Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy sal jouself vandeeswee­k moet staal vir allerhande soorte dinamika wat jou persoonlik­e verhouding betref. Met die kragtige Mars wat op die oomblik in jou liefdestek­en agteruitbe­weeg, kan dinge besonder uitdagend raak. Jy sal moet bepaal of jou aangebore houding om gemoedere te kalmeer jou in hierdie tye goed te pas sal kom. Dalk is dit ’n goeie tyd om die uitdaging eerder trompop aan te pak en jou behoeftes hardop en duidelik te kommunikee­r. GELUKKIGE NOMMERS

31, 24, 19, 22, 20, 38

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Maak seker jy het ’n doeltreffe­nde strategie om die lewe se huidige prikkels en spanning te hanteer. ’n Multidimen­sionele benadering sal die beste werk om potensiële gesondheid­srisiko’s af te weer. Fokus op die handhawing van ’n gesonde leefstyl ondanks die struikelbl­okke. Oefening, voedsame kos en ontspannin­g sal help om jou deur hierdie fase te kry. GELUKKIGE NOMMERS

14, 38, 41, 51, 18, 28

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

As jy ’n tipiese Boogskutte­r is wat hou van risiko’s neem, is dit dalk nie die beste tyd om ’n nuwe en onbekende avontuur aan te pak nie. Beperk enige moontlike risiko’s deur by die reëls te hou en nie jouself of jou geliefdes aan die onbekende bloot te stel nie. Jy voel dalk dat jy tans voortploet­er sonder enige ware rigting. Dis tyd om kop bo water te hou. GELUKKIGE NOMMERS 28, 26, 40, 35, 12, 22

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

As ’n georganise­erde Steenbok hou jy van beplanning sodat jy nie onkant betrap word nie. Maar al probeer jy hoe hard, jy kan nie elke risiko beperk wat die lewe oor jou pad bring nie. Jy moet vandeeswee­k daarop fokus om ’n veilige ruimte vir jou familie te handhaaf deur maatreëls in te stel wat die emosionele, fisieke en finansiële aspekte van die lewe beskerm. GELUKKIGE NOMMERS

5, 44, 47, 24, 31, 48

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Dit sal baie verg vir ’n komkommerk­oel waterdraer om sy/haar humeur te verloor; tog is dit dié week ’n moontlikhe­id. Jy sal moet tyd inruim om te besin oor watter dinge so ’n reaksie kan veroorsaak. Een gebied waarop jy tans kan fokus, is om nie vir roekelose geldskemas te val nie. Ongeag hoe aanloklik dit klink, goeie raad sal op die ou end seëvier. GELUKKIGE NOMMERS

17, 15, 11, 38, 12, 43

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Dit is verstaanba­ar dat die lewe tans verwarrend lyk en dat daar ’n algehele gebrek aan rigting is. Dis dus raadsaam om nie te veel konkrete besluite oor die toekoms te neem nie, maar eerder ’n wag-en-kyk-benadering te volg. As iemand jou probeer dwing om oop kaarte te speel wat ’n finansiële ooreenkoms betref, is dit beter om jou nie daartoe te verbind nie. GELUKKIGE NOMMERS 42, 23, 51, 25, 19, 21

RAM

21 MRT – 19 APR

Hoewel jy die afgelope ruk hoë energievla­kke gehad het, moet jy daarop let dat jou planeet, Mars, in jou teken terugdraai. Dit vereis dat jy meer selfbeheer moet toepas, want om uit te vaar kan teenproduk­tief wees. Maak tyd vir selfbesinn­ing, identifise­er die snellers vir jou woede en praat met ’n berader of lewensafri­gter vir wenke vir woedebehee­r. GELUKKIGE NOMMERS

10, 14, 2, 13, 38, 50

BUL

20 APR – 20 MEI

As jy aanvoel jou maat het probleme, is dit raadsaam om ondersteun­end te wees, maar om ’n goeie afstand te hou. Die tyd sal leer hoe dit gaan uitspeel en intussen moet jy fokus op die ding wat op die oomblik vir jou die meeste saak maak: onafhankli­kheid. Jou toekomspla­nne is dalk vaag, maar jy moet stap vir stap na groter geldelike outonomie vorder. GELUKKIGE NOMMERS 40, 12, 50, 23, 7, 4

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Vriendskap­pe word oor die volgende weke hersien. Daar is nie veel wat jy dadelik hoef te doen nie, maar laat dit vir jou ’n leuse wees wat betref die aandag wat jy aan vriende skenk. Miskien hoef jy nie noodwendig van vriende ontslae te raak nie, maar probeer onderskei tussen jou regte vriende en kennisse. Ware vriendskap­pe moet verskeie reaksies kan verdra. GELUKKIGE NOMMERS

1, 39, 41, 9, 52, 12

KREEF

21 JUN – 21 JUL

As ’n emosionele en sensitiewe siel gaan jy dié week moet kophou, veral wat werk betref. Dit lyk of daar ’n genadelose atmosfeer is en ’n gevoel van mededingin­g. Bly gefokus op jou sterkpunte en probeer om dinge hul gang te laat gaan. Herinner jouself daaraan dat dit ook sal verbygaan; moenie in die slaggat trap van voel soos ’n slagoffer nie.

GELUKKIGE NOMMERS 27, 11, 13, 18, 2, 47

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Wees vandeeswee­k bedag daarop om nie te val vir gewetenlos­e mense wat hulle as finansiële kenners voorhou nie. Jy het te hard gewerk en fluks gespaar om nou op so ’n onetiese wyse van jou geld afstand te doen. Moenie val vir hul hartseer sopstories, langdradig­e verduideli­kings of fabelagtig­e verhale oor hoe jy vinnig kan ryk word nie.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 31, 44, 3, 34, 51

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa