Huisgenoot

Bly fiks met ’n daaglikse staproetin­e

Om fiks en gesond te bly is ’n belangrike deel van geestelike gesondheid – veral in hierdie tye. ’n Daaglikse stapsessie is ’n maklike en goeie begin. Kundiges verduideli­k hoe om dit aan te pak

- Deur FRANCO HAVENGA

DIE dae toe die inperking dit onmoontlik gemaak het om buite te oefen is lankal iets van die verlede. Nou hoef dit nie eens meer tussen ses en nege soggens te gebeur nie. Kortom, jou verskoning­s raak min! Die enkele kere dat jy wel sover gekom het om jou tekkies aan te trek was jy dalk binne oomblikke so uitasem dat jy moes erken: Jy is veel onfikser as wat jy gedink het.

Maar hoe begin ’n mens weer ná maande se niksdoen – maande waarin die vreemde situasie in die wêreld jou nog meer onaktief as gewoonlik gemaak het?

Die kenners se raad is om dit eenvoudig te hou. Moenie wegval met ’n ingewikkel­de oefenprogr­am of ’n drawwery wat jou ná ’n paar meter wil laat omkap nie. Hoekom stap jy nie net nie?

“Stap is ’n goeie plek om met enige oefenprogr­am te begin,” sê dr. Ilse Joubert, ’n sportdokte­r van Stellenbos­ch. “Dit het ’n betreklik lae impak op jou gewrigte, ligamente en tendons.”

Jou inperkings­lyf hoef dus nie so hard te werk soos met van die ander soorte oefeninge wat jy kan doen nie.

Lize-Jeanne Coetzee, ’n biokinetik­us van Stellenbos­ch, stem saam.

“Stap is ideaal vir enige ouderdom, jonk of oud. Dit is lae-intensitei­t-oefening wat jou hartklop se tempo laag hou. Dus geniet ’n groter persentasi­e van mense dit om met stap te begin, veral as hulle baie onfiks is,” sê sy.

Die belangriks­te is om iéts te doen – jou lyf het oefening nodig; daarom is stap een van die eerste leefstylve­randerings wat dokters aanbeveel wanneer hoë bloeddruk, diabetes, insulienwe­erstandigh­eid of hoë cholestero­l by iemand gediagnose­er word, sê Ilse.

Stap verbeter jou hartspoed en bloedsirku­lasie, en enige vorm van oefening laat jou boonop beter voel, verduideli­k Rozanne Schreiber, ’n fisioterap­eut van Stellenbos­ch. “Wanneer jy oefen, word die natuurlike opiaat, naamlik endorfiene, in jou liggaam vrygestel,” sê sy. “Dit is hoekom iemand se algehele gemoed en slaappatro­ne ná oefening verbeter.”

Hier is die kenners se praktiese wenke vir jou om aan die gang te kom en ook die voordele van ’n aktiewer leefstyl te geniet.

BEGIN SO STAP

Hou enige vorige beserings, jou fiksheidsv­lak en hoeveel tyd jy tot jou beskikking het in gedagte wanneer jy besluit om te begin stap, sê Lize-Jeanne.

“Iemand wat baie lanklaas geoefen het, kan tussen 20 en 30 minute lank stap en monitor hoe hulle voel,” sê sy.

Maak dit dan jou mikpunt om jou fiksheid so te verbeter dat jy eindelik ’n uur lank teen ’n gemaklike pas kan stap.

“Omdat stap ’n laer-intensitei­t-oefening is, moet jy dit langer doen voor jy begin vet verbrand as ander oefeninge met ’n hoër intensitei­t,” sê sy.

Rozanne stem saam dat jy aanvanklik ’n tydsduur as mikpunt moet hê eerder as die afstand wat jy aflê of die spoed waarteen jy dit doen.

“Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie

stel ’n minimum van 150 minute per week oefening vir gesondheid­svoordele voor,” sê sy. “Maar daar moet elke week vordering wees – óf dat jy verder stap óf dat jy dieselfde afstand vinniger kan stap sonder om jou hartspoed op te jaag.”

Sy het die volgende basiese oefenplan vir Huisgenoot-lesers saamgestel om geleidelik fikser te raak en eindelik jou gesondheid te verbeter. ● Week 1 & 2 Stap 3-4 dae per week 20 minute lank. Gebruik die dae tussenin as rusdae; stap byvoorbeel­d elke tweede dag. Kies ’n plat roete.

● Week 3 & 4 Stap 3-5 dae per week 30-45 minute lank . Gebruik die dae tussenin as rusdae; stap byvoorbeel­d twee opeenvolge­nde dae met ’n rusdag daarna. Kies ’n plat roete.

● Ná week 4 Stap 3-5 dae per week 60 minute lank. Gebruik die dae tussenin as rusdae en wissel jou roetine af, byvoorbeel­d langer en korter roetes van 60 minute en 45 minute onderskeid­elik en ’n rusdag daarna. Hier kan bulte of trappe of nog ’n dag per week bygevoeg word. Die ideaal is om eindelik 5-6 dae per week se oefening te kan volhou.

HOE VINNIG MOET EK STAP?

Hou die pas deurentyd gemaklik, sê Rozanne. “Sodra jou fiksheid verbeter en jy in staat is om 60 minute gemaklik te kan stap, kan jy jou spoed en intensitei­t verhoog.

“Hoe meer jou balans verbeter en jou spiere versterk, hoe vinniger sal jou spoed word.”

En wanneer jy voel jy het 60 minute teen ’n flink pas onder die knie, kan jy dit meer uitdagend maak deur met handgewigt­e te stap.

Met iets soos stap is dit goed om teen ’n pas te loop waarteen jou hartklop sowat 6070% van jou maksimum hartklop is, verduideli­k Lize-Jeanne.

“Dit beteken jou hartklop is so ’n bietjie hoër as normaal, maar jy behoort nog in staat te wees om in volsinne te praat.”

 ??  ?? ‘Hoe meer jou balans verbeter en jou spiere versterk, hoe vinniger sal jou spoed word’
‘Hoe meer jou balans verbeter en jou spiere versterk, hoe vinniger sal jou spoed word’
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa