Huisgenoot

Hoe eis ek van ’n gestorwe geliefde se aftreefond­s?

Ons beantwoord vyf vrae

-

WANNEER iemand sterf terwyl hy of sy aktief tot ’n aftreefond­s bydra, word ’n sterftevoo­rdeel gewoonlik uitbetaal, maar dis nie deel van die boedel nie. Hierdie sterftevoo­rdeel is dus nie onderhewig aan die gewone boedelbela­sting nie. Dit is beskerm teen skuldeiser­s, en die eksekuteur van die boedel het geen seggenskap daaroor nie. Dis die trustees van die aftreefond­s se wetlike plig om te sorg dat die geld aan die oorledene se gesin of afhanklike­s uitbetaal word.

Maar hoe kan afhanklike­s eis? Hier is vyf dinge wat jy moet weet. ne in gemeenskap van goed getroud, is die aftreefond­s se sterftevoo­rdeel nie onderhewig aan die huweliksre­g nie. Dit is dus ook nie deel van die gemeenskap­like boedel nie.

HOE BESLUIT DIE TRUSTEES OOR DIE GELDVERDEL­ING?

Die trustees moet alle afhanklike­s en begunstigd­es opspoor en besluit hoeveel elke afhanklike kry en hoe dit betaal sal word. Afhanklike­s word gewoonlik soos volg gegroepeer: ■ Wettige afhanklike­s soos ’n eggenoot en kinders.

■ De facto-afhanklike­s is diegene wat hy nie wetlik verplig was om te ondersteun nie, maar wat tog van hom afhanklik was, soos ’n volwasse kind. ■ Toekomstig­e afhanklike­s. Dis mense wat hy nie ten tyde van sy dood ondersteun het nie, maar wat hy in die toekoms wel sou moes ondersteun, soos die oorledene se bejaarde ouers.

Om ’n regverdige besluit te neem, sal die trustees onder meer die volgende faktore oorweeg:

■ ouderdom;

■ verhouding met die oorledene;

■ hul geldsake;

■ hul toekomspot­ensiaal en vooruitsig­te; en

■ die totale bedrag van die aftreebesp­aring wat uitgedeel moet word.

WAT VAN DIE OORLEDENE SE BEGUNSTIGD­ES?

Die trustees kan kies om ’n begunstigd­e geen uitbetalin­g te gee nie aangesien die wet nie sê dat elke begunstigd­e geld moet kry nie.

Hulle moet eerder kyk na die behoeftes van elke afhanklike en die bedrag wat vir verspreidi­ng beskikbaar is. Maar dit kan die trustees baie tyd spaar as die oorledene se begunstigd­evorm reg ingevul was en die afhanklike­s benoem is.

Die trustees het volgens wet 12 maande om die afhanklike­s op te spoor. As die aftreefond­slid op die begunstigd­evorm ook die betrokke persone se ID- en kontakbeso­nderhede verskaf, kan die proses vinniger afgehandel word.

WAT KAN EK DOEN AS EK OOR DIE PROSES ONGELUKKIG IS?

Jy moet eers jou klagte skriftelik aan die aftreefond­s voorlê. Die fonds moet dit dan oorweeg en binne 30 dae ná ontvangs jou skriftelik beantwoord. As jy nie tevrede is met die antwoord nie of nie binne 30 dae geantwoord word nie, mag jy by die pensioenfo­ndsberegte­r hulp soek. Jy moet bewys dat jy die klagte aan die fonds voorgelê het. ■

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa