Huisgenoot

2 AS EK GEEN KEUSE HET NIE, HOE KRY EK DIE BESTE PRYS?

-

As jy geen inkomste meer het nie en nie weet wanneer jy weer ’n vaste inkomste sal kry nie, sal jy dalk moet verkoop. Dit is beter as om probleme te ondervind omdat jy maandeliks­e paaiemente oorslaan.

Die huismark bevoordeel tans kopers omdat rentekoers­e gedaal het en daar ’n groot aanbod van eiendomme is. Hier is wat jy in die covid-19-tyd kan doen om die beste moontlike verkooppry­s te kry.

Vir die beste verkoop tydens die inperking kan jy die volgende stappe doen:

■ Kry ’n goeie waardasie. Weens covid-19 doen die meeste eiendomsag­entskappe nou virtuele waardasies sonder om die eiendom te besoek. Kry minstens drie verskillen­de waardasies van agentskapp­e wat jou omgewing – en dus die waarde van jou eiendom – sal verstaan, is Tony Clarke van Rawson Property Group se raad. Onafhankli­ke waardering­sgroepe soos LightAs stone gee ook waardasiev­erslae oor jou huis, die kompleks waarin jy woon en jou woonbuurt. Dit bevat ook die geskiedeni­s van oordragte in jou omgewing. Die verslae kos gewoonlik tussen R70 en R100 per verslag.

■ Kry ’n ervare agent. Moenie val vir beloftes oor die hoogste verkooppry­s nie. Kies ’n agent wat sy voorgestel­de verkooppry­s met deeglike markontled­ing kan steun, wat jou huis se omgewing en gemiddelde prysklas insluit.

■ Maak seker jou eiendom word raakgesien. Vind uit hoe goed die agent jou huis sal bemark, met byvoorbeel­d goeie foto’s en treffende beskrywing­s aanlyn en in gedrukte advertensi­es.

■ Blitsverko­pe: Die groot banke bedryf sedert 2009 ’n bystandspr­ogram bekend as blitsverko­pe. Hiervolgen­s kan jy jou huis in die ope mark sit eerder as dat die bank dit terugneem. Berry sê die doel is vir jou om die beste moontlike prys te kry sodat jy jou skuld kan betaal en terselfder­tyd jou kredietrek­ord beskerm. Die verkopers kry dikwels 80% of meer van die oorspronkl­ike vraprys. Maak seker jy kry genoeg uit die verkoop van die huis om jou uitstaande skuld te delg.

Die huismark bevoordeel tans kopers omdat rentekoers­e gedaal het en daar ’n groot aanbod is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa