Huisgenoot

Jada maak hart oop

-

Die waarheid het ’n manier om uit te kom. En enkele dae nadat Jada Pinkett Smith ontken het sy het ’n affair met die sanger August Alsina gehad, het die aktrise van deuntjie verander.

Die 48-jarige aktrise het oorkant haar tranerige man, Will Smith, gesit en vertel hoe sy vier jaar gelede ’n vriendskap met August (27) ontwikkel het. Jada sê sy en Will het toe deur ’n “moeilike tyd” gegaan en het basies “opgebreek”.

“Dit het alles begin met hom wat hulp benodig het, en ek wou hom met sy gemoedstoe­stand help,” vertel Jada oor die verhouding.

Sy het gesê hul vriendskap het later in ’n “verstrenge­ling” ontaard.

Will, wat in 1997 met haar getrou het, het ná Jada se bekentenis gesê: “Ek was klaar met jou . . . Ek was nie seker of ek ooit weer met jou sou praat nie. Die feit dat ek weer met jou praat, is ’n wonderwerk.”

Die paartjie, wat ’n 22-jarige seun, Jaden, en 19-jarige dogter, Willow, het, sê hulle het intussen daardie pynlike ervaring oorkom.

Hulle het in ’n stadium tydens die episode ’n lighartige opmerking oor hul welbekende huwelikspr­obleme gemaak en gesê: “We ride together. We die together. Bad marriage for life” in verwysing na die slagspreuk van Will se Bad Boys-fliekreeks.

Jada het met die sak patats vorendag gekom tydens ’n onthullend­e episode van haar reeks, Red Table Talk, wat Facebook Watch se rekords oortref het met meer as 12 miljoen trefslae binne 16 uur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa