Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

IN DIE vrolike televisier­eeks Glee was die karakters altyd aan die sing en dans, maar talle mense glo lank reeds dié trefferree­ks word deur ’n donker vloek geteister. Die aktrise Naya Rivera se onlangse dood blyk nou die jongste van ’n rits tragedies en traumaties­e gebeure te wees wat met die musiekkome­die, wat tussen 2009 en 2015 uitgesaai is, verbind word.

Die 33-jarige ster het vroeër vandeesmaa­nd verdwyn nadat sy ’n boot by die Pirumeer in Kalifornië saam met haar vierjarige seuntjie, Josey, gehuur het.

Drie uur nadat hulle uitgevaar het, het iemand op ’n ander boot Naya-hulle se boot sien dryf.

Toe hulle dit nader, het hulle Josey vas aan die slaap aan boord aangetref, maar daar was geen teken van sy ma nie.

Ooggetuies vertel Josey het sy reddingsba­adjie gedra, maar dat ’n volwassene se reddingsba­adjie op die boot gevind is, wat daarop dui dat sy ma nie hare aangehad het nie.

Die seuntjie het later aan ondersoekb­eamptes vertel sy ma “het in die water gespring en nie weer opgekom nie”, maar die omstandigh­ede is onduidelik omdat beamptes gesukkel het om die kleuter te ondervra.

Die aktrise se liggaam is intussen in die meer gevind.

’n Polisiebea­mpte van die omgewing, Chris Dyer, het tydens ’n mediakonfe­rensie ná Naya se verdwyning gesê die Pirumeer was ’n “toevlug” vir die ster, wat op die nabygeleë dorp Valencia grootgewor­d het.

‘Ek dink hier het ’n tragiese ongeluk gebeur en dit breek my hart’

– CHRIS DYER, POLISIEBEA­MPTE

 ??  ?? In die dae ná haar verdwyning is Naya se eksman, die akteur Ryan Dorsey, en haar pa, George Rivera, op die oewer van die meer afgeneem. Naya se verpletter­de ma, Yolanda, is afgeneem waar sy op die oewer neersak terwyl haar broer, Mychal Rivera, toekyk.
In die dae ná haar verdwyning is Naya se eksman, die akteur Ryan Dorsey, en haar pa, George Rivera, op die oewer van die meer afgeneem. Naya se verpletter­de ma, Yolanda, is afgeneem waar sy op die oewer neersak terwyl haar broer, Mychal Rivera, toekyk.
 ??  ?? Die Pirumeer is bekend vir sy diep, koue waters wat swemmers kan oorweldig.
Die Pirumeer is bekend vir sy diep, koue waters wat swemmers kan oorweldig.
 ??  ?? Naya Rivera verlede jaar saam met haar seun, Josey.
Naya Rivera verlede jaar saam met haar seun, Josey.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa