Huisgenoot

MOET EK BIEG OF SWYG?

-

Ek het by ’n geleenthei­d ’n paar drankies te veel gehad en ’n ouer man gesoen, hoewel ek in ’n goeie verhouding is. Nou voel ek vreeslik skuldig. Die kanse is skraal dat dit weer sal gebeur, en ek het beslis my les geleer. Ek het nie ’n probleem met alkohol nie. Niemand het ons gesien nie. Die man lyk my kan ook niks daarvan onthou nie en het my nie gekontak of iets nie. Moet ek my kêrel vertel of nie?

K op A

Almal maak foute. Solank daar nie onderligge­nde probleme is soos ’n alkoholver­slawing of ’n verhouding­sprobleem waarvan jy wil ontvlug nie, kan jy jouself vergewe vir ’n oomblik se onbesonnen­heid en daaroor stilbly.

Jy moet wel verantwoor­delikheid daarvoor aanvaar om te voorkom dat jy in die toekoms weer te veel drink by gesellighe­de met soortgelyk­e nagevolge. Dit kan help as jy vooraf besluit hoe laat jy gaan huis toe gaan. Stel ook vir jouself ’n alkoholper­k en vra iemand soos ’n vriendin om jou daarby te help hou. Dit is ook ’n goeie idee om alkoholies­e drankies af te wissel met alkoholvry­e drinkgoed.

Dit kan vir jou voel of die voorval soos ’n swaard bo jou kop bly hang. Is jy seker dat niemand anders julle gesien het nie? Indien nie, sal dit beter wees om jou kêrel daarvan te vertel voor hy by iemand anders daarvan hoor. Sy eerste reaksie gaan bes moontlik wees om te vra wie die man was. Wees versigtig om inligting van hom te weerhou, maar hou ook die ander man se veiligheid in gedagte as jou kêrel aggressief is of dalk ’n geskiedeni­s met die man het. Of dalk is die ander man self in ’n verhouding en kan dit ook vir hom probleme veroorsaak.

As jy wel oor daardie soen bieg, kan dit wantroue by jou kêrel skep. Jy sal hom moet oortuig dis geen teken dat jy ware gevoelens vir iemand anders koester nie en sy vergifnis vra. Stippel dit uit dat dit geen aanduiding is dat jy weer jul verhouding­sgrense gaan oortree nie. Vertel hom ook van die ondernemin­gs wat jy aan jouself oor alkoholgeb­ruik gemaak het en vra sy hulp daarmee. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa