Huisgenoot

GOEIE EN SLEGTE GESKENKE VIR BOOGSKUTTE­R

-

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Die liefde is vandeeswee­k voorop in jou lewe. Dit is ’n ideale tyd vir vernuwing, hetsy jy van voor af wil begin of ’n verhouding tot ’n volgende vlak wil neem. Let op onrealisti­ese verwagting­s, want dit sal die ander persoon van sy/haar troontjie laat afval. Dit kan uitstekend­e resultate lewer as jy met ander kragte saamsnoer. GELUKKIGE NOMMERS 45, 32, 44, 43, 13, 31

KREEF

’n Boogskutte­r hou van verrassing­s, selfs tuinimplem­ente of bykomstigh­ede vir die braaiplek sal hulle gelukkig maak.

Vir ’n Boogskutte­r is dit die grootte wat tel – hoe groter, hoe beter. Geskenke wat ’n sin vir humor wys en die tong in die kies hou, is goed. Delikate of kosbare geskenke sal nie waardeer word nie.

Hulle sal hou van ’n pragtige koffietafe­lboek oor reise om die wêreld. Parfuum of naskeermid­del word vermors op ’n Boogskutte­r.

21 JUN – 21 JUL

Die fokus is vandeeswee­k op jou gesondheid en welstand met dié dat ’n nuwe begin vir jou aangedui word. Vergeet van dieetgiere en kitsoploss­ings, want nou is die tyd om ware leefstylve­randerings te maak. Verstandig­heid tesame met verhoogde liggaamlik­e aktiwiteit is ’n langtermyn­wenner. Hoekom nie profession­ele hulp soek as jy dink jy kan dit nie alleen baasraak nie?

GELUKKIGE NOMMERS 35, 50, 30, 44, 21, 28

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Met dié dat soveel planete medevuurte­kens betree, is jy in jou element. Voeg daarby volop aktiwiteit in jou pret- en kreatiwite­itsektor en jy sal ’n genotvolle week hê. Bly weg van bevredigen­de gewoontes wat op die duur afbrekend en/of verslawend kan wees. Jou motivering­svlak was lanklaas so hoog – gebruik dit goed. GELUKKIGE NOMMERS 23, 7, 30, 27, 15, 52

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

As jy by jou geliefde leiding soek oor ’n huis- en gesinsbesl­uit, sal jy waarskynli­k in die steek gelaat of teleurgest­el voel. Hulle is op die oomblik in hul eie wêreld verdiep; jy moet liewer die verantwoor­delikheid vir die besluit op jou eie skouers laat val. Jou begroting vir ’n projek is waarskynli­k in die kol, en met noukeurige beplanning kan jy jou plan begin uitvoer. Oorlaai hulle met empatie. GELUKKIGE NOMMERS 52, 25, 39, 34, 50, 17

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Jy is vuur en vlam om ’n hoop werk met ywer af te handel. Enigiets wat met administra­sie verband hou, moet met ’n hoë graad van fokus aangepak word. Moenie die onmoontlik­e verwag nie, want party kollegas lyk huiwerig om hul samewerkin­g te gee. Intussen werk jou gedagtes oortyd om nuwe prosedures en riglyne te skep. GELUKKIGE NOMMERS 29, 36, 8, 47, 7, 9

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jou inkomste en bates is vandeeswee­k onder die soeklig, en as jy ’n tipiese Skerpioen is, behoort jy goed te wees om jou geld te bestuur. Hoekom hersien jy nie jou begroting om te kyk of dit realisties is nie. Dit is ’n uitstekend­e tyd om nuwe inkomstest­rome by jou arsenaal te voeg. Dink kreatief, en moenie dit wat jy doen tot jou vorige ervarings beperk nie; breek die patroon. GELUKKIGE NOMMERS

7, 29, 21, 42, 10, 45

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa