Huisgenoot

NUWEJAAR S TRADISIES

Hiep-hiep! Die aanbreek van die nuwe jaar word wêreldwyd op verskillen­de maniere gevier

- Die tweegesigg­od Janus.

Die Suid-Amerikaner­s en Spanjaarde eet om middernag 12 druiwekorr­els.

UISENDE jare lank vier verskillen­de beskawings al die begin van hul nuwe jaar. In ons tyd begin die meeste Nuwejaarsp­artytjies op 31 Desember, oftewel Oujaarsaan­d, en dit hou aan tot die vroeë oggendure van 1 Januarie – Nuwejaarsd­ag. Die meeste tradisies sluit partytjies, spesiale kos en soms vuurwerke in. Mense maak ook Nuwejaarsv­oornemens. Ons leer jou waar die idee van ’n nuwe jaar vandaan kom en watter spesiale tradisies verskillen­de lande in die wêreld het om Nuwejaarsd­ag te vier.

TOENTERTYD

Die vroegste viering van die koms van die nuwe jaar waarvan ons in die annale van die geskiedeni­s bewus is, dateer uit sowat 4 000 jaar gelede uit die tyd van die antieke Babiloniër­s in wat vandag Irak is. Vir hulle het die nuwe jaar begin

’n Man met ’n sjofar in Jerusalem. Dié ramshoring word met die Joodse Nuwejaar geblaas om Jode tot besinning te bring. met die eerste nuwe maan ná die lentenagew­ening – in die Noordelike Halfrond is dit die dag in Maart wanneer die dag en nag ewe lank is. Vir hulle het dit die 11 dae lange godsdiensf­ees Akitu ingelui.

ONS KALENDER

Ons het ons Westerse kalender van die Romeine oorgeërf. Sowat 2 000 jaar gelede het die ou Romeinse kalender, wat te min dae gehad het, ver agter die son geraak. Ten einde die kalender weer in pas met die son te kry, het keiser Julius Caesar in 46 v.C. besluit om die beste sterrekund­iges en wiskundige­s te gebruik om dié probleem op te los. Hy het toe die Juliaanse kalender ingestel wat baie na aan die Gregoriaan­se kalender is wat ons vandag nog gebruik. Die meeste lande in die wêreld gebruik die bygewerkte Gregoriaan­se kalender wat genoem is na pous Gregorius XIII, wat dit reeds in Oktober 1582 ingestel het.

Die Romeinse kalender was so ver agter dat Caesar in die jaar 46 v.C. altesaam

Op Nuwejaarsd­ag eet die mense in die suidelike state van Amerika swartbekbo­ontjies. 90 ekstra dae moes byvoeg om sake in orde te kry. Caesar het bepaal 1 Januarie sal die eerste dag van die jaar wees. Dit was ter ere van Janus, die Romeinse god van onder meer tyd, beginne en eindes en oorgange. Janus het twee gesigte gehad – hy kon dus terug na die verlede en vorentoe na die toekoms kyk. Die Romeine het die Nuwejaarsf­ees gevier deur hul huise met louriertak­ke te versier, vir mekaar geskenke te gee en wilde partytjies te hou.

LAAT WAAI MET LAWAAI

In byna alle lande wêreldwyd gaan die Nuwejaarsv­ierings gepaard met ’n groot geraas. Mense skiet vuurwerke en klappers, en kerkklokke word gelui. Vir Roosj Hasjana (die Joodse Nuwejaar wat gewoonlik in September-Oktober val) word die sjofar (ramshoring) geblaas as ’n wekroep sodat mense hul verkeerde dade kan laat staan. Geraasmake­ry en vuurwerke op Oujaarsaan­d het waarskynli­k hul oorsprong in antieke tye toe mense geglo het geraas en vuur verjaag bose geeste en bring geluk. Die Chinese het vuurwerke uitgevind en gebruik dit tot vandag toe in skouspelag­tige Nuwejaarsd­agvierings. Die ikoniesste Nuwejaarst­radisie in Amerika

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hou hulle veilig binne jou huis as daar vuurwerke naby is.
Hou hulle veilig binne jou huis as daar vuurwerke naby is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa