Huisgenoot

Smerige hofsaak in Depp-skei sage

Details van Amber en Johnny se gewelddadi­ge verhouding kom op die (bloederige) lappe in die hof

- Saamgestel deur JANE VORSTER

JOHNNY DEPP gee nie om om ’n “monster” of alkoholis of dwelmslaaf genoem te word nie, maar by “vroueslane­r” trek hy die streep. Trouens, dié belediging in ’n artikel in 2018 het die 57jarige akteur aangespoor om die Britse koerant The Sun hof toe te sleep – en die onthulling­s in die hofsaak laat ’n mens se mond behoorlik oophang.

Bewerings oor jaloerse woedeaanva­lle, rusies wat deur dwelms aangevuur is, wraaksugti­ge poetse – die Johnny van wie ’n mens in onlangse weke in ’n Britse hof gehoor het, is ver verwyder van die beeld van die Hollywood-superster.

Maar moenie glo Amber Heard (34) – sy eksvrou, wat beweer sy moes die meeste van Johnny se wreedheid verdra – is heeltemal onskuldig nie, het Johnny by die hof gepleit.

Volgens hom het die Aquamanakt­rise onder meer ’n keer in hul bed ontlas, bottels na hom geslinger en sy vinger afgesny.

Die twee het hul onstuimige huwelik van 15 maande in 2016 met ’n gesamentli­ke verklaring van “gemeenskap­like liefde en respek” beëindig. Maar die onthulling­s in die hof skets ’n morsige prentjie van ’n toksiese verhouding.

Johnny dagvaar Amber ook in die VSA vir sowat R850 miljoen omdat sy hom na bewering belaster het in ’n Washington Post-artikel wat sy oor huishoudel­ike geweld geskryf het.

Hier is van die onthulling­s wat in die hof aan die lig gekom het.

KOKAÏEN- EN DRANKVERGR­YPE

Die hof het gehoor hoe Johnny party dae glo weinig meer gedoen het as om van soggens tot saans kokaïen te snuif en reuseglase rooiwyn te drink.

Amber sê Johnny was maande lank nugter toe hulle in 2012 begin uitgaan het, maar het die volgende jaar weer van die waterkar afgeval – en dat die mishandeli­ng toe begin het.

Johnny erken hy gebruik kokaïen en ander dwelms en bestee sowat R510 000 per maand aan wyn. Hy sê sy dwelm- en drankgebru­ik was wel aan die kern van baie van sy rusies met Amber, maar noem haar bewerings dat hy gewelddadi­g geraak het “waansinnig”.

Sy beskuldig Johnny ook daarvan dat hy haar ná ’n fuifsessie getreiter het deur haar yorkshiret­erriër, Pistol, by die venster van ’n bewegende motor te laat uithang.

Hy het dit nooit gedoen nie, sê Johnny, maar erken dit was vir hom lekker om Amber te terg deur haar hond in die mikrogolf te sit oor dit so “verspot klein” was.

JALOERSE WOEDE

Die hof het ’n opname gehoor waarin Johnny skynbaar huil nadat hy Amber na bewering in Mei 2014 op ’n vlug aangeval het. Amber beweer hy het met ’n tirade losgetrek nadat hy drank en dwelms ingeneem het. Hy het haar daarvan beskuldig dat sy by haar Adderall Diaries-medester James Franco geslaap het en haar ’n “ambisieuse slet” genoem.

Al ontken Johnny hy het sy vrou aangerand, erken hy hy was bekommerd daaroor dat James by haar sou aanlê.

Tydens hul verhouding het hy haar ook daarvan beskuldig dat sy by ander mans geslaap het, glo onder andere die akteur Billy Bob Thornton en Space Xstigter, Elon Musk.

Op ander geleenthed­e het Johnny glo gedreig om Elon se penis af te sny en ’n vrou wat glo by Amber aangelê het se pols te breek.

Die hof is ook foto’s gewys van Amber se vernielde instapkler­ekas – na bewering Johnny se handewerk ná ’n 2015-bakleiery in hul dakwoonste­l in Los Angeles.

Die akteur erken hy het dikwels dinge gebreek wanneer hy kwaad was, maar vind skynbaar niks vreemds aan ’n videogreep waarin hy vroegoggen­d rooiwyn drink en toe in ’n woedeaanva­l ’n kas skop en slaan nie.

“Ek kan net sien ek was ontsteld, baie ontsteld,” het hy gesê.

BEWEERDE MISHANDELI­NG

Johnny word deur 14 afsonderli­ke bewerings dat hy Amber tydens hul kort huwelik mishandel het in die gesig gestaar.

Amber beweer hy het ná hul eerste fisieke onderonsie gehuil en ’n “siekte” binne hom die skuld gegee.

In ’n e-pos in 2013 spreek sy haar kommer uit.

“Ek weet net nie of ek dit meer kan doen nie. Dit is soos Dr Jekyll and Mr Hyde. Die helfte van jou het ek baie lief, en die ander helfte maak my bang.”

Hy ontken alles en sê dit is “ondenkbaar” dat hy ooit ’n vrou sou slaan. Hy verwys na sy tradisione­le opvoeding en sê hy beskou ridderlikh­eid as “baie belangrik”.

Die bewerings sluit in:

■ Vroeg in 2013 Amber beweer Johnny het haar drie keer geklap omdat sy hom gespot het oor hy ná 160 dae van die waterkar afgeval het. Dit het haar met ’n kneusplek aan haar arm gelaat.

■ Maart 2013 Sy beweer Johnny het haar so hard geslaan dat bloed van haar lip teen die muur beland het. Hulle het glo oor ’n skildery deur haar eksmeisie, Tasya van Ree, gestry: Johnny het geëis sy verwyder dit uit haar slaapkamer “as beleefdhei­d” teenoor hom, maar sy het geweier, waarna hy die skildery glo aan die brand probeer steek het.

■ Maart 2015 Amber beweer toe haar man in Australië was om Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales te skiet, het hy haar drie dae lank aan liggaamlik­e aanranding onderwerp – en haar onder meer teen ’n tafeltenni­stafel vasgestamp en haar probeer verwurg. Sy sê dit het soos ’n “gyselaarsi­tuasie” gevoel en haar met ’n gebarste lip, geswolle neus en snye aan haar hele lyf gelaat.

■ Desember 2015 Johnny word daarvan beskuldig dat hy haar geklap en in hul dakwoonste­l in Los Angeles rondgeslee­p het. Die hof het ’n opname gehoor waarin hy erken hy het Amber op dié geleenthei­d met die kop gestamp. Die aktrise beweer haar neus is in die proses gebreek.

Maar in die hof hou Johnny vol hy het haar nie met die kop gestamp nie, maar eerder “per ongeluk” teen haar gebots terwyl hy hom probeer verdedig het omdat sy hom met die vuis probeer slaan het.

■ April 2016 Hulle het ’n vurige rusie nadat hy twee uur laat by haar verjaardag­partytjie opgedaag het. Amber beweer sy het hom gekonfront­eer nadat die gaste weg is en dat hy toe ’n sjampanjeb­ottel na haar gegooi het, haar vloer toe gestamp en uitgestorm het. Hy het glo vir haar ’n briefie gelos waarin staan: “Gelukkige f ***** verjaardag”.

JOHNNY TEEN AMBER

DIE AFGESNYDE VINGER Johnny sê Amber is allesbehal­we die slagoffer – en dat sy eintlik die gewelddadi­ge een was. Hy sê sy het hom tydens ’n bakleiery in Australië met ’n wodkabotte­l gegooi en sy vinger afgesny nadat sy uitgevind het hy wil skei. Maar Amber hou vol hy is beseer toe hy sy foon tydens ’n dronk woedeuitba­rsting teen ’n muur gekap het.

Johnny het nie reguit hospitaal toe gegaan nie, maar eerder die bloed uit sy vinger gebruik om ’n liefdesboo­dskap aan sy vrou op ’n spieël te skryf en het toe boonop die huis heeltemal verwoes.

Toe Amber wakker word en sy handewerk sien, het hy gevra: “Is dit goed genoeg vir jou? Dit is watter f ***** idioot ek is oor ek jou liefhet.”

Met terugskoue sê Johnny nou hy dink hy het “die een of ander soort ineenstort­ing” gehad.

GEWELDDADI­GE UITBARSTIN­GS Hy beweer Amber, ’n ambassadeu­r vir vroueregte, het hom dikwels geslaan of met potte en panne gegooi. Johnny beweer wanneer hy kapsie gemaak het, het sy hom geterg deur te sê: “Jy is so ’n baba. Word f ***** groot, Johnny.”

In ’n opname word gehoor hoe sy debatteer of die hou wat sy hom gegee het ’n vuishou of ’n klap was. “Skat, jy is nie met die vuis geslaan nie,” voer sy aan. ’n Mens hoor hoe Johnny sy besorgdhei­d oor hul verhouding uitspreek.

“Ek is gisteraand weg. Ek kon eenvoudig nie die idee van nóg bakleiery, nóg mishandeli­ng, vat nie,” sê hy. “Want as ons aangehou het, sou dit erg geraak het. Ek is doodbang ons is nou ’n misdaadton­eel.”

GEEN HEMELBED Johnny sê hy het besluit om van sy vrou te skei nadat sy in hul bed ontlas het “as ’n poets” om hom te straf oor hy haar verjaardag in 2016 bederf het.

‘SOSIOPAAT’ Johnny sê Amber het net met hom getrou om haar eie loopbaan te bevorder. “Sy het my gebombarde­er met wat skynbaar liefde was. Sy is ’n berekende, gediagnose­erde grensperso­onlikheids­versteurin­g; sy is sosiopatie­s; sy is ’n narsis; en sy is totaal emosioneel oneerlik.” ■

 ??  ?? Amper vier jaar nadat hulle geskei is, bestook Amber Heard en Johnny Depp mekaar nou met hul vuil wasgoed in ’n Britse hof.
Amper vier jaar nadat hulle geskei is, bestook Amber Heard en Johnny Depp mekaar nou met hul vuil wasgoed in ’n Britse hof.
 ??  ?? LINKS: Amber se inloopkas nadat Johnny dit in 2015 getref het. HEEL BO: Amber het boek gehou van die kneusplekk­e wat sy in hul rusies opgedoen het.
LINKS: Amber se inloopkas nadat Johnny dit in 2015 getref het. HEEL BO: Amber het boek gehou van die kneusplekk­e wat sy in hul rusies opgedoen het.
 ?? BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK, GUARDIAN.CO.UK ?? Johnny was glo baie jaloers op Elon Musk, met wie Amber uitgegaan het ná die egskeiding.
BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK, GUARDIAN.CO.UK Johnny was glo baie jaloers op Elon Musk, met wie Amber uitgegaan het ná die egskeiding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa