Huisgenoot

Kankerlyer deur ‘weldoeners’ vermoor?

Toe die kanker haar erg verswak, het haar halfsuster en dié se man na vore gekom om haar by te staan – nou word hulle van haar moord verdink

- Deur JANA VAN DER MERWE

SY WAS sonder kind of kraai en al so verswak deur die kanker dat sy nie meer na haarself kon omsien nie. Maar die tenger vrou van Benoni was nie gereed om dood te gaan nie, vertel ’n vriendin, en sy het geglo sy sal ten spyte van haar siekte nog voluit kon leef. Maar toe was dit nie die kanker wat haar lewe eindelik geneem het nie – dit was glo moord. En dit na bewering aan die hand van een van haar eie geliefdes; die een wat haar in haar kankerstry­d versorg het.

Niemand na aan Debbie Venter (52), by wie servikale kanker verlede jaar gediagnose­er is, was in staat om haar te versorg nie. Oplaas het die voormalige verkoopsve­rteenwoord­iger ’n hartverske­urende Facebook-pleidooi aan die wêreld gerig.

Op 9 Februarie skryf sy: “Ek is dringend op soek na iemand wat my kan inneem. Al wat ek nodig het, is iemand wat kan toesien dat ek drie etes per dag kry en my wasgoed een keer per week kan doen. Ek kan nie veel bekostig nie, maar dit is onderhande­lbaar.”

En toe, net weke voor die aanvang van die inperking, kry Debbie die wonderlike nuus: Haar halfsuster, Danieta van Rhyn (39), en dié se man, Gert (39), sal na haar omsien.

Debbie was innig dankbaar en het by die Van Rhyns op Bronkhorst­spruit gaan woon, vertel haar vriendin Madelain du Plessis (53), ook van Benoni.

“Debbie het gesê Danieta is baie goed vir haar. Sy het haar soms met ’n blommetjie bederf as sy vir haar ontbyt bring.”

Alles het perfek geklink. En hoekom dan nie? Debbie het immers haar veel jonger halfsussie grootgemaa­k ná die skielike afsterwe van hul ma, Hester.

Op 24 Mei het Debbie verjaar. “Danieta het glo vir Debbie ’n braai gereël, maar sy was te siek. Net die inperking het my gekeer om haar op haar verjaardag te gaan sien,” vertel Madelain.

Net vyf dae later, op 29 Mei, het Sheryll Smith (53) van Pretoria ’n kennisgewi­ng oor ’n vermiste vrou in die sosiale media gesien. En tot haar skok het sy besef dis haar vriendin Debbie.

Volgens die kennisgewi­ng deur die Pink Ladies-Faceboekgr­oep is Debbie se motor laas by ’n BP-vulstasie in Pretoria gewaar, sowat 50 km van Bronkhorst­spruit af. Sheryll en Madelain het Debbie se selfoonnom­mer oor en oor gebel, maar vergeefs. Daardie dag het Danieta haar halfsuster by die Bronkhorst­spruitse polisiekan­toor as vermis aangemeld.

En op 1 Junie tier Danieta op Debbie se Facebookbl­ad: “Debbie as jy die boodskap op jou wall sien, asb reageer net!! Dit is hoegenaamd nie aanvaarbaa­r dat jy almal wat jou lief het, bystaan, versorg, ondersteun, en onderskraa­g so die rug toekeer nie!! Ons almal het jou so baie lief !!! Asb laat iemand net weet dat jy OK is? Of antwoord jou foon. Ek persoonlik het al meer as 7 oproepe jou foon kry lui

tot voicemail, of jy druk dood??? Asb my sussie, ek smeek jou!!”

Die kankerlyer se vriendinne het vermoed sy is dalk gekaap of het dalk iewers ineengesto­rt en alleen in ’n hospitaal beland, “want Debbie was nie een van daai mense wat jou oor haar sal laat worry nie”, vertel Sheryll.

Sy het die ergste begin vermoed. “Terwyl sy weg was, het ek ’n baie nare droom gehad,” vertel Sheryll. “Ek het gedroom hulle kry haar in haar kar waar sy so tussen die deur en sitplek in die fetusposis­ie lê. Twee dae later het hulle haar lyk gekry.”

Dit was weens ’n veldbrand dat brandbestr­yders twee weke ná haar verdwyning op haar lyk in Lindopark, Pretoria, afgekom het. Haar hande was agter haar rug vasgemaak en daar was ’n plastieksa­k oor haar kop. Haar moordenaar­s het Debbie, wat ten tyde van haar dood net 42 kg geweeg het, in ’n stormwater­sloot ingeprop. Van haar motor was daar g’n teken nie.

“Dit het gevoel of my hart uit my bors uit breek,” vertel Madelain oor die oomblik toe sy die verskrikli­ke nuus kry.

Debbie se liggaam was deur die veldbrand verskroei, en dit het die amptelike uitkenning vertraag. En terwyl die vriendinne nog op bevestigin­g gewag het dat dit wel Debbie se oorskot is, het die tweede skok gekom.

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem – haar “weldoeners”, Danieta, haar eie halfsuster, en Gert.

DEBBIE se twee vriendinne vertel sy het voor haar verhuising na die Van Rhyns bitter min oor haar jonger halfsuster gepraat. Madelain het net geweet dat Debbie en Danieta deur die jare “aan en af ” kontak gehad het.

Debbie was nog op skool toe haar ouers, Piet en Hester, geskei het. Hester het daarna weer getrou en Danieta gehad, maar laasgenoem­de was nog ’n peuter toe Hester skielik oorlede is.

“Ek weet Debbie het ná haar ma se afsterwe basies vir Danieta grootgemaa­k. Toe Danieta hoor Debbie is siek en soek ’n plek om te bly, het sy na bewering gesê dit is nou haar beurt om na haar sussie om te sien,” vertel Madelain.

Madelain het Debbie op 16 Maart die laaste keer gesien toe Danieta haar gaan haal het om na Bronkhorst­spruit te neem.

“Sy het baie seer gehad daardie dag. Sy het geruk van die pyn en was baie bleek. Sy het toe haar pilletjies gedrink en net by my gesit tot sy beter gevoel het,” vertel Madelain.

Haar eerste indrukke van Danieta was goed. “Sy was ’n aantreklik­e vrou, maar haar kleredrag het my laat dink aan iemand wat swaarkry.”

Gavin Bekker van Pretoria en sy suster Chiné ken die Van Rhyns al jare. En volgens hulle het dit onlangs maar sleg gegaan met die egpaar.

“Danieta is eintlik ’n baie nice mens,” vertel Gavin (35).

Chiné beweer sy het twee jaar gelede haar vriendskap met Danieta beëindig. Danieta was eens ’n finansiële adviseur en Gert ’n Transnet-veiligheid­sinspekteu­r. Maar toe sy weer sien, het Danieta as kelnerin begin werk en was Gert werkloos.

Sy het die twee se huwelik as stormagtig beleef, en van Debbie se bestaan het Chiné nooit gehoor nie. “Danieta het my vertel dat sy ná haar ma se dood tussen ooms en tannies grootgewor­d het. Dit was juis vir haar ’n leemte dat sy nie ’n familie het nie.” Madelain hervat haar vertelling. “Danieta het my kop so deurmekaar­gesmokkel. Sy het my aanhou vra of Debbie nie by my uitgekom het nie. Maar ek kon nie sien hoe Debbie in daardie siek toestand sommer net die pad sou vat nie.”

Die ondersoekb­eamptes in die saak, ao. Gerda Tosen en sers. Verusca Marais, het intussen uitgevind ’n groot bedrag geld is van Debbie se bankrekeni­ng na Gert s’n oorgeplaas. Dit was glo Debbie se uitgekeerd­e lewenspoli­s. Huisgenoot het betroubaar verneem die bedrag wat oorgeplaas is, het R80 000 beloop. Terselfder­tyd het Danieta en Gert uit Bronkhorst­spruit verdwyn.

Dit was Gavin wat die twee kort daarna in ’n Spar in Pretoria gewaar het. “Jirder, ek het nog vir Danieta gesê: ‘Kyk hoe lyk julle! Ek wil julle amper nie groet nie.’ Ek ken hulle; hulle het nie altyd so sleg gelyk – en geruik – nie,” vertel hy.

“Danieta het toe vir my gesê: ‘Moenie worry nie; een van die dae het ons weer ’n bietjie geld.’ Dit was haar woorde.”

OP 4 Julie is Danieta en Gert by ’n huis in Queenswood, Pretoria, aangekeer. Naby die einste Spar waar Gavin hulle aangetref het. En drie dae later het hulle in die beskuldigd­ebank gestaan. Kol. Solly Magongwa, takbevelvo­erder van die Bronkhorst­spruit-speurdiens, het aan Huisgenoot bevestig die egpaar is van ontvoering, moord, regsveryde­ling en bedrog aangekla. Hul borgaansoe­k sou op 14 Julie aangehoor word.

Solly het bevestig dat Debbie se identiteit met haar vingerafdr­ukke bevestig moes word omdat haar liggaam gebrand het.

Intussen spook Debbie se dood by haar vriendinne.

“Dis net so verskrikli­k, as ons net geweet het. Ek bid net sy het nie gely nie. As hulle dit gedoen het, is hulle bleddie monsters,” sê Sheryll.

“Dit was wreed. Ek kan nie dink hoe bang sy in daardie laaste oomblikke moes gewees het nie,” sê Madelain. “Debbie het nie so iets verdien nie. Sy was bang vir die kanker, maar ek dink sy sou dit kon oorwin het.” ■

 ??  ?? DIE VERMOORDE Debbie
Venter het servikale kanker gehad toe sy vermoor is.
DIE VERMOORDE Debbie Venter het servikale kanker gehad toe sy vermoor is.
 ??  ?? DIE VERDAGTES Danieta van Rhyn, Debbie se halfsuster, en haar man, Gert, in die beskuldigd­ebank weens die moord.
DIE VERDAGTES Danieta van Rhyn, Debbie se halfsuster, en haar man, Gert, in die beskuldigd­ebank weens die moord.
 ??  ??
 ??  ?? Danieta, hier by Gert, het dié opspraakwe­kkende inskrywing op Facebook gemaak nadat Debbie verdwyn het.
Danieta, hier by Gert, het dié opspraakwe­kkende inskrywing op Facebook gemaak nadat Debbie verdwyn het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa