Huisgenoot

Aardbewing­s

-

BAIE Kapenaars het in die nagtelike ure van 17 November wakker geskrik toe hulle ’n ligte skudding van hul huise gevoel het. Dit is veroorsaak deur ’n aardbewing onder die see sowat 41 km suid van Saldanha teen die Weskus.

Geen geboue of ander strukture is beskadig nie, en daar is nie ’n tsoenami-waarskuwin­g uitgereik nie. Dr. David Khoza van die Raad vir Geowetensk­ap sê daar is eintlik elke dag ’n hele klompie sulke skuddings, maar ons voel dit nie. “Eers wanneer dit rondom 3 op die skaal meet, kan ons dit voel.”

Die jongste aardbewing naby Saldanha het 3,5 in sterkte gemeet. Kragtige aardbewing­s meet gewoonlik meer as 5 of 6 op die momentmagn­itudeskaal (MMS).

Wat veroorsaak aardbewing­s?

Aardbewing­s kom gewoonlik voor weens ’n verskuiwin­g van tektoniese plate, oftewel die plate wat die aarde se kors vorm. Hulle beweeg baie stadig en skuif oor ’n lang tydperk teen en verby mekaar. Maar soms haak gedeeltes van die rande van die plate teen mekaar vas terwyl die res van die plate aanhou beweeg. Die druk bou stadig op waar die rande vassit, en wanneer die druk groot

Die wêreld se grootste aangeteken­de aardbewing – met ’n omvang van 9,5 – was op 22 Mei 1960 naby Valdivia in die suide van Chili. Volgens skattings deur die Chileense regering is sowat 2 miljoen mense dakloos gelaat nadat duisende geboue vernietig of beskadig is.

genoeg word, skuif die plate skielik weer verby mekaar. Dit veroorsaak dan ’n aardbewing.

Aardbewing­s gebeur dikwels by sogenaamde verskuiwin­gslyne – die plekke waar tektoniese plate bymekaarko­m en teen mekaar skuur. As ’n aardbewing onder die see gebeur, kan dit ’n tsoenami veroorsaak. Die skielike beweging van die rotsplate laat ook die water bo dit beweeg en dit kan dan reusegolwe veroorsaak.

Omdat Suid-Afrika ver van enige groot verskuiwin­gslyne geleë is, is

Hoe word die krag van aardbewing­s gemeet?

Wetenskapl­ikes gebruik ’n skaal wat die momentmagn­itudeskaal of MMS genoem word om die krag van ’n aardbewing te meet. Hulle doen dit deur die grootte van seismiese golwe te meet. Dit is die skokgolwe wat van die plek van die aardbewing deur die grond tot by die oppervlak beweeg. Hoe groter die krag van die aardbewing is, hoe groter is die omvang op die MMS.

Die MMS, wat in die laat 1970’s ontwikkel is, het die Richterska­al toe reeds vervang, maar mense en die media praat steeds gereeld van ’n aardbewing se krag met verwysing na die Richterska­al.

Wetenskapl­ikes het onlangs ’n soort verkleurma­nnetjie in Madagaskar gekry wat 100 jaar laas op dié eiland gesien is. Hulle het ’n hele paar Voeltzkow-verkleurma­nnetjies in die noordweste van die land gekry, en ook vir die eerste keer ooit gesien hoe die wyfie lyk. Hulle vermoed die spesie leef net tydens die reënseisoe­n: Hulle broei uit, groei vinnig, paar, en vrek dan weer binne ’n paar maande.

Die departemen­t landbou in KwaZulu-Natal het bekendgema­ak dat meer as 400 koeie in dié provinsie vanjaar positief getoets is vir brusellose. Dié bakteriële siekte is oordraagba­ar en veroorsaak misgeboort­es van kalfies en ander vrugbaarhe­idsproblem­e by koeie. Mense kan ook die siekte kry as hulle rou of ongepasteu­riseerde suiwelprod­ukte eet. Brusellose kan egter gekeer word as kalfies op tussen vier en agt maande daarteen ingeënt word.

Verskeie sangvoëlsp­esies skop van hul kuikens doelbewus te vroeg uit die nes uit – nog voor hulle kan vlieg. Dis die bevinding van Amerikaans­e navorsers wat 18 sangvoëlsp­esies in dié land ondersoek het. Die ouers gee die kuikens ál minder kos (sodat hulle die nes weens hongerte verlaat) en moedig hulle aan om uit die nes te klim. As daar minder kuikens in die nes is, is die kans beter dat die ouers minstens een van die kroos suksesvol onafhankli­k sal kan grootmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa