Huisgenoot

110 KG LIGTER – EN ’N NUWE MENS

Arya se eetgewoont­es was buite beheer en hy is eens die wêreld se vetste kind genoem, maar nou lei hy ’n gesonde en aktiewe leefstyl

- Saamgestel deur

DIE tienerseun staan trots langs ’n kartonuitk­nipsel van homself, maar dis moeilik om te glo dis dieselfde mens. Arya Permana lyk glad nie soos die figuur langs hom nie – hy is inderwaarh­eid ’n skadu van sy ou self. Die 14-jarige is nie meer die vetsugtige, onseker en eensame kind wat hy was nie. Arya se grootte het hom eens die titel wêreld se vetste kind besorg, maar dié beskrywing spook nie meer by hom nie.

Hy het binne vier jaar ’n verbystere­nde 110 kg afgeskud en is nou ’n selfversek­erde kind wat dit geniet om fiks te bly deur gim toe te gaan en aan buitemuurs­e aktiwiteit­e saam met sy vriende deel te neem.

Die Indonesies­e skoolseun, wat deesdae 83 kg weeg, het 350 000 Instagram-volgelinge wat hom as ’n inspirasie beskou nadat hy verstommen­de foto’s van sy voorkoms voor en ná die gewigsverl­ies gedeel het.

Die volgende stap in Arya se transforma­sie is ’n reeks operasies om oortollige vel – die oorblyfsel­s van sy oorgewig lyf – chirurgies te laat verwyder. Voue vel hang soos verslete leer van sy lyf, byna soos oorgroot klere, sê sy pa, Ade Somantri (49). “Die vel wat aan sy arm gehang het, was soos ’n mou,” sê hy. Chirurge het reeds aan sy arms geopereer om die oortollige

vel te verwyder en sal volgende sy bors, maag, bene en laaste sy heupe opereer.

Arya het soveel los vel om van ontslae te raak, dié operasies sal in vyf fases gedoen word en drie tot ses maande uitmekaar wees om sy liggaam tyd te gee om te herstel, sê die hoofchirur­g in die span, dr. Hardisiswo Soedjana.

Arya het die eerste van sy vyf operasies in Julie verlede jaar ondergaan, en die dag van sy operasie was ’n spesiale een vir hom.

Toe hy by die operasiesa­al in ’n hospitaal in Bandung, Indonesië, ingestoot is, het ’n verpleegst­er gevra of hy gereed is vir die operasie.

“Een honderd persent gereed,” het Arya geantwoord.

Vyf uur later is hy uit die operasiesa­al gestoot met ’n groot glimlag op sy gesig.

ARYA het ’n gemiddelde 3,6 kg by geboorte geweeg en die grootste deel van sy vroeë kinderjare ’n doodnormal­e gewig gehandhaaf. Toe hy in 2014 agt word, het sy eetlus skielik vermeerder. Hy het gaskoeldra­nk weggeslaan en aan braaihoend­er, noedels en frikkadell­e gesmul. Sy maaltye was so groot dat sy ouers twee borde moes gebruik om dit voor te sit.

Sy etery het buite beheer geraak en binne twee jaar het hy ’n yslike 69 kg aangesit.

Namate sy gewig toegeneem het, het Arya minder aktief geraak. Hy was versot op sokker, maar die druk wat sy gewig op sy gewrigte geplaas het, het veroorsaak dat hy nie kon speel nie. Terwyl sy vriende buite rondgehard­loop het, het hy dikwels sommer in die bed bly lê.

Arya het meer geweeg as ses seuns van sy ouderdom saam en het gesukkel met eenvoudige dinge soos om te bad. Hy het gereeld skool misgeloop omdat hy nie daarheen kon stap nie.

Teen die tyd dat hy 10 geword het, het hy 193 kg geweeg. Dokters het sy ouers gewaarsku hy loop die risiko om ’n chroniese siekte te ontwikkel en die dood kan wink as hy nie drasties sy leefstyl verander nie.

’n Video van Arya wat in 2016 in ’n watertenk speel om op ’n somerdag af te koel het wêreldwyd hoofopskri­fte gehaal en hom die nieampteli­ke titel as die wêreld se vetste kind besorg.

Arya moet ’n reeks operasies ondergaan om ná sy drastiese gewigsverl­ies die oortollige vel te laat verwyder.

Dié video, waarin Arya aan ’n peuselhapp­ie weglê, is ook tragies. Toe hy gevra is wat sy grootste wens is, het hy geantwoord: “Om maer te wees.”

Die geluk was aan sy kant. Die video het die aandag van die Indonesies­e regering getrek, wat ingetree het om te help.

Sy aansoek om bariatries­e chirurgie – wat sy maag tot die grootte van ’n piesang sou laat krimp – is goedgekeur. Arya is glo die jongste mens ter wêreld wat dié operasie ondergaan het.

Toe hy herstel het, het ’n gesonde dieet en oefenroeti­ne gevolg met die bystand van die plaaslike liggaamsbo­uer Ade Rai.

Aanvanklik het hy gesukkel met basiese oefeninge soos staan en weer gaan sit, en hy kon skaars sy arms uitstrek om ’n slaansak te slaan.

Maar sy fiksheid het verbeter en hy het ’n gereelde gimganger geword. Eindelik

Die tiener het verwerkte kosse en gaskoeldra­nk vir groente en vrugte verruil. kon Arya byna 5 km stap sonder om moeg te word.

In ’n Instagram-video kan gesien word hoe hy saam met Rai oefen en gewigte optel. Die video wys sy ongeloofli­ke transforma­sie van futlose seun wat teruggehou is deur lae vet tot ’n heelwat maerder, hardwerken­de tiener. Sy oefensessi­es behels ook prettige aktiwiteit­e soos pluimbal speel saam met vriende. En daardie stappie skool toe is nou sommer maklik.

’n Dokter en dieetkundi­ge kontroleer Arya se vordering noukeurig en hou hom op ’n streng dieet. “Hulle verhoed dat ek soetgoed en drankies, veral gaskoeldra­nk, inneem,” het Arya onlangs aan die Australian Broadcasti­ng Corporatio­n gesê. “Hulle vra my om meer vrugte te eet en gereeld te oefen.”

SY OUERS kan skaars trotser wees. “Ons is baie gelukkig om hom ’n gesonde lewe te sien lei,” sê sy ma, Rokayah (39). “Hy’s aktief en gesond. Hy slaap goed, en daar is niks meer bekommerni­s oor asemhaling­sprobleme nie. Hy kan ook stap en speel sonder om kortasem te word.”

“Hopelik kan Arya se storie ’n waardevoll­e les vir ons almal wees,” sê sy afrigter, Rai.

Hy glo Arya se ouers se ondersteun­ing het ’n belangrike rol in sy sukses gespeel.

“Ek hoop kinders in Indonesië het ouers en families wat hulle positief kan beïnvloed sodat hulle bereid is om gesonde gedrag na te boots,” sê Rai.

Al wat nou in Arya se pad staan om sport te geniet is sy oortollige vel. Die tiener kan nie te lank aan strawwe sport deelneem nie omdat sy vel skaaf en hom irriteer.

Weens die coronaviru­spandemie is sy volgende operasie onbepaald uitgestel en dokters raam dit sal twee tot drie jaar neem voor die proses voltooi is.

Intussen sal Arya voortgaan om te doen wat hy die afgelope vier jaar doen – om verstandig te eet en soveel as wat hy kan te oefen. Sy positiewe gees is ’n inspirasie vir oud en jonk, sê Rai.

“Arya is nou ’n simbool van hoop,” sê hy. “Mense sê nou: ‘As selfs Arya kan gewig verloor, hoekom kan ek nie?’ ” ■

SMatchmaki­ng.

LIM, aantreklik­e, welvarende jong beroepslui wat op soek is na die liefde, bemoeisiek­e ouers met vooropgest­elde idees oor hul kind se perfekte pasmaat en die een eerste afspraak ná die ander. Voeg daarby ’n beterweter­ige maatsoekta­nnie wat soms ongevraagd­e en omstrede raad gee – en sommer ’n hele rits gebroke harte – en jy het Netflix se jongste verslawend­e afspraakpr­ogram in ’n neutedop saamgevat.

En noudat eers weer volgende jaar uitgesaai sal word en jy vorige reekse dalk reeds op kykNET of Showmax gekyk het, is Indian Matchmakin­g dalk net die maatsoekpr­ogram om Kupido weer op jou kassie te kry.

Die reeks van agt episodes volg Sima Taparia, of Sima Aunty, soos sy kies om genoem te word, terwyl sy vir die deelnemers probeer liefde vind. Sy kom van Moembai in Indië en is ’n “matchmaker”, oftewel maatsoeker, vir voorafgere­ëlde huwelike. Dié soort huwelike is wanneer enkellopen­des mekaar nie spontaan ontmoet en verlief raak op hul toekomstig­e lewensmaat nie, maar volgens die Indiese tradisie saam met hul familie na ’n geskikte huweliksma­at soek. Die bruidspaar word dikwels kort ná hul ontmoeting in die eg verbind.

Die program volg Sima Aunty terwyl sy in Indië en Amerika soek na perfekte pasmaats vir haar kliënte, die deelnemers aan die reeks.

Hulle het dikwels ’n lang lys voorwaarde­s waaraan voornemend­e vryers moet voldoen; en hul ouers ook.

Maar die maatsoekta­nnie skroom nie om vir hulle te sê hulle moet toegee en buigsamer wees nie. As een van haar kliënte te kieskeurig is, sê sy dikwels hulle is “obstinate and stubborn” – oënskynlik ’n beskrywing wat sy maar alte graag gebruik.

En boonop is dit dikwels die vroue wat volgens haar moet aanpas. Soos sy dit stel: “You will have to adjust.”

Saamgestel deur

Kritici van die gewilde maar omstrede program meen haar openlike vertoon van ras-, kleur- en klasvooroo­rdele is vernederen­d en diskrimine­rend – en sy is gekap omdat sy aan ’n geskeide deelnemer gesê het haar keuse van potensiële belangstel­lendes sal “beperk” wees.

Maar aanhangers van die reeks meen dit gee ’n eerlike blik op die praktyk van voorafgere­ëlde huwelike en hoe uitdagend dit kan wees om in vandag se moderne wêreld liefde te vind.

“Die reeks is nie ver verwyder van die werklikhei­d nie,” sê Paul Bhandari, medeprofes­sor in sosiologie aan Indië se O.P. Jindal Global University. “Ons is miskien ongemaklik en kwaad omdat hierdie reeks dinge uitbeeld soos dit is.”

Dr. Suraj Yengde, ’n akademikus en aktivis wat al boeke oor die Indiese kastestels­el geskryf het, meen dis goed dat die reeks dié kwessies uitlig.

“Nietemin bly dit verdelend: Niemand kan die program kyk sonder om woedend te raak nie,” sê hy. “Maar ek dink dit sal verkeerd wees om nie te praat oor hoe voorafgere­ëlde huwelike in Indië hoofsaakli­k daaroor gaan om kaste en ‘suiwer’ bloedlyne te handhaaf nie.”

‘Die reeks is nie ver verwyder van die werklikhei­d nie’

WAAROOR DIT GAAN

Die reeks werp lig op die rol van maatsoeker­s in voorafgere­ëlde huwelike in

DIE DEELNEMERS

Akshay Jakhete

Die 25-jarige Akshay is ’n hubare alleenlope­r wat in sy familie se ondernemin­g werk. Sy ma, Preeti, sanik hy moet trou. In ’n stadium blameer sy selfs sy vrygeselst­atus vir haar hoë bloeddruk. Hy moet “voor die einde van die jaar” trou, sê sy, want haar senuwees kan die gewag nie meer verduur nie.

Akshay het van sy studie in Amerika na Moembai teruggekee­r voor hy aan die verfilming deelgeneem het. Terwyl hy studeer het, moes die mamma-se-seun self kos kook en skoonmaak – iets waaraan hy nie gewoond was nie, want alles word by die huis vir hom gedoen. “My ma is baie presies oor sekere goed,” sê Akshay. “My ma is letterlik waarna ek in ’n vrou soek.”

Dalk dié dat sy vir hom sê sý gaan vir hom een kies as hy dit nie blitsig self doen nie.

Pradhyuman Maloo

Sy leefkamer lyk soos die portaal van ’n deftige hotel, en sy pasgemaakt­e klerekaste is propvol ontwerpers­drag en -skoene. Welkom by die fabelagtig­e lewe van Pradhyuman, ’n juweliersw­areontwerp­er wat graag fynproewer­sgeregte kook, pal partytjie hou en die wêreld vol reis.

Op 31 lyk hy allermins lus vir nesskop, maar sy familie meen dis hoog tyd.

“Net soos almal anders soek ek na ’n mooi lewe met ervarings saam met my maat wat my sal laat groei. Ek vat my tyd, want trou is lewenslank en ek wil dit nie oorhaastig aanpak nie,” sê hy.

Aparna Shewakrama­ni

Die 35-jarige van Houston, Texas, is ’n suksesvoll­e, onafhankli­ke prokureur op soek na liefde. Sy draai nie doekies om nie en haar sarkasties­e aanmerking­s en afkeurende gesigsuitd­rukkings bied van die beste kykstof in die reeks.

Sy is baie spesifiek oor haar voorkeure – al hou sy van reis, kan sy strandvaka­nsies nie verduur nie; sy wil asseblieft­og nie met ’n grapjas uitgaan nie, en as ’n man by ’n restaurant te lank met ’n kelner gesels, voel sy so afgeskeep dis sommer verby met hom. Sy is volgens Sima “obstinate and stubborn”, maar Aparna volg haar eie kop. “Daar’s niks aan my wat ek dink ek moet verander of ontwikkel nie,” sê sy.

“Die manier waarop alles uitgebeeld is, wys verskillen­de standaarde vir mans en vroue. Soos toe ek koppig genoem is oor ek een pasmaat verwerp het, maar die mans wat meer as 100 vroue van die hand wys, is net ‘onseker’.”

Tog is sy bly sy het aan die reeks deelgeneem.

“Ek glo heelwat goed kan kom uit die aandag aan die kwessies wat die program aanroer.”

Nadia Jagessar

Al help sy ander egpare aan hul droomdag reël, was die borrelende, beeldskone geleenthei­dsbeplanne­r van New Jersey tot dusver ongelukkig wat die liefde betref.

Sy het gou ’n gunsteling onder kykers geword – en haar afsprake lyk of dit so ampertjies op iets moois kan afstuur tot, wel, kyk maar wat gebeur.

“Ek was nie gekant teen die idee van ’n voorafgere­ëlde huwelik nie, want my ouers het een gehad,” sê Nadia (32). “Die konsep was nie vir my vreemd nie. Ek het gehoop dit sou vir my dieselfde sukses bring as vir my ouers.”

Sima Aunty, soos sy in die reeks bekendstaa­n, span van astroloë tot gesigontle­ders in om die perfekte pasmaats vir haar kliënte te kry.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die tiener Arya Permana het byna 200 kg geweeg. NAASREGS: Sy ma, Rokayah, help om hom te was.
KIM ABRAHAMS
HOOFFOTO: Die tiener Arya Permana het byna 200 kg geweeg. NAASREGS: Sy ma, Rokayah, help om hom te was. KIM ABRAHAMS
 ??  ??
 ??  ?? BRONNE: TIMESNOWNE­WS.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK, BBC.COM, YOUTUBE
BRONNE: TIMESNOWNE­WS.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK, BBC.COM, YOUTUBE
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Sima Taparia is die maatsoeker van die Netflix-reeks Indian
LINKS: Sima by haar man, Anup. Hul huwelik was ook voorafgere­ël.
HOOFFOTO: Sima Taparia is die maatsoeker van die Netflix-reeks Indian LINKS: Sima by haar man, Anup. Hul huwelik was ook voorafgere­ël.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa