Huisgenoot

Matt Bomer maak oop oor sy uitdagende hoofrol in die reeks The Sinner

Die akteur gesels oor sy nuwe rol in The Sinner

- Saamgestel deur LARA ATSON

UITDAGENDE ROL Die Amerikaans­e akteur wat ons van reekse soos White Collar en Doom Patrol en flieks soos Magic Mike ken, is in die derde seisoen van die misdaaddra­mareeks The Sinner te sien. Dit begin eersdaags op M-Net.

Matt vertolk die rol van Jamie Burns, ’n agtermekaa­r inwoner van Dorchester wie se donker geheime ná ’n dodelike motorongel­uk oopgevlek word. Die speurder Harry Ambrose (Bill Pullman) probeer die legkaartst­ukke bymekaarsi­t. “Jamie wil die goue seun wees, die jabroer, en ander tevrede stel,” sê Matt (42). “Hy het ’n praglewe, ’n wonderlike vrou en hulle verwag ’n kind, maar hy is besig om van binne te sterf. Hy voel eensaam.” Dit was die uitdagends­te rol wat hy al vertolk het, erken Matt. “Dit het beslis ’n sielkundig­e en fisieke tol geëis, maar ek dink dis waarop jy hoop as akteur.”

ROLMODEL Hy het voorheen saam met Bill gewerk aan die fliek Walking Out van 2017, maar het nie tonele met hom gedeel nie. Een van die redes hoekom hy die rol in The Sinner aanvaar het, was om by Bill te leer. Bill was ’n “fantasties­e rolmodel”, vertel hy. Hy het ook met die aktrise Jessica Biel saamgewerk, wat die uitvoerend­e vervaardig­er van die reeks is en in seisoen een te sien was. Jessica is getroud met sy verlangse neef, die sanger en akteur Justin Timberlake. “Sy is fenomenaal. Sy’s ’n wonderlike baas,” sê Matt.

WEG VAN DIE SKERMS Hy het as een van drie kinders in Texas grootgewor­d en het op hoërskool teaterwerk begin doen. “Ek het net geweet dié is my mense. Ek het gedink ek gaan vir die res van my lewe in teater wees,” het Matt aan die tydskrif Out vertel. Hy het in 2000, nadat hy ’n kunsgraad verwerf het, New York toe getrek. Sy TV-deurbraak het gekom in die sepie Guiding Light.

Die akteur het in 2012 bekendgema­ak hy is gay. Matt, wat in ’n konserwati­ewe Christenhu­is in Spring, Texas, grootgewor­d het, het ’n brief aan sy ouers geskryf om te sê hy is gay. Daarna het hy ses maande niks van hulle gehoor nie.

Matt is nou al nege jaar met die Hollywood-reklameage­nt Simon Halls (56) getroud. Hul drie seuns, Kit (15) en die 12-jarige tweeling Walker en Henry, is deur ’n surrogaat gebore. ■

 ??  ??
 ??  ?? Matt en sy man, Simon Halls, saam met hul drie seuns, Kit (agter) en die tweeling Walker en Henry.
Matt en sy man, Simon Halls, saam met hul drie seuns, Kit (agter) en die tweeling Walker en Henry.
 ??  ?? The Sinner begin op 22 Julie om 22:00 op M-Net.
HOOFFOTO: Matt Bomer vertolk die hoofrol in die jongste seisoen van The
Sinner. BO: In ’n toneel saam met Bill Pullman. REGS: Matt en Eddie Martinez, wat die rol van Vic Soto vertolk.
The Sinner begin op 22 Julie om 22:00 op M-Net. HOOFFOTO: Matt Bomer vertolk die hoofrol in die jongste seisoen van The Sinner. BO: In ’n toneel saam met Bill Pullman. REGS: Matt en Eddie Martinez, wat die rol van Vic Soto vertolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa