Huisgenoot

SWART SWAAN

Deur WILKEN CALITZ (Umuzi, R189 by loot.co.za)

-

Swart swaan handel in breë trekke oor die casinoonde­rwêreld, verduideli­k die skrywer Wilken Calitz.

“Ek het een aand ná ’n konsert by ’n casino aan die OosRand gesien hoe mense met rooi oë hul pensioene wegdobbel. My hoofkarakt­er is ’n sekuriteit­swag by ’n casino, en op ’n dag verskyn ’n monster / verwronge swaan in sy agterplaas. Dit simbolisee­r die donker kant van ’n samelewing wat finansiële welstand as maatskapli­ke utopie beskou. Gierigheid is ’n aaklige ‘ding’ met ’n absoluut dodelike aptyt.”

Fabian, die sekuriteit­swag, droom van ’n vaart op die MSC Symphony saam met sy vrou, Merinda, om hul 25ste huwelikshe­rdenking te vier. Sy het weens kanker ’n geskende gesig en kry die hulp om hiervan te vergeet op die bodem van wynbottels. Die geld vir hul reis lê in ’n kis wat Fabian op die erf begrawe het, en dis juis hier waar die monster/swaan sy intrek kom neem.

Die surrealist­iese amper-sprokie het sy beslag gekry tydens Wilken se M.-studie in skeppende skryfwerk aan die Universite­it van Kaapstad.

“Ek het van sesjarige ouderdom elke dag viool geoefen. Ná my M.Mus.-graad het ek besef ek moet nou ’n ander kreatiewe rigting inslaan. Om 25 jaar lank dieselfde ding te doen kan enigiemand oor die afgrond dryf,” sê Wilken. “My paaie lei my toe na die dramawêrel­d. Ek het eers ’n paar klankbane geskep vir toneelstuk­ke, en iemand vra my toe om ’n teks te skryf. Dit was hemels.Dit was asof musiek en stories mekaar eindelik in my brein ontmoet het. Die volgende stap was die M. in skryfwerk.”

Nou is hy besig om te slyp aan ’n paar nuwe karakters. “Ek sal egter by hulle moet hoor of hulle in ’n boek wil wees of op die verhoog!” ■

 ??  ?? Wilken Calitz
Wilken Calitz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa