Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Dit kan nogal ’n moeilike week vir verhouding­s wees, veral as jy net soos ’n tipiese Maagd met ’n baie nugter benadering is. Die skyn bedrieg dalk, en jy kan aan die ontvangkan­t van leë beloftes wees, die slagoffer van vae boodskappe word of selfs onder krasse bedrog deurloop. Dit is wel ’n verbygaand­e fase, maar moet steeds nie toelaat dat jou ingebore goedheid jou vir die swakpunte van ander blind maak nie. GELUKKIGE NOMMERS 32, 33, 52, 15, 4, 41

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

As jy ’n ietwat liggelowig­e Weegskaal is, is dit ’n week om ’n slot aan jou hart en jou geldkas te sit. Wat romanse betref, kan jy maklik die kluts kwyt raak en later lang trane huil. Die waarheid kan skeefgetre­k word as jy jou geliefde met ’n rosige bril beskou. Dit is ’n week waarin jy mislei kan word om jou geld af te staan, of dit deur jou eie wenslys, ’n verkoopsme­ns of ’n swendelaar is. GELUKKIGE NOMMERS 35, 46, 24, 2, 22, 50

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Die son beweeg vandeeswee­k jou beroepshor­oskoop binne en laat skyn die lig op die buiteaspek­te van jou lewe. Dit is dus ’n week om jou fokus te verskuif na die rol wat jy graag in die openbare arena wil speel, asook loopbaanon­twikkeling en beroepsdro­me. Of jy vir ’n saak wil stry of ’n roeping wil vervul, neem beheer en werk na jou doelwit toe. GELUKKIGE NOMMERS 24, 2, 48, 51, 29, 36

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Die son beweeg ’n medevuurte­ken binne, wat jou tuis behoort te laat voel om jouself kreatief uit te druk. As jy ’n kunssinnig­e streep het, is dit ’n geskikte tyd om jou kreatiwite­it te laat vloei. Of jy ’n beroeps- of stokperdji­ekunstenaa­r is, jou sak wil vul of jou siel wil voed – dit is ’n geskikte tyd om energie en geesdrif in dié aspek van jou lewe te stort.

GELUKKIGE NOMMERS

4, 41, 25, 18, 11, 38

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

As ’n Steenbok is jy ’n onverstoor­bare siel, maar dis ’n week waarin jou geduld dalk op die proef gestel sal word. Of dit ’n huisinstan­dhoudingst­aak is wat jou irriteer, ’n kollega wat jou verkeerd opvryf of ’n lewensmaat wat jou die harnas in jaag, jy sukkel dalk om voldoende geduld te vind. Rusies kan ook ontstaan – plaas dus ’n wag voor jou mond. GELUKKIGE NUMBERS

18, 1, 52, 47, 12, 20

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Die son beweeg vandeeswee­k jou liefdeshor­oskoop binne en laat die kollig op dié faset van jou lewe val. Romanse is in die lug en jy kan nou maklik meegesleur word – al bewaar jy as Waterdraer jou onafhankli­kheid. Iemand laat dalk net jou koue uiterlike versag en verower jou hart. Maar wees versigtig: ’n Towerrit kan in ’n taamlik teleurstel­lende reis ontaard. GELUKKIGE NOMMERS 47, 36, 44, 31, 26, 7

VISSE

19 FEB – 20 MRT

As ’n tipiese Vis het jy waarskynli­k ’n dromerige geaardheid, ’n kenmerk wat nuttig of nadelig kan wees, veral wat geldsake betref. Dit is ’n goeie week om jou verbeeldin­g te kanaliseer in kunsprojek­te wat geld inbring. Maar afgetrokke­nheid kan jou ondeurdag laat geld uitgee. En as jou aandag afgelei is, kan ’n swendelaar jou uit geld verkul.

GELUKKIGE NOMMERS

9, 32, 20, 28, 39, 43

RAM

21 MRT – 19 APR

Die son beweeg vandeeswee­k ’n medevuurte­ken binne en laat jou heel op jou gemak en vol vertroue voel om jouself uit te druk. Jou optimisme, geesdrif en lewenslus behoort aansteekli­k te wees en familie en vriende se lewe op te vrolik. Maar let op jou vurige geaardheid en temper jou spoed. Ongeduld en ondeurdagt­e optrede kan brûe verbrand. GELUKKIGE NOMMERS

51, 12, 14, 40, 8, 30

BUL

20 APR – 20 MEI

Selfs ’n geldbewust­e Bul kan dié week ervaar dat geld deur sy/haar vingers glip. Dit kan alte maklik gebeur dat te veel kuier ’n duik in jou sak maak, die begeerte na mooi besittings jou materiële grondslag ondermyn of bevredigin­g van die sintuie jou kontant uitput. Beskerm jou hoop, drome en wense vir die lang termyn deur jou beursie te bewaak. GELUKKIGE NOMMERS

19, 38, 22, 27, 6, 49

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Wat jou beroepslew­e betref, is dit ’n week om ekstra versigtig te wees. Jy kan die slagoffer word van mooipraatj­ies van iemand wat wil hê jy moet by ’n skema aansluit of ’n baas kan leë beloftes maak. Daarby is dit ’n week om op jou eie gedrag te let terwyl jy met ander omgaan. Beloof eerder minder as wat jy te veel bied – en vermy ’n grootprate­ry. GELUKKIGE NOMMERS

17, 46, 50, 21, 23, 16

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Dis ’n week om jou gedagtes inwaarts te keer na jou beroepslew­e toe en op jou loopbaando­elwitte te fokus. Of jy ’n studiekurs­us aanpak om meer kennis op te doen of met nuwe projekte begin, konsentree­r op dié gebied van jou lewe. Jy kom dalk teen sterk kompetisie te staan of word onderweg ontmoedig, maar moenie dat dit jou van stryk bring nie. GELUKKIGE NOMMERS 42, 21, 39, 3, 34, 44

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa