Huisgenoot

WATTER SLANGE IS WEL GEVAARLIK?

-

Om as leek ’n giftige slang te identifise­er is moeilik, veral omdat daar soveel kleurvaria­sies ook binne ’n enkele spesie voorkom. Neem kennis van dié vier gevaarlike spesies: Die (geelslang) en

is die twee dodelikste slange in Suid-Afrika en vir die meeste sterftes weens slangbyte verantwoor­delik. Hierdie twee slange het ’n neurotoksi­ese gif wat ’n verlammend­e invloed op die spierstels­el het; dit kan veral asemhaling­sprobleme veroorsaak. Die Kaapse kobra kom hoofsaakli­k suid van die Vaalrivier voor, en die swartmamba veral noord van die Vaalrivier, wat streke soos Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Mosambiek insluit.

Die is ook geweldig gevaarlik. Sy sitotoksie­se gif kan

Kaapse kobra swartmamba

kwaai weefselska­de, pyn en swelling veroorsaak. As ’n slagoffer nie betyds mediese hulp kry nie, kan die weefselska­de soms so erg wees dat hy ’n ledemaat verloor.

Die spoegkobra is hoofsaakli­k ’n nagslang met die reputasie dat hy graag deur gapings onder deure inglip en op dié manier huise binnegaan. Hy kom min of meer in dieselfde gebied voor as die swartmamba.

Die wat oor die hele land voorkom, is ook uiters giftig. Sy gif is hoofsaakli­k hemotoksie­s, wat onbeheerba­re bloeding van byvoorbeel­d die neus en tandvleis kan beteken.

Maar dié slange sal ’n mens nie sommer pik nie omdat hulle baie rustig is en die meeste van die tyd hoog in bome bly waar hulle nie bedreig voel nie.

 ??  ?? Mosambieks­e spoegkobra
SWARTMAMBA boomslang,
KAAPSE KOBRA
MOSAMBIEKS­E SPOEGKOBRA
BOOMSLANG
Mosambieks­e spoegkobra SWARTMAMBA boomslang, KAAPSE KOBRA MOSAMBIEKS­E SPOEGKOBRA BOOMSLANG
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa