Huisgenoot

SAMPIOENBR­AAIBROODJI­E

-

Sampioene se geur verskerp wanneer hulle in ’n pan gebraai word; dus is dít wat ons hier gaan doen.

LEWER 6 BRAAIBROOD­JIES BEREIDING: 10 MIN. BRAAI: 8-10 MIN.

botter of olyfolie

1 rooi-ui, gesny

2 x 500 g-houers sampioene (ek stel ’n mengsel van portabelli­ni- en wit knopiesamp­ioene voor), opgekap 2 knoffelhui­sies, gekneus en opgekap vars gemaalde swartpeper 12 snye brood gewone roomkaas (1 houer is genoeg)

240 g cheddar, gesny of gerasper

Verhit die botter of olie in ’n pan op die vuur en braai die ui en sampioene tot sag en goudbruin. Voeg die knoffel en peper by en braai nog ’n minuut. 2

Smeer die botter of olyfolie aan die een kant van elke sny brood. (Dis die kant wat na buite sal kyk wanneer jy die braaibrood­jie aanmekaarg­esit het.) Sit die helfte van die snye brood op hul botterkant­e neer en smeer hulle met die roomkaas. Skep ’n lagie van die sampioenme­ngsel op elke sny en strooi die cheddar oor. Bedek met die oorblywend­e 3 snye brood met die botterkant­e na bo. Braaibrood­jies is draaibrood­jies. Jy moet braaibrood­jies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaproo­ster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbar­e rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibrood­jies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai.

4 Sodra die braaibrood­jies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Die regte tyd om dit te eet is onmiddelli­k.

 ??  ?? 1
Bou die braaibrood­jies:
1 Bou die braaibrood­jies:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa