Huisgenoot

Kaalkop-lynregter veroorsaak konsternas­ie

- Joe Biden, Groenland antieke meer onder

Die aangewese Amerikaans­e president, het steeds koning gekraai in Georgia nadat al die stemme in dié staat weer getel is. Die huidige president, Donald Trump, het geweier om Biden se oorwinning in dié staat – en in die verkiesing – te erken en volgehou daar was bedrog met die stemteller­y. Ná die hertelling het Biden steeds sowat 12 800 meer stemme as Trump in die staat gehad. Hy is die eerste Demokratie­se kandidaat wat in dié staat wen sedert Bill Clinton dit in 1996 reggekry het. Daarna het die Republikei­nse kandidate die staat gewen.

Wetenskapl­ikes het die oorblyfsel­s van ’n yslike

ontdek. Die oorblyfsel­s is diep onder die yslaag in die noordweste van die eiland begrawe. Die navorsers skat die meer kan honderddui­sende of selfs miljoene jare oud wees. Die kom waarin die meer was, is vandag bedek met ’n laag los rotse en klippe wat sowat 1,2 km dik is, met ’n laag ys van 1,8 km dik daaroor. Toe daar eeue gelede water in was, was die meer 12 000 km² groot – omtrent twee derdes die grootte van die hele Gauteng!

’n Lynregter met ’n kaalkop het die “slim” kameras by ’n sokkerweds­tryd tussen twee Skotse klubspanne so verwar dat kykers groot dele van die wedstryd misgeloop het. Die Inverness Caledonian Thistle-klub het nie kameramann­e nie, maar gebruik slim tegnologie waardeur die kameras outomaties die sokkerbal volg en so die aksie afneem. Maar die lynregter se kaalgeskee­rde kop het vir die kameras baie soos ’n sokkerbal gelyk – sodat daar vir groot stukke op hom gefokus is en nie op die bal nie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa