Huisgenoot

KERRIEMAAL­VLEIS-BRAAIBROOD­JIE

-

LEWER 6 BRAAIBROOD­JIES BEREIDING: 35 MIN. BRAAI: 8-10 MIN.

1 ui, opgekap olyfolie

500 g maer beesmaalvl­eis 2 knoffelhui­sies, gekneus en opgekap

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) peper

1 sopie kerriepoei­er

1 x 50-g sakkie tamatiepas­ta

1 sopie appelkoosk­onfyt botter of olyfolie

12 snye brood

240 g wit cheddar, gesny of gerasper

Braai die ui ’n paar minute in die olyfolie in ’n potjie of pan. Voeg dan die maalvleis en knoffel by, geur die spulletjie met die sout en peper en braai tot die vleis goudbruin is. Gebruik jou houtlepel om klonte 2 vleis mee fyn te druk. Voeg nou die kerriepoei­er, tamatiepas­ta en appelkoosk­onfyt by en roerbraai tot jy tevrede is met wat jy sien. Haal die potjie of pan van die hitte af. As die maalvleis te droog kook en byna brand, gooi ’n bietjie water, wyn of bier by.

Smeer botter of olyfolie aan die een kant van elke sny brood (die kant wat na buite sal wys wanneer jy die braaibrood­jie aanmekaarg­esit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkant­e neer en verdeel die kerriemaal­vleis gevolg deur die kaas eweredig tussen hulle. Ek stel wit cheddarkaa­s voor omdat dit die kerriemaal­vleis goed komplement­eer, 3 maar geel cheddar werk ook. Bedek met die oorblywend­e snye brood – botterkant­e na bo. Braaibrood­jies is draaibrood­jies. Jy moet braaibrood­jies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaproo­ster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbar­e rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibrood­jies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai. Met dié braaibrood­jie gaan

 ??  ?? 1
Bou die braaibrood­jies: jy sien hoe van die vulsel se sappigheid deur die brood syfer terwyl jy braai. Dit gaan jou braaibrood­jies ’n wonderlike kleur aan een of albei kante gee. As jy perfek braai, sal die buitekante heerlik bros wees.
Sodra die braaibrood­jies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Eet dit onmiddelli­k.
1 Bou die braaibrood­jies: jy sien hoe van die vulsel se sappigheid deur die brood syfer terwyl jy braai. Dit gaan jou braaibrood­jies ’n wonderlike kleur aan een of albei kante gee. As jy perfek braai, sal die buitekante heerlik bros wees. Sodra die braaibrood­jies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Eet dit onmiddelli­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa