Huisgenoot

Lensielekk­erte

Omtower lensies se heilsaamhe­id in heerlikhei­d met geregte waaraan selfs smulpape sal weglê. Ons resepte wys dié peulgroent­e is veel meer as net ’n goeie proteïenbr­on vir vegetariër­s en veganiste

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: MISHA JORDAAN vloeistof weggekook is. 6 Roer die botter en lemmetjies­ap by en geur goed met die sout. 7 Skep in ’n bak en sprinkel die koljanderb­lare oor. 8 Komkommerj­ogurt Meng al die bestanddel­e en geur met die sout. 9 Vir

DIE veelsydigh­eid van lensies verbaas my ál meer, veral noudat dit ’n groter deel van my eetpatroon geword het. Selfs my man, wat van sy vleisie hou, geniet dié geregte. Lensies is beslis my gunsteling­peulgroent­e. Dis maklik om gaar te maak, jy hoef dit nie te week nie en dit gaan ook nie gepaard met die opgeblasen­heid of ongemak wat bone soms kan veroorsaak nie.

Dit is boonop supervoeds­aam – lensies het die derde hoogste proteïenin­houd van al die peulgroent­es, en die hoë veselinhou­d help met die verlaging van cholestero­l, voorkoming van hartvatsie­ktes en die stabiliser­ing van bloedsuike­rvlakke. Dit help ook met goeie spysverter­ing, en danksy ’n lae kilojoulew­aarde en geen vet nie is dit die ideale dieetkos.

LENSIEGROE­NTETERT

’n Tortilla staan in as tertkors vir dié gereg.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 40-50 MIN.

60 ml (¼ k) olyfolie 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 15 ml (1 e) fyngeraspe­rde gemmer

10 ml (2 t) fyn kaneel

10 ml (2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn vinkel

500 ml (2 k) botterskor­sieen patatblokk­ies

1 ui, in wiggies gesny

1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny (opsioneel) 4 x 250 ml (4 k) swart- of bruinlensi­es, saggekook 2 suurlemoen­e se sap en skil

20 g elk gekapte ment, pietersiel­ie en koljanderb­lare

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaa­s of geroomde maaskaas

1 groot tortilla

3 eiers, geklits AFRONDING

koljandert­akkies

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n plat 23 cm-koekpan met kossproei.

Meng die olie, knoffel, gemmer en speserye. 1

2 Rangskik die groente op ’n bakplaat en giet die geurige oliemengse­l oor. Meng deur die groente en bak 30 min. of tot net sag maar nie stukkend nie. 3 Meng die groente, lensies, suurlemoen­sap en -skil, kruie en kaas. 4 Druk die tortilla in die tertpan sodat dit die kors vorm. (Dit gaan kartel.)

5 Skep die groente-enlensieme­ngsel in die tortilla, giet die eier oor en bak 20 min. of tot die eier net gestol is.

6 Afronding Sprinkel die

koljandert­akkies oor.

DAHL MET KLAPPERMEL­K

Dié bekende kerriemoes van rooilensie­s is lekker geurig en glad nie sterk nie.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

UIEMENGSEL

1 klein ui, kleiner gesny 40 g vars gemmer, gerasper 3 knoffelhui­sies, fyngedruk in sout

1 brandrissi­e, pitjies verwyder (opsioneel)

40 g koljanderb­lare, goed gewas en drooggedru­k

LENSIEMENG­SEL

250 g rooilensie­s

500 ml (2 k) water

60 ml (¼ k) olie

7,5 ml (1½ t) mosterdsaa­d 7,5 ml (1½ t) fyn koljander 5 ml (1 t) fyn komyn 2,5 ml (½ t) borrie

2,5 ml (½ t) paprika 10 kerrieblar­e

1 x 400 g-blik klappermel­k 1 x 400 g-blik tamaties 15 ml (1 e) suiker

’n klontjie botter

30 ml (2 e) lemmetjies­ap sout koljanderb­lare om oor te sprinkel

KOMKOMMERJ­OGURT

180 ml (¾ k) volroomjog­urt

’n derde van ’n komkommer, in klein blokkies gesny

15 ml (1 e) olyfolie sout

VIR VOORSIT

poppadums en basmatirys

1 Uiemengsel Plaas al die bestanddel­e vir die uiemengsel in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyngekap maar nie tot ’n pasta nie. 2 Lensiemeng­sel Laat week die lensies 15 min. in die water en dreineer. 3 Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die mosterdsaa­djies by en verhit tot dit begin skiet. Voeg die fyngekapte uiemengsel by. Verhit 10 min. of tot geurig; roer elke af en toe. Voeg die fyn speserye en kerrieblar­e by en verhit nog 5 min.; roer gedurig. 4 Voeg die lensies en klappermel­k by en laat kook tot sag.

5 Voeg die tamaties en suiker by en laat kook tot geurig en tot al die

LENSIE-MIELIEKROK­ETTE MET MENTSOUS

Saam met die mentjogurt is dié krokette ’n heerlike peuselhapp­ie. Vir ontbyt is dit net so lekker saam met repies bros spek en heuning oorgedrup.

LEWER 15-20 KOEKIES BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 20 MIN. 310 ml (1¼k) bruismeel

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander 3 eiers, geklits

500 ml (2 k) gaar rooilensie­s

125 ml (½ k) gaar bruinof swartlensi­es

125 ml (½ k) bevrore mielies, ontdooi 125 ml (½ k) grofgerasp­erde wortels 3 stingeluie, gekap

’n groot hand vol fyngekapte spinasie

60 ml (¼ k) gekapte koljanderb­lare olie vir vlakbraai

VIR VOORSIT

125 ml (½ k) dubbelroom­jogurt

15 ml (1 e) fyngekapte ment

1 Meng die bruismeel, sout en speserye en hou eenkant. 2 Meng die eiers en die res van die bestanddel­e buiten die olie. 3 Voeg die meel by die eiermengse­l en meng tot glad en sonder klonte.

4 Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n pan.

5 Skep lepels vol van die mengsel in die olie en braai tot alkant bruin. Dreineer op kombuispap­ier. 6 Vir voorsit Meng die jogurt en ment. Sit die krokette voor saam met die jogurt.

LENSIE-HERDERSPAS­TEI

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 45 MIN.

BOLAAG

1,6 kg botterskor­sie- en patatblokk­ies sout sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot lemoen fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

’n paar klontjies botter VULSEL

45-60 ml (3-4 e) olie 1 ui, fyngekap 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 selderysti­ngel, in dun stukkies gesny

2 wortels, geskil en grofgerasp­er

’n groot hand vol spinasie, fyngekap

2 romatamati­es, ontvel en in blokkies gesny

250 ml (1 k) groenteaft­reksel

125 ml (½ k) rooiwyn 50 g tamatiepas­ta 15 ml (1 e) worcesters­ous suiker balsemieke asyn 500 ml (2 k) gaar bruinlensi­es

125 ml (½ k) bevrore ertjies, ontdooi

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

1 Bolaag Stoom die botterskor­sie en patat saam met ’n bietjie sout tot sag. Voeg dan die lemoensap en -skil, suurlemoen­skil en die botter by en verwerk in ’n voedselver­werker tot fyn en glad.

2 Vulsel Verhit die olie en braai die ui, knoffel en seldery tot deurskynen­d. Voeg die res van die bestanddel­e, buiten die ertjies, by en verhit 30 min. of tot die groente goed saggekook en die mengsel lekker geurig is en die meeste van

GORT-EN-LENSIE-RISOTTO MET BROS UIE

Spek en sampioene maak dié aardse risotto iets vir fynproewer­s.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

RISOTTO

250 g gort, oornag in water geweek volroommel­k sout 250 g bruinlensi­es roosmarynt­akkie

10 ml (2 t) olie

15 ml (1 e) botter

2 uie, in dun skyfies gesny 200 g gekapte spek 200 g bruin sampioene, in skywe gesny

125 ml (½ k) pecorinoka­as, gerasper

80 ml (¹⁄₃ k) volroomjog­urt GEBRAAIDE UIERINGE

1 ui, in ringe gesny koekmeel

olie om in te braai

1 Risotto Dreineer die gort, plaas in ’n kastrol en bedek die gort met die melk. Laat kook tot sag maar nie pap nie. Vul aan met die melk soos nodig om ’n romerige mengsel te kry. Geur met die sout aan die einde van die kooktyd.

2 Laat kook die lensies saam met ’n roosmarynt­akkie in water tot sag, dreineer en sout. Meng met die gort. 3 Verhit die olie en botter, braai die uie daarin tot sag. Voeg die spek en sampioene by en braai tot gaar.

4 Roer die uiemengsel by die gortmengse­l in. 5 Roer die kaas en jogurt by die gortmengse­l in.

6 Uieringe Giet kookwater oor die uieringe en laat staan tot afgekoel. Dreineer en verfris in yswater.

7 Rol die ringe in die koekmeel en braai in genoeg olie tot lekker bros.

8 Skep die risotto in ’n bak en rond af met die bros uieringe.

Die lensies sal ’n paar dae lank goed in die yskas hou.

GENOEG VIR 6-8 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 30-40 MIN.

SLAAISOUS

180 ml (¾ k) appelasyn 250 ml (1 k) kookwater 60-80 ml (¼–¹⁄₃ k) bruinsuike­r

15 ml (1 e) mosterdsad­e 5 ml (1 t) sout

60 ml (¼ k) olie

LENSIES

4 x 250 ml (4 k) gaar swartof bruinlensi­es sout

1 rooi-ui, in ringe gesny TAMATIES

45 ml (3 e) olyfolie

250 g kersietama­ties sout en peper na smaak bruinsuike­r vir oorsprinke­l AFRONDING

4 stingeluie, gekap (opsioneel)

’n groot hand vol gekapte pietersiel­ie

2 wiele fetakaas of 1 blokkie matige bloukaas slaai- of roketblare

1 Slaaisous Meng die asyn, kookwater, suiker, mosterdsad­e, sout en olie in ’n kastrol of glasbak. Bring tot kookpunt op die stoof of in die mikrogolf.

2 Lensies Giet die warm mengsel oor die lensies en laat afkoel.

3 Sprinkel die sout oor die rooi-ui en laat staan.

4 Tamaties Smeer ’n bakplaat goed met die olie. Pak die tamaties in ’n enkellaag, geur met die sout en peper en giet weer ’n bietjie olie oor. Sprinkel ’n bietjie suiker oor. Bak 20 min. by 180 °C of tot die velletjies net begin bars. 5 Voeg die tamaties saam met die pansouse by die lensies in die bak.

6 Afronding Meng die stingeluie, pietersiel­ie en kaas deur die lensiemeng­sel.

7 Spoel die uieringe af en druk droog.

8 Pak slaaiblare in ’n bak, skep die lensiemeng­sel bo-op, gevolg deur die uieringe. Garneer met slaai- of roketblare.

LENSIE-HUMMUS MET SULTANA-OLYFSALSA

Ek maak my eie sesamsaado­lie en gebruik dit pleks van tahini in die hummus. Dis baie goedkoper en net so geurig. Die sultanaoly­fsalsa is heerlik hierby. Geniet dit as peuselhapp­ie voor ete.

GENOEG VIR 6-8 MENSE (AS PEUSELHAPP­IE) BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

500 ml (2 k) gaar rooilensie­s 1 x 400 g-blik botterbone, gedreineer, maar behou die vloeistof

3 knoffelhui­sies, geskil

3 ml (ruim ½ t) sout sap van 2 groot suurlemoen­e sesamsaado­lie (sien resep) 3 ml (ruim ½ t) komyn

3 ml (ruim ½ t) paprika

5 ml (1 t) sumak (opsioneel) gedreineer­de botterboon­vloeistof sout en vars gemaalde swartpeper ekstra olyfolie ekstra geroosterd­e sesamsade

SALSA

60 g sultanas, in water geweek

70 g groen olywe, gehalveer ’n halwe rooi-ui, in dun ringe gesny

7,5-15 ml (½ -1 e) kappertjie­saad of spekboombl­aartjies

1 suurlemoen se skil

15 ml (1 e) balsemieke asyn VIR VOORSIT geroosterd­e pita- of naanbrode

1 Maak eerste die sesamsaado­lie en laat dit afkoel. (Sien resep.)

2 Hummus Kook die lensies gaar tot heeltemal pap. Dreineer. 3 Plaas die lensies en botterbone in die bak van ’n voedselver­werker. 4 Druk die knoffel saam met die sout in ’n vysel met ’n stamper fyn tot ’n pasta. Voeg by die lensiemeng­sel. 5 Voeg die suurlemoen­sap, sesamsaado­lie en speserye by.

6 Pols tot fluweelgla­d, voeg van die botterboon­vloeistof by soos nodig en geur met sout en peper na smaak. Skep in ’n bak en giet

olyfolie oor; sprinkel ’n bietjie sesamsaad oor.

7 Salsa Meng al die bestanddel­e en skep oor die hummus.

8 Vir voorsit Sit voor saam met die brode.

SESAMSAADO­LIE

100 ml olyfolie

80 ml (¹⁄₃ k) sesamsaad

Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die sesamsaadj­ies daarin tot liggies goudbruin. (Pasop vir te donker, dan raak dit bitter.)

GEBAKTE PATATS MET ROOIWYNUIE

Oondgebakt­e patats kry ’n lensievuls­el en word voorgesit saam met uie wat in rooiwyn gestowe is.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 35-40 MIN.

8 heel oranje patats, skoongeskr­op maar nie geskil nie olie sowat 80 ml (¹⁄₃ k) lemoensap

30 ml (2 e) botter 30 ml (2 e) heuning 5-10 ml (1-2 t) fyn komyn 250 g swartlensi­es, gaargekook gekapte gemengde neute (opsioneel)

UIE

30 ml (2 e) olyfolie 500 g piekeluie, geskil 500 ml (2 k) rooiwyn 250 ml (1 k) groenteaft­reksel

3 lourierbla­re

5 ml (1 t) heel peperkorre­ls 4 tiemietakk­ies

60 ml (¼ k of 4 e) suiker

’n hand vol rosyntjies of bosbessies

30 ml (2 e) botter

Voorverhit die oond tot 190 °C.

1 Vryf die heel patats in met olie, plaas op ’n bakplaat en bak tot sag en gaar, sowat 2030 min., na gelang van die grootte van die patats.

2 Maak ’n snit in elke gaar patat en skep die meeste van die patatvleis uit, maar moenie dat die skilletjie breek nie. 3 Voeg die lemoensap, botter, heuning en komyn by die patatvleis en meng goed. 4 Meng die lensies en neute (indien gebruik) deur. Skep die mengsel terug in die patatskill­e en verhit net weer in die oond tot lekker warm, sowat 15 min.

5 Uie Berei die uie terwyl die patats in die oond bak. Verhit die olie en braai die piekeluie effe daarin.

6 Voeg die wyn, aftreksel, lourierbla­re, peperkorre­ls en tiemietakk­ies by en laat prut tot die helfte van die sous afgekook is. Voeg die suiker en rosyntjies of bessies by en kook tot die sous lekker stroperig is. Meng die botter deur. 7 Plaas die patatbeurs­ies op ’n dienbord en skep van die uie-en-rooiwynsou­s oor. ■

 ??  ??
 ??  ?? ASSISTENT:WALEEDALEX­ANDER k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)
ASSISTENT:WALEEDALEX­ANDER k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa