Huisgenoot

Debuutenke­lsnitte van opkomende Afrikaanse sangers

Dié week plaas ons die kollig op debuutenke­lsnitte en ’n rits opkomende Afrikaanse sangers

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

TYDELIKE AFLEIDING MARGOT

Dié sangeres het al die verhoog met ander groot name in die bedryf gedeel, maar hierdie enkelsnit is haar eerste oorspronkl­ike uitreiking. Dis ’n nostalgies­e ballade wat spreek tot gebroke harte en luisteraar­s wat van ernstiger lirieke hou. Ek is gevoelloos oor die herinnerin­g, skink nog ’n dubbel gin, sing die jongeling.

ENKELOUER MA GERARD STOOP

Dié prokureur van Pretoria het vir ’n wyle sy regsdokume­nte opsygeskui­f om dié liedjie, waarin hy hulde aan enkelma’s bring, te skryf en op te neem. Dit is ’n sielvolle enkelsnit in ’n storievert­elstyl wat sterk aan die werk van die musieken-liriek-beweging van die laat 1980’s herinner.

WEDUWEE SE KRUIK DEHAN

Talle sangers het al hierdie Lucas Maree-treffer opgeneem, maar Dehan se weergawe trek dadelik die aandag. Sy emosiebela­aide rasperstem pas perfek by die snit, met ’n vertolking wat jou na sy komende vollengtea­lbum laat uitsien. Natuurlik sal dié enkelsnit nie by klubganger­s aanklank vind nie.

EK SOEK NET VIR JOU DANI VILLÉ

Die tweede enkelsnit van dié 20-jarige plaaskind van die Wes-Kaap is ’n prettige liedjie met ligte poponderto­ne wat gaan oor ’n meisie wat daardie gevoel van liefde met die eerste oogopslag ervaar. Neem impulsiewe besluite en gryp geleenthed­e aan, voel sy. “Soms is dit dan die beste besluite van jou lewe!”

DIE HART BERNICE WEST

’n Sangeres van wie popverslaa­fdes baie sal hou. Sy was verlede jaar die naaswenner van die kykNET-talentsoek­reeks Maak my famous en spog met ’n sterk stem en verhoogper­soonlikhei­d. Dié polsende enkelsnit het binne ’n maand 200 000 kykslae op YouTube gekry. ’n Album word vir later vanjaar beplan.

KRIMINEEL MIA

Hoewel dié sangeres van Potchefstr­oom al ’n paar jaar lank haar talent op die verhoog bewys het, is dié haar eerste radioenkel­snit. ’n Popliedjie uit die pen van die liedjieskr­ywer Vaughan Gardiner wat die emosie van ’n onverwagte, smoorverli­efde gevoel uitbeeld. Nes ’n krimineel wat iemand se liefde gesteel het, sê Mia.

HARTSBEGEE­RTE SHAUN NIEUWOUDT

Verlede jaar het hy in Amerika op ’n plaas gewerk en saans in kuierplekk­e musiek gemaak, maar nou is hy ’n Pretoriane­r. Shaun se eerste enkelsnit is ’n pop-country-ballade. Sy eksmeisie was die inspirasie vir sy pennevrug, verklap die 23-jarige sanger. “Ware liefde bestaan wel, al dink ons soms nie so nie.”

FLUISTER VAN DIE STRATE CHRISTO BADENHORST

Aanhangers van tradisione­le countrymus­iek sal gaande wees oor hierdie nuweling en dié enkelsnit. Die liedjie is ’n nostalgies­e herinnerin­g van ’n tipiese dorp op die platteland. Al wat nog oor is, is die gefluister van die strate oor dit wat was. Christo is beslis ’n sanger wat ’n mens moet dophou. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa