Huisgenoot

Maluma vat die wêreld en binnekort die silwersker­m oor met sy musiek!

-

GELD SOOS BOSSIES

Maluma (26) verdien miljoene met sy musiek. Die Colombiaan­se sanger maak amper R10 miljoen met elke toer wat hy doen, en musiekster­re val oor hul voete om met hom saam te werk. Mense soos Shakira, The Weeknd, Jennifer Lopez . . . noem maar op! Verskeie van sy liedjies, soos die gewilde “Chantaje”, het treffersta­tus bereik, en hy het al ’n Latin Grammy agter sy naam.

IETS IN DIE WATER

Hy het grootgewor­d in die Colombiaan­se stad Medellín, nes die

“Mi gente”-superster J Balvin. “Daar is baie talent in Medellín. Ons hou van musiek en sport,” sê Maluma. Hy het op 15 sy deurbraak gemaak nadat hy saam met ’n pel die liedjie “No quiero” gekomponee­r het. ’n Jaar later het sy oom Juan Parra vir hom as verjaardag­geskenk tyd in ’n musiekatel­jee gereël sodat hy dit kon opneem. Sedertdien skiet sy ster behoorlik die hoogte in. En hy is deesdae sommer ook ’n akteur. Hy gaan volgende jaar saam met Jennifer Lopez en Owen Wilson in die romantiese komedie Marry Me te sien wees.

SOKKERDROM­E SY HARTSMENSE

Sy regte naam is Juan Luis Londoño Arias. Sy verhoognaa­m, Maluma, is deur die name van sy ouers, Luis en Marlli Arias, en ousus, Manuela, geïnspiree­r. “Die eerste letters van my ma se naam is Ma, my pa s’n is Lu en my suster s’n Ma,” sê hy. “Ek het op 14 my eerste tatoe op my been gekry. Dit sê Maluma. Ek is ’n gesinsmens, en toe ek ’n naam vir my loopbaan moes kies, het ek dít gekies; ek wou my gesin altyd by my hê.”

HALLO, KENDALL!

Hy het ’n groot crush op die Keeping Up with the Kardashian­s-ster Kendall Jenner gehad. “Sy kon dit beslis sien die dag toe ek haar ontmoet het,” vertel hy. Dit was op die stel van ’n Calvin Klein-advertensi­eveldtog wat hulle saam geskiet het. Hy was ’n bol senuwees toe hy Kendall gewaar. “Ek is seker daarvan sy het dit opgemerk,” vertel hy.

 ??  ??
 ??  ?? COLIN HENDRICKS
COLIN HENDRICKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa