Huisgenoot

VOLG OOK DIÉ WENKE

-

■ Luister na jou lyf. Bou die tyd en afstand wat jy stap geleidelik op. “As jy te seer of styf voel om die volgende dag te stap, dan weet jy jy het dit die vorige dag effens oordoen,” vertel Ilse.

Wees bedag op enige snaakse skielike pyn of ongemak en kyk of jy jou postuur of stapbewegi­ng moet aanpas om die pyn of ongemak te verlig, sê sy.

“Soms is die pyn van korte duur, maar as dit nie weggaan nie, hou onmiddelli­k op met stap. Strek en evalueer watter beweging of posisie die pyn veroorsaak,” verduideli­k Ilse.

As jy tydens jou stap- of oefenroeti­ne enige pyn of ongemak ervaar, moet jy onmiddelli­k jou spoed of afstand verminder, sê Rozanne. “Maak seker jy laat genoeg tyd toe vir jou spiere om te rus, en luister na jou liggaam. As die pyn of ongemak nie ná drie tot vyf dae verbeter nie, maak ’n afspraak by ’n dokter of fisioterap­eut vir raad en behandelin­g,” sê Rozanne.

■ Kies die regte roete. “Begin met ’n gelyk pad met min bulte en afdraandes,” sê Ilse. “Moet ook liefs nie ongelyke paaie of gladde oppervlakk­e kies nie, veral nie as jy gewoonlik met balans sukkel nie.”

■ Drink die regte hoeveelhei­d water. Hoeveel water jy drink, hang af van hoe lank jy beplan om te stap en die weersomsta­ndighede, verduideli­k Ilse. Maar omdat stap ’n lae-impakoefen­ing is, hoef jy eintlik net water te drink wanneer jy dors is.

Haar raad is om een glas water voor en ná jou stapsessie te drink. “Meer behoort nie nodig te wees nie, en jy hoef nie voorkomend meer water in te neem as waarvoor jou liggaam vra nie,” vertel Ilse. ■ Kry ’n stapmaat. Onthou dat enige vorm van sport lekker moet wees om volhoubaar te wees, sê Rozanne.

Nooi iemand saam om hiermee te help. “’n Vriend kan jou verantwoor­dbaar hou, en dit is ook altyd veiliger om saam met iemand te gaan stap eerder as alleen,” verduideli­k sy.

“’n Stapmaat help jou met roetine en toewyding,” beaam Lize-Jeanne. “Dit is ’n vorm van sosiale interaksie waar ’n mens gesels en in die proses vergeet dat jy eintlik oefening doen.” ■ Dra die regte skoene en klere. “Sorg dat jy gemaklike en ondersteun­ende oefenskoen­e aanskaf om mee te stap,” sê Rozanne. Dit help om beserings te verhoed.

Vermy seilskoene of normale skoene wat soos tekkies lyk, maar nie vir oefening bedoel is nie. Vra vir iemand by die sportwinke­l raad as jy nuwes moet koop.

Kies ook die regte uitrusting. Dit beteken nie jy moet soos ’n model in die nuutste oefendrag lyk nie, maar dra ’n hemp en broek wat vir jou gemaklik is en jou nie sal skaaf nie.

Hou boek. Kry ’n notaboek en skryf neer hoe lank jy gestap en hoe jy gevoel het. Dit gee jou ’n rekord om na terug te kyk en te sien hoe jy verbeter het.

As jy ernstiger begin oefen en statistiek­e interessan­t vind, kan jy belê in ’n oefenhorlo­sie of podometer wat jou roete met GPS vaslê, jou treë en afstand meet en selfs sê hoeveel kilojoules jy verbrand het.

“Dis beslis nie nodig aan die begin nie en kan wag tot later,” sê Lize-Jeanne. “Maar dit bly ’n goeie manier om jou te motiveer om te gaan oefen en help diegene wat wil weet of hulle verbeter en fikser raak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa