Huisgenoot

Wel, dít was ongemaklik!

-

Die akteur se afspraak met ’n vrou het lelik skeefgeloo­p. “Ek het gehoor van ’n plek waaroor almal mal was en het ’n vrou gevra om daarheen te gaan vir ons eerste afspraak. Toe ons daar aankom was dit die romantiess­te restaurant wat ek nog ooit in my lewe gesien het, met musikante wat viool speel op die agtergrond. Ek kon sien sy het gedink ek wil haar op ons eerste afspraak vra om te trou. Die afspraak het skeefgeloo­p omdat sy ongemaklik gevoel het.”

SHERLIN BARENDS

Dié omroeper se blaps was in 2017 kort nadat hulle die radio-ontbytprog­ram bekendgest­el het. “’n Luisteraar het ingebel en my oor die lug op ’n afspraak gevra. Hy het vriendelik geklink, so ek het ingestem. Hoe sleg kan dit wees? Maar op die afspraak het hy gesê my parfuum herinner hom aan sy ouma. Hy het sy vingers vir die kelner geklap en hardop begin sing. Toe ek eindelik opstaan om te gaan, het my kollega Darren ‘Whackhead’ Simpson met ’n kameraspan opgespring! My afspraak was ’n poets.”

Mornings

KFM

Nadat die sanger in 2006 aan Idols deelgeneem het, is hy na sy eerste formele geleenthei­d genooi. “Ek het by die tafel gesit en gesien Carike Keuzenkamp kom aangestap. Toe sy by my kom, sê sy: ‘Hallo Willem, hoe gaan dit met jou?’ Ek was so geskok dat sy weet wie ek is en die eerste ding wat ek kon sê, was: ‘Hallo, Anneli, hoe gaan dit met jou?’ Ek was so verneder dat ek omgedraai en weggeloop het. Ek kon nie glo dat ek Carike, iemand na wie ek my hele lewe lank opkyk, Anneli genoem het nie!”

“Ek was op laerskool en het kitaarless­e by oom Wollie geneem. Hy het ’n klein musiekskoo­l gehad,” vertel die komediant. “Ek het altyd op skool Casper de Vries se karakter Oom Kallie Marie nagemaak. Die musiekskoo­l het ’n konsert in die kerksaal gehad en oom Wollie vra my toe om Oom Kallie Marie te doen. Ek het opgedress en my ding gedoen met die ou mense wat toekyk. Hier is egter die ding van nabootsing­s: Die gehoor moet minstens die karakter of mens ken wat jy namaak, anders val die hele ding plat!”

 ??  ?? WILLEM BOTHA
SCHALK BEZUIDENHO­UT
WILLEM BOTHA SCHALK BEZUIDENHO­UT
 ??  ??
 ??  ?? SEAN-MARCO VORSTER
SEAN-MARCO VORSTER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa