Huisgenoot

KLUB-BRAAIBROOD­JIE

-

LEWER 6 BRAAIBROOD­JIES BEREIDING: 30 MIN. BRAAI: 8-10 MIN.

4 hoenderbor­sies braai- of hoenderspe­serye of sout en peper

1 pakkie spek botter of olyfolie

18 snye brood

125 ml (½ k) mayonnaise 1 middelslag-ui, opgekap 3 agurkies, opgekap 1 sopie blatjang

1 sopie matige mosterd 5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) swartpeper 240 g cheddar- of goudakaas, gerasper 2 avokado’s, geskil en fyngedruk

4 tamaties, gesny

Hou ses sosatiepen­ne byderhand.

Geur die hoenderbor­sies met jou gunsteling­braaiof hoenderspe­serye of sommer net sout en peper. Braai die hoenderbor­sies oor warm kole en draai gereeld om tot gaar. Dit sal so 8 min. neem. Terwyl die hoenderbor­sies braai, braai jy ook die spek op die rooster oor dieselfde warm kole. Draai elke repie spek net een keer om. Spek braai baie lekker en raak lieflik bros op ’n braairoost­er.

Botter of olie die 18 snye brood aan die een kant en lê nege van hulle neer op ’n skinkbord met die botterkant na onder.

Sny, kap of skeur die vier gebraaide hoenderbor­sies in stukke en meng met die mayonnaise, ui, agurkies, blatjang, mosterd, sout en peper. Verdeel die hoender-en-mayonnaise­mengsel tussen die nege snye brood op die skinkbord en smeer dit eweredig oor elke sny.

4 Verdeel nou die gebraaide 5 spek en gerasperde kaas eweredig tussen die nege snye met die hoender-en-mayonnaise­mengsel. Volgorde is hier nogal belangrik, want as jy die hoender-en-mayonnaise­mengsel akkuraat aan die een kant gesmeer het en die kaas netjies op die ander kant gepak het, sal dit die braaibrood­jie se struktuur verstewig. Pak nou die ander nege snye brood (met die botterkant na bo) elkeen op ’n maatjie. Plaas die nege broodjies 6 in ’n toeklaproo­ster, braai oor matige kole en draai gereeld om tot die buitekante goudbruin en die binnekante goed warm is en die kaas gesmelt het. Haal van die vuur af en verwyder uit die rooster. Verdeel die helfte van die fyngedrukt­e avokado eweredig en smeer dit op die bokant van drie van die braaibrood­jies, gevolg deur tamatiesky­we. Pak dan nog ’n braaibrood­jie op elkeen en sit die res van die avokadopee­r en tamatie 8 daarop. Laastens sit jy die derde braaibrood­jie bo-op.

Nou behoort jy drie identiese torings te hê. Elke toring behoort ses snye brood in te hê met lekker lagies hoender en mayonnaise, spek, kaas, tamatie en avo tussenin. Steek twee sosatiepen­ne van bo af deur elke toring en sny die torings in die helfte met ’n groot mes.

Sit een sosatiepen­porsie klub-braaibrood­jie per persoon voor.

 ??  ?? 1 2 3 7
1 2 3 7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa