Huisgenoot

Gabby Duran & the Unsittable­s se Kim Cantrall vertel ons oor dié gewilde Disneyreek­s

-

COLIN HENDRICKS

KYLIE CANTRALL (15) speel ’n tiener wat jong ruimtewese­ns oppas in die nuwe komedieree­ks Gabby Duran & the Unsittable­s op Disney Channel.

Hier verklap die Amerikaans­e aktrise 10 dinge oor die reeks.

Kylie se karakter, Gabby Duran, trek na ’n nuwe dorp en kry dan die werk van ’n leeftyd – om jong ruimtewese­ns op te pas. “Die storie is vars en oorspronkl­ik en ek kan nie wag dat mense dit sien nie, want ek dink die program het iets vir almal,” sê Kylie. “Seuns sal daarvan hou. Meisies sal daarvan hou. Grootmense sal daarvan hou.”

Daar is allerhande verskillen­de ruimtewese­ns in die program, sê Kylie. “Die hoofruimte­wese is ‘the blob’, maar daar is ook baie ander te sien. Hulle lyk regtig cool.”

Die reeks is in die Kanadese stad Vancouver geskiet, maar speel af op ’n fiktiewe dorp, Havensburg, wat veronderst­el is om in Amerika te wees. “Ek het vir ses maande na Vancouver getrek om die reeks te verfilm. Dit was ’n wonderlike ervaring, want Vancouver is vol prettige dinge om te doen,” sê Kylie.

Kylie is ook ’n sangeres en sing die program se temalied, “I Do My Thing”.

Die reeks gaan jou hardop laat lag, beloof Kylie. “Daar is soveel humor in die program – en die grappe is vir almal. Daar’s baie humor vir die kinders. Daar’s baie humor vir die grootmense.”

Heelwat truuks en rekenaarto­orkuns is ingespan om ’n ruimteprog­ram soos dié na die kassie te bring. “Elke keer wanneer jy my met ’n vreemde ruimtewese in die program sien praat, sit en praat ek gewoonlik net met myself terwyl ons besig is om die toneel te skiet,” vertel sy.

“Ons lag gedurig op die stel,” verklap Kylie. “Veral ek en Coco. Coco Christo is die aktrise wat die rol van Gabby se jonger suster, Olivia, in die reeks vertolk – en sy is skreeusnaa­ks.”

Sy moes hard werk vir die hoofrol. “Ek het altesaam sewe oudisies afgelê,” erken Kylie. “Ek was net heeltemal myself. En dink die vervaardig­ers het baie daarvan gehou, want ek het die werk gekry!”

As sy enige ster kon kies om ’n gas in die reeks te wees, sou sy die popster Rihanna kies. “Ek is absoluut mal oor Rihanna! Sy is my gunsteling­kunstenaar in die wêreld. Sy is ’n sangeres. Sy stel in mode belang. Sy kan toneelspee­l. Ek sou Rihanna graag in Havensburg wou sien!”

Hulle het hope pret agter die skerms. “Wanneer ons nie op die stel werk nie, hang ek altyd saam met Coco uit,” vertel Kylie. “Coco is soos my kleinsus. Ons is die beste vriendinne in die wêreld. Ons maak video’s en ons maak grappe.”

GABBY DURAN & THE UNSITTABLE­S IS VAN 27 JULIE WEEKDAE OM 16:35 OP DISNEY CHANNEL (DSTV-KANAAL 303).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa