorspronkl­ik van Yorkshire in Engeland.

Voor hy in 2009 Karl se oog getref het, was hy in ’n kortstondi­ge verhouding met ’n lid van die musiekgroe­p Sugababes, Amelle Berrabah. Tydens sy jare as een van Karl se uitverkore­nes het hy in verskeie eksklusiew­e modeveldto­gte verskyn – gewoonlik sonder sy hemp.

Brad Kroenig (41) Karl het die Amerikaans­e model in 2003 raakgesien tydens ’n fotosessie in Biarritz, Frankryk.

Die ontwerper het met hom behep geraak. Karl het selfs ’n boek oor Brad, Metamorpho­ses of an American, in vier volumes gepublisee­r. Die boek bestaan net uit Karl se foto’s van Brad wat stap, slaap, eet, skeer, swem en oefen – alles met min klere aan.

Brad het oplaas getrou met die model Nicole Bollettier­i, dogter van die beroemde tennisafri­gter Nick Bollettier­i. Hulle het twee seuns, Jameson en Hudson.

‘DIE KLEIN PRINSIE’

Brad en Nicole het Karl die peetpa gemaak van hul seuntjie Hudson. Die modebaas was in die wolke daaroor. Hy was versot op die kind en het hom “die klein prinsie” genoem. Hudson en sy pa het oral saam met Karl in sy privaat straler kerjakker. Karl het natuurlik ook sy peetkind se klerekas gevul met skeppings deur Chanel en Fendi.

Hudson (nou 12) het eenkeer diamante ter waarde van £1 miljoen op die loopplank gedra vir Chanel. Hy was ook al in modeveldto­gte saam met supermodel­le soos Cara Delevingne en Joan Smalls.

HAAR KWISPELEND­E HOOGHEID

Karl het dikwels geskimp hy gaan alles aan sy geliefde kat, Choupette, nalaat – en dat hy met haar sou trou as dit wettiglik moontlik was. Hy het sy liefde vir haar getoon met diamanthal­sbandjies, en sy het vir hom miljoene laat inrol as reklamemod­el. Sy het in modeartike­ls vir Vogue verskyn, vir Chanel “gewerk” en saam met Kendall Jenner poseer. En wanneer Karl na eksotiese bestemming­s gevlieg het, was Choupette aan sy sy.

Choupette het haar eie agent en ’n Instagramb­lad met byna 60 000 aanhangers. Ná Karl se dood het hordes aanhangers in die sosiale media hul kommer uitgespree­k oor die kat se toekomstig­e welstand. Maar Caroline Lebar, Karl se publisitei­tsghoeroe, het almal verseker sy leef steeds in weelde.

“Dit gaan goed met haar, en sy is met liefde omring.” ■

DIE GETROUE WERKNEMERS

Sebastien Jondeau (45) Die Franse media bespiegel hy kan sommer baie erf. Dié aantreklik­e Fransman, wat twee dekades lank Karl se lyfwag en assistent was, verwys na die ontslape ontwerper as ’n “vaderfiguu­r” – maar sê ook om vir Karl te werk was soos om in ’n “goue tronk” te wees. Sebastien het Karl se hand vasgehou toe hy sterf.

Caroline Lebar (55) Sy is een van die veterane van Karl se span. Caroline het meer as 30 jaar lank vir hom gewerk en was in beheer van openbare betrekking­e en kommunikas­ie vir sy sakeryke.

Françoise Caçote Karl se getroue huishoudst­er en nou die toegewyde oppasser van sy Birmaanse kat, Choupette, in Karl se woonstel in Parys. Sy bestuur ook steeds die kat se sosialemed­iablad.

Karl het dikwels geskimp hy gaan alles aan Choupette nalaat

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Karl in 2007 by twee van sy getroue werknemers, Sebastien Jondeau (links) en Caroline Lebar.
Karl in 2007 by twee van sy getroue werknemers, Sebastien Jondeau (links) en Caroline Lebar.
 ??  ??
 ??  ?? Karl se spoghuis in Monaco, Villa la Vigie, is een van vier herehuise wat in sy boedel ingesluit is.
Karl se spoghuis in Monaco, Villa la Vigie, is een van vier herehuise wat in sy boedel ingesluit is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa