Huisgenoot

Adverteerd­ers onttrek van Facebook

-

GROOT Facebook-adverteerd­ers soos Coco-Cola, Microsoft en Volkswagen het besluit om ’n maand lank nie advertensi­es op dié sosiale netwerk te plaas nie omdat Facebook volgens kritici nie genoeg doen om teen haatspraak op te staan nie.

Advertensi­es is waar Facebook die grootste deel van sy geld kry, en die maatskappy­e hoop hul besluit sal Facebook noop om sy beleid te verander.

Wat is haatspraak?

Haatspraak is enige vorm van kommunikas­ie wat bedoel is om iemand seer te maak of in die gesig te vat. Dis dikwels gegrond op iets soos iemand se ras, geslag, etniese groep, seksuele oriëntasie of geloof. Met die koms van sosiale media het dit makliker geword vir mense om hul idees – en dus ook haatspraak – die wêreld in te stuur.

Wat het die protes veroorsaak?

In reaksie op die onrus in die VSA nadat George Floyd deur polisie in hegtenis geneem en in die proses dood is, het pres. Donald Trump op Twitter en Facebook geskryf: “As die plundery begin, begin die skietery.”

Baie mense het gevoel hierdie uitlating moedig geweld aan – omdat hy bedoel iemand wat plunder, gaan geskiet word. Twitter het die twiet beperk en mense kon nie daarvan hou of daarop antwoord nie. Maar Facebook het niks aan Trump se plasing gedoen nie.

Wat het sedertdien gebeur?

Die Facebookba­as, Mark Zuckerberg, het nadat van die adverteerd­ers onttrek het, gesê nuwe beleid sal by die maatskappy ingestel word, soos om haatspraak teen immigrante en enige plasings te verbied wat vals inligting oor verkiesing­s deel. Baie van Facebook se inkomste kom eintlik van ’n klomp kleiner adverteerd­ers af wat nie anders kan as om op Facebook te adverteer nie. Dit is dus nie duidelik hoe seer die huidige boikot Facebook regtig op langtermyn gaan maak nie.

 ??  ?? Mark Zuckerberg, die Facebook-baas.
Mark Zuckerberg, die Facebook-baas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa