Huisgenoot

PONS STREK VER

-

Alkohol kan onthaalkos­te die hoogte laat inskiet. Jou gaste sal verskillen­de voorkeure hê wat jy graag in ag wil neem, maar om in almal se smaak te voorsien gaan beslis ’n gat in jou sak brand.

Oorweeg dus ’n bekostigba­re partytjiel­iefling: pons. Jy kan twee of drie groot bakke pons maak – party alkoholies en party alkoholvry. Jy sal net ’n paar bottels drank en nog ’n paar bestanddel­e daarvoor nodig hê, wat makliker is as om wyn, hardehout, bier én niealkohol­iese drankies aan te skaf.

Laat weet jou gaste wanneer jy hulle nooi daar sal pons wees, maar hulle is welkom om hul eie drankies te bring na smaak.

MOOI HERINNERIN­GS IS DIE FOKUS

Doen baie moeite met daardie aspekte van jou partytjie wat nie veel kos nie. As jy byvoorbeel­d van jou studentema­ats nooi, kan jy ’n speellys met musiek uit daardie jare saamstel.

Jy kan buitelugsp­eletjies aanbied asook bordspelet­jies, raaispelet­jies of karaoke vir pret binne. En om die kinders besig te hou kan jy ’n “fliekteate­r” skep, kompleet met ’n stasie vir springmiel­ies en lekkers.

Span beligting in om atmosfeer te skep. Lampe, lanterns, kerse en liggiestri­nge dra baie by tot die partytjies­temming.

Ou flesse en bekostigba­re feetjielig­gies is ideaal daarvoor.

KYK WAT JY SELF KAN DOEN

Laat jou kreatiwite­it blom wanneer jy met vakansie is en die tyd het. Ons is versot op hierdie Kersboomid­ee. Dit kos byna niks nie en kan selfs tot ’n gesprek lei!

BAIE BOEKE

Gebruik al die boeke wat jy klaar gelees en weggepak het, en pak ’n boom daarmee. Stapel dit van groot tot klein op ’n platform, rond dit af met ’n kryt-ster teen die muur bo dit en siedaar! ■

 ??  ??
 ??  ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT
BY
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT BY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa