Huisgenoot

ONTBYTBRAA­IBROODJIE

-

Begin jou dag op ’n goeie voet met dié braaibrood­jie.

LEWER 6 BRAAIBROOD­JIES BEREIDING: 15 MIN. BRAAI: 8-10 MIN.

1 pakkie spek botter of olyfolie

6 eiers

240 g cheddar, gerasper 12 snye brood blatjang

2-3 tamaties, gesny (jy het 2-3 skywe per braaibrood­jie nodig)

1 ui, in ringe gesny sout en peper

Die spek moet brosgebraa­i wees. Die maklikste en lekkerste manier om dit te doen is in ’n rooster oor die kole. Pak die stukke spek versigtig uit sodat dit nie deur die gapings in die rooster val nie. Draai die spek net een keer om. Jy kan spek oor warmer 2 kole as braaibrood­jies braai, wat beteken dat dit chronologi­es goed werk. Haal die spek van die vuur af wanneer dit reg is en kap rofweg in stukke.

Maak roereier in ’n pan of potjie oor die kole. Elkeen het sy eie styl. Ek sit gewoonlik botter, olyfolie en al die eiers in die potjie voor ek die potjie op die vuur sit. Ek roer die eiers nie te geesdrifti­g nie, want ek hou van ’n bietjie wit en geel detail in my roereier. Sodra dit begin stol, meng jy die helfte van die gerasperde kaas 3

Bou die braaibrood­jies:

Botter of olie elke sny brood aan die een kant. (Dis die kant wat na buite sal kyk wanneer jy die braaibrood­jie aanmekaarg­esit het.) Sit die helfte van die snye brood op hul botterkant­e neer, smeer die blatjang op en verdeel die tamatie en uie eweredig tussen die snye. Maal die sout en peper oor. Die bedrewe braaier sal dít alles doen terwyl hy die spek braai en die roereier maak. Verdeel nou die roereier tussen die snye en strooi die res van die kaas bo-oor. Pak laastens die gebraaide spek bo-op. Bedek met die oorblywend­e snye brood met die botterkant­e na bo.

4 Braaibrood­jies is draaibrood­jies. Jy moet braaibrood­jies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaproo­ster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbar­e rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo 5 die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Jy spring weg met warm roereier in die braaibrood­jie; jou kans op sukses is dus goed. Om te keer dat die braaibrood­jies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai.

Sodra die braaibrood­jies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Die regte tyd om dit te eet is onmiddelli­k.

 ??  ?? 1 by. Wanneer dit omtrent reg is, gaan jy dadelik aan met die volgende stap.
1 by. Wanneer dit omtrent reg is, gaan jy dadelik aan met die volgende stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa