Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ek en my kêrel bly tans by my ouers. Alles was fantasties aan die begin. My sibbes bly ook hier. Deesdae voel dit asof hulle my wegstoot. My pa bly moeilikhei­d maak. Hy sal by een van hulle oor my staan en praat. Dan doen hy dieselfde by die ander. Ek hoor elke woord wat hy sê. Ons is in die proses om te trek, maar dit gaan steeds aan. Op die oomblik praat ons glad nie met mekaar nie. Moedeloos op K

’n Manipulere­nde ouer tree so op wanneer hy sien sy mag oor jou is aan die taan en hy steeds wil veg om daarvan te behou. Deur binne hoorafstan­d oor jou te praat probeer hy dalk juis ’n reaksie van jou ontlok om die stilswye tussen julle te verbreek. Het jy al probeer om die saak uit te praat, dalk met jou ma se hulp?

Dis goed dat jy eerder gouer as later uit hierdie omgewing wegkom na waar jy keuses het, die patroon van jou verhouding met jou gesin kan verander en waar jy daarop kan konsentree­r om jou verhouding met jou kêrel eerste te stel.

Onthou, jy kan nou jou eie besluite maak. Jy hoef nie meer jou pa te vra wat om te doen nie, maar kan saam met jou kêrel besluit wat vir julle twee goed is.

Jy mag die grense stel wat jy nodig het vir emosionele veiligheid. Doen dit sonder om jou gesinslede af te skryf. Nooi hulle een vir een oor na jou nuwe tuiste vir ’n kuier sodat hulle nie meer ’n magsblok teen jou kan vorm nie en julle ’n nuwe, beter verhouding kan begin opbou.

‘Jy gaan net met jou eie nuwe hoofstuk kan begin as daar ’n formele afsluiting is’

– ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa