Huisgenoot

Geheime plesiertji­es tydens ‘lockdown’

Die jong sterre van Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se tweede fliek, Vergeet my nie, verklap watter peuselhapp­ies en kykgenot hulle deur die inperking kry

-

Sean-Marco Vorster (HUGO)

“Ek het ongeloofli­k baie gelees en al drie seisoene van die Netflix-misdaadree­ks Ozark in een naweek klaar gekyk,” vertel Sean-Marco. Hoewel hy nie regtig ’n suikertand het nie, het hy af en toe ’n King Cone-roomys “ge-smash”.

Arno Greeff (BRAAM)

“Ek het ’n groot liefde vir sjokolade gevind en moes myself dwing om dit nie meer in die huis te hou nie, anders eet ek dit alles op,” lag Arno. Die Netflix-dokkie The Last Dance oor die basketball­egende Michael Jordan was beslis ’n hoogtepunt, vertel hy.

Rikus Strauss (ALBERT)

Die historiese fantasiere­eks Outlander neem deesdae dikwels sy aande “Ek het onlangs oor, bieg Rikus. ’n fantasties­e resep gekry om ’n koek in ’n koppie binne 10 minute in die mikrogolfo­ond te maak. Dít is nou eintlik te maklik vir my eie beswil,” spot hy.

Elani Dekker (NICKY)

Elani het dit baie geniet om episodes van die komedieree­ks New Girl te vraatkyk. “Ek eet ook heeldag popcorn as ek kan, want ek glo dit maak jou nie vet nie,” sê sy met ’n knipoog.

Kenley Swart (LARA)

Die meeste van Kenley se middagetes het met ’n episode van The Office en McVitie’s Dark Chocolate Digestive Thins vir nagereg gepaardgeg­aan.

“Thins en The Office is die beste ‘combo’, veral tydens ‘lockdown’,” vertel sy.

Marguerite van Eeden (MARDALEEN)

“My ‘guilty pleasures’ in ‘lockdown’ is om foto’s te neem, The Blacklist saam met Danie (haar kêrel, Danie du Toit) te ‘binge’ en om by my ouers voor die kaggel te sit en klets,” sê Marguerite.

Leché Joubert (STEPHANIE)

Leché het weer deur sitkoms soos Modern Family, The Big Bang Theory en The Office gewerk, al het sy die episodes reeds gesien. Sy het dit ook geniet om deur TikTok te blaai en het self ’n paar video’s op dié platform gedeel.

Pietie Beyers (DIETER)

Pietie geniet die misdaaddra­mareeks Ozark. “Ozark is wild maar uitstekend, en The Last Dance het my hoendervel gegee,” sê hy. “Ek probeer gesond eet, maar as ek weer kyk, is ek vol tjips,” lag hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa