Huisgenoot

Bernice West

Dié debuutalbu­m is eindelik hier

- Deur

NET GELEEN

Bernice (19), wat verlede jaar as die naaswenner van die eerste seisoen van Emo Adams se talentsoek­reeks, Maak my famous, op kykNET aangewys is, het onlangs haar debuutalbu­m, Net geleen, uitgereik.

Die talentvoll­e tiener het 13 van die 14 snitte self geskryf. Moenie ’n spesifieke genre verwag nie, sê dié nuweling oor die liedjiesam­estelling op die album.

“Dit is soos ’n lucky packet: Jy weet nie wat jy gaan kry as jy jou hand daarin steek nie. Elke liedjie is anders en onvoorspel­baar, maar dit is wel ’n versamelin­g herinnerin­ge uit my grootwordj­are. Ek speel baie met emosies in die liedjies.”

Die algemene musikale gevoel is wel een waar moderne pop en rock mekaar ontmoet, met folk-invloede wat plekplek deurslaan.

Veral in die liedjie “Beset” kom ondertone van klassieke rock sterk in die koorgedeel­tes voor. Dié liedjie is ook een van haar gunsteling­e, sê Bernice. “Almal kom die een of ander tyd op ’n plek waar hulle hunker na iemand om mee te praat. Die liedjie wil dan weet hoeveel keer jóú lyn beset was wanneer iemand jou wou bel.”

Alles wat sy het, is net aan haar geleen, verduideli­k sy die titel van die album. “Ek is nie in staat om iets uit my eie te doen nie; alles is ’n geskenk van Bo.”

FAMILIEGED­OENTE

Haar ouer broer, Renier West (23), sing saam met haar in die snit “Eenvoud”. Hy is ook die liriekskry­wer en kitaarspel­er van die alternatie­we folkgroep Rooksein.

“Ek en my boetie het soveel gedeelde musiekwort­els waar ons as kinders by die huis of in die kerk saamgesing het dat dit vir my belangrik was dat hy iets op die album saam met my doen.”

Die eerste twee liedjies op die album is reeds as enkelsnitt­e uitgereik en was onmiddelli­k gewild onder die publiek.

Die musiekvide­o van “Sonop-blom” het sedert Maart meer as 1,5 miljoen kykslae op YouTube gekry, en “Die hart” het binne twee maande amper 500 000 kykslae opgelewer.

Albei liedjies het ook reeds die

“lucky packet”.

MUSIEK no. 1-plek op Apple Music se Afrikaanse enkelsnitl­ys bereik.

HAAR PAD NA DIE VERHOOG

Bernice het op Swartrugge­ns in Noordwes grootgewor­d. Haar pa, Gert, is die pastoor in die AGS-kerk en haar ma, Estine, die klavierspe­ler en voorsanger.

Haar laerskoolo­pleiding het sy aan die Swartrugge­ns Gekombinee­rde Skool ontvang, waarna sy in 2015 met haar gr. 8-jaar aan die Hoërskool Rustenburg begin het.

“Op skool het ek sport soos onderwater­hokkie beproef, maar nou nie eintlik uitgeblink nie,” vertel sy. “Ek is maar ’n kultuurmen­s en was onder meer een van die soliste van die skoolkoor.”

Bernice het verlede jaar gematrikul­eer en woon nou saam met Renier in Pretoria terwyl sy haar voltyds op haar musiekloop­baan toespits. Sy het geen formele musiekople­iding nie, maar het haarself leer klavier en ukulele speel, vertel sy.

“Ek wou aanvanklik eintlik ná skool drama gaan studeer het met sang as ’n bydingetji­e, maar toe gebeur Maak my famous. Die lewe het ’n weird manier van werk. Dit was Liewe Jesus wat op sy manier gesê het jy moet gaan sing.”

Nou pryk haar eerste album op die winkelrakk­e. ■

BOEKE

Rika Cloete

 ??  ?? VERMAAK
JACO HOUGH-COETZEE
Bernice West se debuutalbu­m, Net geleen, is reeds gewild onder die publiek.
Die talentvoll­e tiener vertel haar album se genre is nie vas nie; dis eerder ’n
VERMAAK JACO HOUGH-COETZEE Bernice West se debuutalbu­m, Net geleen, is reeds gewild onder die publiek. Die talentvoll­e tiener vertel haar album se genre is nie vas nie; dis eerder ’n
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa