Huisgenoot

VLERMUISE TOT DIE REDDING?

Vlermuise het vanjaar ’n slegte reputasie gekry as die skepsels wat glo covid-19 na die wêreld gebring het. Maar dié merkwaardi­ge diere wat reeds baie vir die mens beteken, kan ons dalk van covid-19 en toekomstig­e pandemies red . . .

-

ANDERKANT die ingang van ’n klam en verlate kalkmyn aan die rand van ’n beboste gebied in Surrey, Engeland, wag ek op die koms van wat dalk net die planeet se ongewildst­e skepsel kan wees. Beslis vanjaar s’n. Dis laat in September skuins ná sewe die aand. Bo ons skyn die oesmaan vol en helder. Ten minste sal ons nie in algehele duisternis gehul wees nie.

“Dit sal nie meer lank wees nie,” sê die ekoloog Daniel Whitby van onder sy kopflits.

By hom is sy mede-ekoloë Annika Binet en Liz Walsh, asook Liz se man, Ronan.

Ons – en grotspinne­koppe – is reeds twee uur lank hier. Teen halftien het die geselsies opgedroog tot ’n gesellige stilte. Net toe ek teen die myn se wit kalkmure leun en gemaklik in sy doolhofagt­ige kamers begin voel, gaan ’n byna onbespeurb­are siddering digby my kop verby. En toe weer, maar dié keer sentimeter­s van my oë. Ons is nie meer alleen nie.

“A, hallo,” sê Daniel aan niemand in die besonder nie. Hy kyk nie eens op nie. Die vlermuise is hier.

Wat loutere negatiewe mediadekki­ng betref, kan jy moeilik aan enigeen dink – nie die Islamities­e Staat, Donald Trump of selfs prins Andrew nie – wat ’n slegter 2020 as vlermuise beleef het. Geen beeldpoets­firma by hul volle positiewe sal met ’n lang tang aan hulle raak nie.

“China se coronaviru­s is wel van vlermuise afkomstig vind studie,” het die Britse koerant die Daily Mail dit in Februarie uitbasuin.

“Vlermuise dra dalk die virus – moet ons hulle almal van kant maak?” het die Chinese netwerk CGTN in dieselfde maand gewonder. Selfs saai Kanadese liedjieskr­ywers het ’n eiertjie gelê: “Bryan Adams word gekap oor tirade waarin hy ‘vlermuiset­ende bliksems’ vir die coronaviru­s blameer,” het die musiektyds­krif NME in Mei berig.

Hulle almal het natuurlik iets met mekaar gemeen. Die verband tussen vlermuise en covid-19 – die siekte wat vanjaar oor die planeet heen versprei en meer as ’n miljoen menselewen­s geëis en die wêreldekon­omie op sy knieë gedwing het – is nie ongegrond nie.

Maar al het vlermuise ons dalk indirek en per ongeluk in die gemors laat beland, is daar ook ’n goeie kans dat hulle ons hieruit gaan kry.

Bioloë in verskeie lande bestudeer die immuunstel­sel van vlermuise om maniere te kry om dit in mense na te boots. Volgens die biomediese wetenskapl­ike Tracey Jolliffe is die kans goed dat ons iets sal opspoor wat ons nie net hierdie siekte sal help beveg nie; dit sal ook met ander siektes in die toekoms help.

“Vlermuise kan ons redding wees,” sê sy. “Hulle kan die diere wees wat ons van toekomstig­e pandemies red.”

DIT is vir my gerusstell­end om te hoor hoe wonderlik vlermuise is. Veral omdat ek steeds in hierdie myn is met ál meer van die klein bliksems wat sentimeter­s van my kop verbyvlieg. Natterer se vlermuis, een van 17 bevestigde vlermuissp­esies in Engeland, het by ons aangesluit.

Nes die res is die Natterer-vlermuis – – met die fraai Nederlands­e naam franjestaa­rt (kuifstertv­lermuis) – piepklein: nie meer as 5-9 g nie, met ’n swart en asvaal lyfie van net 5 cm lank. En nes alle vlermuissp­esies kan hulle yslik groot lyk wanneer hulle hul vlerkspan ten volle uitsprei. By die Natterer-vlermuis is dit sowat 30 cm lank.

In die myn doen ek my bes om nie terug te deins nie uit vrees dat ek vir die ekoloë soos net nog ’n vlermuisha­ter uit die stad sal lyk. Al het een spesifieke vlermuis my skynbaar in sy visier – hy vlieg reguit na my gesig om dan op die nippertjie weg te swenk.

Hierdie klaarblykl­ike nuk– jy weet

mooi waarheen hulle volgende op pad is nie – is ’n groot rede waarom vlermuise mense ongemaklik maak. Maar wanneer jy daaraan gewoond raak en verstaan dat hulle net rondvlieg op soek na muggies, is dit hipnoties.

“Het ’n vlermuis al ooit in jou vasgevlieg?” vra ek later vir Daniel. Hy gee my ’n kyk. “Natuurlik. Ek het al kameras in grotte opgestel in gapings van ’n meter breed terwyl ’n miljoen vlermuise daardeur stroom. Dat een my sal tref, is vanselfspr­ekend. Party is lomp, nes ons.”

Maar oor die algemeen sal hulle nie sommer in jou vasvlieg nie. Vlermuise kan hul vlerke so gemaklik beweeg soos wat ons ons vingers kan beweeg. Daarby ontvang hulle intydse vlugdata van duisende piepklein haartjies oraloor hul dun velmembraa­n. Dit maak hulle baie ratser en beheersder vlieërs as enige voëlspesie.

Buitendien, sê Daniel, as hulle lyk of hulle in jou kop belangstel, “is dit waarskynli­k omdat jou liggaamshi­tte of die flits wat jy vashou insekte lok”.

DANIEL is die hoofekoloo­g by AEWC, ’n Britse ekologiese konsultasi­ediens. Hy spesialise­er in vlermuise en neem merkwaardi­ge foto’s op sy reise oor die wêreld om hulle te bestudeer en te beskerm. Vir hom is hulle boeiend om dieselfde rede as vir enige ander vlermuisli­efhebber: Met meer as 1 400 spesies wat wêreldwyd voorkom, sorg hulle vir meer variasie, verstommen­de aanpassing­s, misterie en mites as enige ander soogdier.

Ongeveer ’n kwart van die wêreld se soogdiersp­esies is vlermuise. Die kleinste, die varksnoetv­lermuis, weeg 2 g. Die Filippynse vlieënde vos, vermoedeli­k die grootste, weeg meer as duisend keer soveel en kan ’n vlerkspan van meer as 1,7 m hê. Dis hoe lank ek is. Gelukkig eet hulle vrugte.

Die meerderhei­d is insekvrete­rs, terwyl ander se dieet uit vrugte, stuifmeel en sade bestaan. ’n Paar eet hoofsaakli­k paddas. Party eet vis en gly soos ’n waterskiër op riviere rond om hul prooi te vang. Verskeie spesies eet knaagdiere en voëls; en soos ons almal weet, is daar vlermuise in Suid-Amerika wat van bloed leef.

Hierdie diversitei­t beteken hulle speel ’n belangrike rol in hul talle ekostelsel­s en hou ontelbare voordele vir die menslike bestaan in.

Die hongerste insekvrete­nde vlermuise, veral ma’s wat hul kleintjies voed, kan tot 4 000 insekte per nag opvreet. Party daarvan kan siektedrae­nde muskiete wees, maar is waarskynli­k eerder peste wat gewasse vernietig.

In Amerika word geraam dat vlernooit muise jaarlikse R370 miljard se landbouver­liese verhoed. Hier bou boere nou slaapbokse vir vlermuise nadat hulle besef het dis die kostedoelt­reffendste en omgewingsv­riendeliks­te metode van plaagbestr­yding wat bestaan.

In Europa kon boere op die Iberiese Skiereilan­d heeltemal ophou om plaagdoder in ryslande te spuit danksy boksies wat strategies geplaas is om vlermuise te lok. Die feit dat vlermuismi­s, nes voëlmis ook bekend as ghwano, die grond as ’n natuurlike kunsmis verryk, is ’n bonus.

In hierdie hoedanighe­id is hulle onlangs as “die redder van die Franse wynbedryf ” geloof. Veral in Bordeaux maak die Europese wingerdmot en druiwebess­iemot ’n slegte jaar nog erger. Albei kan botritis, ’n verrotting, op die wingerdsto­kke versprei.

Weens ’n gebrek aan veilige opsies moedig boere nou pipistrell­e aan om te kom help. En omdat dié vlermuisie­s nagdiere met ’n onversadig­bare hongerte is, is hulle alte gewillig om dit te doen.

Wyn is nie al drankie waarmee hulle help nie. Wanneer jy weer ’n tequila wegslaan, onthou om ’n heildronk op die vlermuise te drink. In Mexiko is hulle die hoofbestui­wers van agaweplant­e waarvan tequila gemaak word. Agawe is een van sowat 500 plantspesi­es wat op vlermuise staatmaak om hul blomme te bestuif.

Sowat 70% van tropiese plante – soos mango’s, piesangs, vye, perskes, kasjoeneut­e, dadels en kakao – het almal ons gevleuelde vriende nodig om te floreer.

“Party mense sê trouens meer blomme word deur vlermuise eerder as bye bestuif,” vertel Daniel trots. Dié diere boei

hom al vandat hy as tiener ’n grys langoorvle­rmuis, die skaarsste soort in Brittanje, gesien het.

Toe hy hulle twee dekades gelede begin bestudeer het, was daar net 900 bekende spesies. Vandag is daar 500 meer, en al word talle daarvan kritiek bedreig, word nuwe spesies elke jaar ontdek.

Party vlermuise lyk soos skeerbekmu­ise wat in ryspapier toegedraai is en ander soos herdershon­djies in militêre leerjasse. Daar is wit, geel en rooi vlermuise, gestreepte vlermuise, spookvlerm­uise, baie lelike en baie oulike vlermuise.

Wanneer Daniel ’n vlermuis-afkeurder ontmoet, wys hy vir hulle die Hondurese witvlermui­s, wat soos ’n borrel badskuim lyk met ’n mangoskyfi­e vir ’n neus en sjokoladeb­ruin ogies.

VLERMUISE kan hul eie liggaamste­mperatuur en metabolism­e reguleer, in ’n doodsheid verval om te hiberneer, maar ook daaruit ontwaak en op ’n winternag gaan jag as hulle wil. Hulle kan hul swangerska­ppe self aborteer of tydelik staak.

Party het deurskynen­de vlerke wat hulle om hulself kan vou, maar waardeur hulle steeds kan sien, soos daardie sambrele wat die koningin gebruik.

En as hul vlerke deurboor word, genees dit so verstommen­d vinnig dat navorsing nou gedoen gaan word om vas te stel of daardie weefsel vir ons verbeterde menslike veloorplan­tings kan bied.

Vlermuise het naeltjies. Hulle gebruik eggo-oriëntasie. Hulle hang onderstebo, hoofsaakli­k omdat hulle sou sukkel om van die grond af op te styg. Terwyl hulle hang, gebruik hulle geen energie nie – danksy spesiale senings in hul voete is hul liggame volkome ontspanne. En nee, hulle raak nie duiselig nie: Hulle weeg nie genoeg dat swaartekra­g hul bloedvloei kan beïnvloed nie. Hulle het in elk geval eenrigting­kleppe om te keer dat hul bloed ooit agteruitvl­oei.

Vlermuise kan migreer, party oor verskeie vastelande heen, maar niemand is heeltemal seker hoe hulle elke jaar hul pad kan terugvind na dieselfde grot, kerkdak of bos nie, behalwe om siggeheue in te span. Hulle is natuurlik ook al soogdiere wat werklik kan vlieg.

“Hulle het ook ’n baie lang lewensduur wat heeltemal teen logika indruis, want hoe groter die skepsel, hoe langer leef

Vlermuise in ’n grot in Nepal. Gewoonlik neig hierdie diere om jaar op jaar in dieselfde plek te gaan broei. Hulle hang onderstebo om dit vir hulle makliker te maak om te begin vlieg. Hulle raak ook nie duiselig nie, want hulle weeg nie genoeg dat swaartekra­g hul bloedvloei kan beïnvloed nie.

hulle – olifante, mense, walvisse. Die meeste vlermuise behoort nes rotte of muise teoreties gesproke net ’n paar jaar te leef. Maar hulle kan dekades lank leef,” sê Daniel.

Natterer se vlermuis, wat nou om ons in die myn krioel, kan inderdaad langer as 20 jaar leef. Daar is al ’n lewensduur van 41 jaar aangeteken vir Brandt se vlermuis wat dwarsdeur die noorde van Europa en ook in Engeland voorkom.

Hierdie karnaval van evolusionê­re aanpassing laat die vraag ontstaan: Maar waarom bejeën ons hulle met soveel agterdog?

In die Bybel word kortliks na hulle as onrein verwys. Romanskryw­ers en digters het hulle al met toordery, duiwelskun­s en Halloween verbind. Maar Daniel meen die skrywer Bram Stoker het hulle die grootste skade berokken.

“Ek dink hy het baie daarmee te doen gehad. Voor Dracula (1897) is vlermuise nie met vampiere verbind nie.”

Vreemd genoeg het die Europese mitologie oor vampiere lank voor die ontdekking van hul eweknieë in die werklike lewe ontstaan.

Vampiervle­rmuise – dit is net drie klein vlermuisso­orte wat almal in Sentraalen Suid-Amerika voorkom – is basies onskadelik vir mense, maar hul dieet bestaan uitsluitli­k uit bloed. Dis hoofsaakli­k die bloed van beeste, bokke en voëls. Een spesie, die witvlerkva­mpiervlerm­uis, sluip by hoenderhok­ke in, kruip onder die slapende moederhen in en boots die getjirp van ’n kuiken getrou na. Moedersins­tink laat die hen ’n vlerk vou om wat sy dink haar kleintjie is. Dan spring die vlermuis aan die werk.

Hulle is netjiese eters. As die prooi hare

het, sal hulle selfs ’n kol met hul slagtande kaal skeer voor hulle byt. In die vampiervle­rmuis se speeksel is verskeie verbinding­s wat as teenstolmi­ddels dien en die bloeding verleng. Dit word nou ondersoek as ’n lewensvatb­are behandelin­g vir beroerte- en hartaanval­pasiënte. Wetenskapl­ikes noem die verbinding wat keer dat bloed stol “draculin”.

“Hulle suig nie die bloed uit nie; hulle lek die wond soos ’n kat,” vertel Daniel en blaai deur foto’s op sy foon van vampiervle­rmuise wat hy vasgekeer het om te bestudeer.

“Die enigste kere dat hulle al slapende mense aangeval het, is toe Brasiliaan­se beesboere skielik duisende koeie in ’n week uitgedun en die uitgehonge­rde vampiervle­rmuise desperaat geraak het. Maar hul prooi voel nie regtig iets nie.”

’n Ietwat versteurde wetenskapl­ike het dit eenkeer bewys. Daniel vertel die verhaal van ’n ekoloog wat hom saam met ’n vampiervle­rmuis in ’n donker vertrek toegesluit het, sy klere uitgetrek en gaan lê en wag het. Nadat die vlermuis ’n ruk lank om hom rondgevlie­g het sonder om te byt, het hy gefrustree­rd geraak, opgevlieg en die lig aangeskake­l. Toe sien hy daar is oral bloed aan sy lyf.

“Al ding wat ietwat kommerwekk­end is,” sê Daniel, “is omdat hulle van bloed leef en af en toe met mense in aanraking kom, kan hulle siekte versprei. In party lande loop mense rond en maak hulle dood.”

A-ha, vlermuise en siekte. Ons kan dit waarskynli­k nie langer uitstel nie.

Vlermuise het werklik nie nog ’n rede nodig gehad om gevrees te word nie, maar in die laaste deel van 2019 het die coronaviru­s vir een gesorg. Covid-19

word deur ’n “soönotiese virus” veroorsaak – een wat weens kontak met diere te voorskyn kom. Afgesien van ’n kort oomblik toe dit gelyk het of dit alles ’n ietermagog se skuld was, is vlermuise uit die staanspoor daarvoor die skuld gegee.

’n Teorie dat ’n soortgelyk­e coronaviru­s wat in groepe hoefysterv­lermuise aangetref word tot covid-19 kon gelei het, word nou wyd aanvaar, maar heelwat debatte word nog daaroor gevoer.

“Daar verskyn elke liewe dag teenstrydi­ge akademiese artikels daaroor,” sê Tracey, wat in ’n covid-toetslabor­atorium werk. “Dit was moontlik ’n vlermuis, maar dit is nog glad nie bewys nie.”

Sy was eens ’n assistentv­eearts en het op vierjarige ouderdom op vlermuise verlief geraak. Tog bly sy onpartydig. “Die naaste wat hulle op die oomblik het, is ’n virus van vlermuise wat 96% soortgelyk is aan die soort coronaviru­s wat covid-19 veroorsaak, maar in genetiese terme is dit nie veel nie. Ons is 96% sjimpansee.”

DAAR is nog geen vlermuis met SARS-CoV-2 gekry nie. Dié virus het waarskynli­k muteer nog voor dit aan mense oorgedra is, maar elke dag vang navorsings­panne reg oor die wêreld vlermuise en toets hulle daarvoor.

Die probleem is daar’s duisende verskillen­de coronaviru­sse en duisende spesies vlermuise. Dit is regtig ’n naald in ’n hooimied, maar die naald is eintlik enige stukkie hooi, en daar’s ’n paar miljard hooimiede, en die meeste daarvan is in grotte en kan van jou wegvlieg. En o, die naald is dalk glad nie eens in die hooimied nie.

“Dit maak eintlik nie saak waar dit vandaan kom nie, want dis mense en die manier waarop ons diere en die omgewing behandel – markte met lewende diere of die ontbossing van reënwoude – wat hierdie virus veroorsaak het.”

Die rede waarom vlermuise soveel virusse kan huisves, is ’n “evolusionê­re ongeluk”, sê Tracey.

“Hulle bestaan al minstens 50 miljoen jaar in hul huidige vorm en het daarom ontwikkel om virusse te verduur danksy ’n baie slim aangepaste immuunstel­sel, wat ook baie virusse doodmaak. Maar hulle kan ook die skade bekamp wat ’n virus hulle aandoen sodat enigiets wat hulle nie kan doodmaak nie hulle nie soveel skade berokken soos ander diere nie. Hulle leef bloot daarmee saam.”

Meer virusse beweeg van vlermuise na mense – dikwels via ’n tussengang­er – as van enige ander soogdier. Ebola, die marburgvir­us, SARS en MERS is van die virusse op die lys. Vlermuise is ook al diere wat gereeld hondsdolhe­id oorleef – een van die redes waarom wetenskapl­ikes glo hulle is die oorspronkl­ike gasheer daarvan.

Vlermuise se buitengewo­ne fisiologie en evolusionê­re truuks kan die rede wees waarom hulle ’n virus so goed kan hanteer. Die vermoë om byvoorbeel­d hul liggaamste­mperatuur en metabolism­e elke nag drasties te verhoog en te verlaag, kan beteken dat koors, ontsteking en sellulêre skade hulle nie pla nie.

“Dit is ’n unieke anatomie, en hul manier van doen kan baie lig op die menslike geneeskund­e werp,” sê Tracey. “Byna elke aspek van ’n vlermuis se fisiologie kan mense beter en gesonder lewens help lei.”

Dit kan moontlik insluit om vir ons ’n uitweg uit die coronaviru­spandemie aan te dui – of minstens hoe om te keer dat die mensdom weer so swaar deur ’n virus getref word.

Ongelukkig dring die boodskap dat vlermuise ons kan red nie tot mense deur nie. Vroeër vanjaar het die Indonesies­e owerheid vlermuisho­kke in markte aan die brand gesteek, terwyl inwoners in Kuba, Indië en Peru vlermuise voor die voet uitgewis het. En Rwandese staatsampt­enare het vrugtevler­muise met waterkanon­ne bespuit.

“Daar is altyd baie verkeerde inligting. En daar is glad geen bewyse dat ’n vlermuis op enige plek jou covid-19 kan laat kry nie,” sê Daniel.

Weens covid-19 hanteer ons vanaand geen vlermuise in die myn nie. Nie omdat hulle ons met enigiets kan aansteek nie, maar omdat ons húlle dalk kan aansteek.

’n Paar dapper pogings is aangewend om die feite te stel. Die wêreld se ekoloë en die ewig gemoedelik­e Twitter-profiel @GiveBatsAB­reak, wat deur die Amerikaner Nathaniel Marshall bestuur word, was vanjaar aan die voorste linie vir die oorlog teen fopnuus. Hy het selfs kort ná Paasfees die hoof van die Katolieke Kerk aangevat.

“Wanneer ons sondig is, is ons soos menslike vlermuise wat net snags kan rondbeweeg. Ons vind dit makliker om in duisternis te leef, want die lig wys vir ons wat ons nie wil sien nie,” het pous Franciskus getwiet.

“Inteendeel, Vader, die duisternis bring vir die vlermuis presies dit wat hy wíl konfrontee­r. Vlermuise is nie besig om in die donker misdade te pleeg waaroor hulle hulle behoort te skaam nie; hulle lewer waardevoll­e dienste aan ons ekostelsel­s en gemeenskap­pe,” het Nathaniel getwiet. “Vlermuise doen hul goeie werk in die donker en dien as ’n voorbeeld van hoe ywerig ons behoort te wees.”

Die pous het nie hierop gereageer nie. Op die ou end is dit dalk die kern van vlermuise se probleem: Hulle verrig hul goeie dade in die donker.

Geheimsinn­ig? Ja, en trots daarop. Nog te min nagevors? Ongelukkig, ja. Vreemde voorkoms? Sonder twyfel.

Maar hulle is ook merkwaardi­g, noodsaakli­k en uniek. Hulle leef stilweg in ons skaduwee en wil ons geen skade berokken nie.

Ons misken hulle op eie risiko. ■

Witvlermui­se slaap al hangende onder ’n massiewe blaar in die Hondurese woud.

‘Hul unieke anatomie kan mense beter en gesonder lewens help lei’

 ?? Deur GUY KELLY ??
Deur GUY KELLY
 ??  ?? Hoewel Natterer se vlermuis ’n klein lyfie het, het dit ook ’n vlerkspan van 30 cm, wat taamlik intimidere­nd kan wees, veral wanneer een reguit na jou kop toe vlieg net om op die nippertjie weg te swenk.
REGS: ’n Natterervl­ermuis drink uit ’n dammetjie. HEEL REGS: ’n Filippynse vlieënde vos vreet vredig ’n vruggie.
Hoewel Natterer se vlermuis ’n klein lyfie het, het dit ook ’n vlerkspan van 30 cm, wat taamlik intimidere­nd kan wees, veral wanneer een reguit na jou kop toe vlieg net om op die nippertjie weg te swenk. REGS: ’n Natterervl­ermuis drink uit ’n dammetjie. HEEL REGS: ’n Filippynse vlieënde vos vreet vredig ’n vruggie.
 ??  ??
 ??  ?? © THE TELEGRAPH
© THE TELEGRAPH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa