Huisgenoot

Angel i que maak oop oor moeilike tyd

Die inperking het die Potgieters hard geslaan, vertel Angelique, maar sáám het hulle baklei om staande te bly

- Deur

OPGEWEKTE kinderlagg­ies weerklink deur die huis toe die voordeur oopbars en drie jong spruite – ’n kannetjie en sy tweelingsu­ssies – die sitkamer binnestorm. Toe die drietjies hul ma, die aktrise Angelique Potgieter, op die sitkamerba­nk sien sit, pyl hulle reguit op haar af. Vir eers is dit verby met die stilte wat oomblikke vroeër hier geheers het.

“Kyk!” roep klein Jacques’ie (4) en skiet rubberpylt­jies van agter die sitkamerba­nk na buite – natuurlik tot die ergernis van sy sussies, wat nou om hul ma se ingryping vra.

Angelique (37) se wenkbroue lig, maar nog voor sy kan inspring om nog pandemoniu­m te keer, spring Olivia en Annabella, die tweejarige tweeling, gelyktydig op haar.

Sy het ’n plan om weer vrede in die Potgieter-huis hier op ’n landgoed in die ooste van Pretoria te bewimpel, sê Angelique dan met ’n knipoog. As ’n ma van drie woelwaters ken sy immers ál die truuks in die boek.

“Liefie, jou kinders!” roep Angelique speels na manlief Jacques (34), die voormalige Springbokf­lank wat ook al in onder meer Japan beroepsrug­by gespeel het.

Dan kom maak die gespierde pa sy kinders soos ’n hoenderhen onder sy vlerke bymekaar en verdwyn na die huis se boonste verdieping – dis badtyd vir hulle. Net Olivia kom teruggedwa­al; sy verkies haar ma se skoot vanaand bo badtyd saam met haar woelige sibbes.

“Ag, jy kan nie altyd wen nie,” sê die aktrise met ’n laggie en plak ’n soen op Olivia se voorkop.

Daar heers al maande lank ’n soort lieflike chaos in die Potgieter-huis, sê Angelique. Maar die eerlike waarheid is dít: Sy is gek oor elke minuut daarvan.

“Hulle is my wêreld,” vertel sy van die drie klein lyfies. Dan kyk sy na Olivia en sê: “Al maak hulle Mamma soms mal, is daar geen ander plek in die ganse heelal waar sy liewer sou wees as net hier saam met hulle nie.”

Maar die Potgieters het ook ’n moeilike paar maande agter die rug, erken Angelique, wat bekend geword het as Clara in 7de Laan en eens ook die aanbieder van Boer soek ’n vrou was. Daar was vanjaar die inperking en die gevolglike skielike verlies aan ’n inkomste; die onsekerhei­d

Angelique gryp nou weer elke nuwe dag met albei hande aan.

‘Ons was nooit gespaar van die stres omdat ons bekend is nie’

oor wat die toekoms inhou. Dis vir húlle dat sy moed gehou het.

“Die pandemie het ons hard geslaan,” sê sy ernstig. “Ons het baie geld verloor en ewe veel onsekerhed­e beleef. Ons was nooit gespaar van die stres wat so ’n pandemie meebring omdat ons bekend is nie. Inteendeel, ons moes hard saam baklei om staande te bly.”

Dit was onafwendba­ar dat hierdie druk sou oorspoel in haar gesinslewe, sê sy dan. “Die antwoord is nee, ons het nie altyd tydens die pandemie bly staan nie. Dit was ontsaglik moeilik; ook op ons huwelik. Jacques is my álles, my sielsgenoo­t, maar ons het hard baklei vir mekaar; vir ons huwelik. Ons het opnuut besef dis ’n doelbewust­e besluit om daar vir mekaar te wees in die mooi, maar ook deur die moeilike tye.”

Maar al was die jaar van die coronaviru­spandemie hul moeilikste nóg, lyk die toekoms reeds weer rooskleuri­g. Jacques draf dalk weer binnekort op die veld uit – hoewel hulle nog nie meer hieroor wil verklap nie – en Angelique het onlangs weer ’n paar oudisies vir televisiep­rogramme afgelê.

En, sê sy eerlik, selfs al talm die onsekerhei­d oor die toekoms dan ook ’n wyle langer hier, klou sy vas aan haar grootste geskenk: haar gesin.

“Weet jy, ek kyk na my kinders en na my man, en ek besef elke dag opnuut: God is goed – altyd. Want selfs in die donkerste tye, selfs wanneer dit vir jou voel asof jy van alles gestroop is, bly daar tog altyd hoop.”

SY KAN kwalik glo hoe onhandig sy was toe sy in 2016 met die geboorte van Jacques’ie die eerste keer ma geword het, vertel Angelique toe ons ons op die leerbanke in die sitkamer van die tweeverdie­pinghuis tuismaak.

Vandag is sy ’n meester in “multitaski­ng”, beweer sy. Met drie besige kinders en haar en Jacques se bedrywige roosters het sy immers geen ander keuse gehad as om voortduren­d twee dinge gelyk te doen nie.

“Ouerskap was nie iets wat vir my natuurlik gekom het nie,” sê Angelique. “Ek en Jacques was albei ons ouers se enigste kinders. Ons het nooit sibbes gehad wat self ouers geword het en by wie ons kon leer nie. Ek gaan vir jou eerlik sê: Dit was maar ’n helse skok vir my stelsel.”

Gelukkig was Angelique se ma, Lynette Stemmet, daar om raad uit te deel. En natuurlik ook om ’n handjie by te sit nadat Olivia en Annabella in Februarie 2018 gebore is.

“Ek sal nooit vergeet hoe onseker en bang ek aan die begin was nie. My ma het in daardie tyd die mooiste raad met my gedeel. Sy het gesê jou kinders wil net liefde hê. Hulle is nie gepla oor duur klere, ’n grênd huis of duisende speelgoed nie. Hulle soek net jou tyd en liefde. Soveel jare later is dit steeds my mantra. Ek wil self my kinders in die bed sit en vir hulle Bybel lees; ek wil hier wees vir al die groot oomblikke van hul jong lewetjies.”

Maar dit beteken nie sy raak nie soms moedeloos nie, keer Angelique. Inteendeel, die inperking was vir haar, nes vir soveel ander ouers, ook net-net te lank.

“My kinders was ’n halfjaar lank by die huis,” sê sy en rek haar oë so groot soos pierings.

“Aan die begin was dit fantasties, maar

later wou ek my hare uit my kop trek. Trouens, ek het nuwe respek vir onnies gekry toe ek skielik ook die juffrou in die huis word. En laat ek vir jou sê: Ná die 20ste keer wat ek vir klein Jacques die onderskeid tussen rooi en geel moes tref, het ek gedink ek gaan ’n aar in my kop bars.”

Angelique lag hardop. Dan sê sy: “Sê darem tog net dis ’n ou grappie; my kinders bly steeds my alles. Maar hemel, hulle kan my moeg maak!”

Dit was ’n jaar vol lesse, vertel Angelique. “Hulle sê mos dis die moeilike tye wat karakter vorm. En dit is so; ek het dit vanjaar eerstehand­s beleef. Ek het geleer om myself nie so ernstig op te neem nie; ek het geleer ek kan met veel minder klaarkom as wat ek gedink het nodig is. Selfs my vriendekri­ng is ná die pandemie kleiner. Kwaliteit bo kwantiteit is nou vir my belangrike­r as ooit.”

Sy dink ’n oomblik na en sê dan: “Die eerlike waarheid is dat alles nou minder en kleiner is as tevore.”

Alles?

Sy huiwer eers. “Die prentjie wat mense van buite sien, is nie altyd die geheelbeel­d nie,” sê sy dan. “Dis so maklik vir buitestand­ers om na ons lewe te kyk – of na die dinge in die sosiale media wat hulle dink ons lewe versinnebe­eld – en te dink alles gaan altyd net met ons goed; dat ons geen sorge of vrese het nie.”

Maar die werklikhei­d is dat dié moeilike jaar haar en haar man opnuut daarvan bewus gemaak het van hoe feilbaar die lewe soms kan wees.

Nee, sy wil nie praat oor haar en Jacques se finansiële besluite wat ook vroeër vanjaar in die nuus was nie. Die besonderhe­de van hul geldsake is privaat, sê sy.

“Maar ek wil tog vir mense sê: Dis nie altyd maanskyn en rose nie, al lyk dit so van buite. Ek is ook net ’n ma; ek en Jacques ervaar soms die druk wat ander paartjies ervaar; by ons is daar ook vrese of kommer oor geld en die alledaagse dinge wat ouers laat wakker lê.”

Toe die inperking ook vir Suid-Afrika aangekondi­g is, kon sy en Jacques nes miljoene ouers wêreldwyd nie meer ’n inkomste verdien nie. Van haar vol dagboek het net leë bladsye oorgebly en groot sportbyeen­komste is verbied.

Al wat hulle gehad het, sê Angelique, was hul geloof.

“Daar was nagte waarin ek by die Here gehuil het. Trouens, daar was ’n tyd dat

Angelique sê die onsekerhei­d het aan hulle geknaag toe nie sy of haar man tydens die inperking ’n inkomste kon verdien nie.

ek so kwaad en verbitterd was dat ek nie eens kon bid nie. En dis nodig om hierdie dinge te sê; dis nodig om vir mense te wys alles is nie altyd maklik nie. Ek was lank kwaad en het verwyt in my hart rondgedra. Ek wou weet hoekom daar skielik soveel onsekerhei­d is; ek het gebid dat ons daardeur sou kon kom,” vertel sy.

“As die man van die huis was Jacques onder baie druk, en dit het na ons huwelik oorgespoel. Soms het dit gevoel of die druk vanuit alle oorde kom, maar jy kan niks daaraan doen nie, behalwe om te glo. Die ergste was om die impak daarvan op ons kinders te sien, veral op Jacques’ie. Hy is so sensitief en baie ingestel op emosies, hy en sy sussies woon tog onder dieselfde dak as ons; hulle beleef elke oomblik wat ons ook beleef, die goed én ook die sleg.”

Al stem sy en Jacques nie altyd saam nie, bly hulle vir mekaar die middelpunt waarom hul lewe draai.

“Mense wat maak asof ’n huwelik net mooi en maklik is, praat absolute bog,” sê sy. “Jacques is steeds my sprokie; ons is steeds ontsaglik lief vir mekaar, maar dis ’n huwelik: Jy moet jou vuiste stukkend baklei om dit te laat werk. Want die oomblik wanneer jy terugstaan, die oomblik wanneer jy moed opgee, dis wanneer huwelike nie werk nie.”

Sy en Jacques moes ’n doelbewust­e besluit neem om positief te bly.

“Toe ek en Jacques net begin uitgaan het, het ons vir mekaar gesê ons wil altyd bewus wees van die woorde wat uit ons mond kom – dit was vir ons die belangrik

ste. Nou herinner hy my kort-kort daaraan,” vertel sy met ’n knipoog.

Maar dan, ernstiger, sê sy: “Die waarheid is dat kinders aanvoel wanneer alles nie oukei is nie. Ons moes leer daar is ’n tyd en plek om oor dinge te praat, nie in die hier en die nou soos ek altyd wil nie.

“Dit was moeilik, want ons het swaargekry as ’n gesin. En ja, daar was tye dat dit gevoel het ek hou aan bid en God hoor my nie. Maar nou, maande later, kyk ek terug op ons pad en ek weet: God het na elke woord geluister en Hy het ingetree toe die tyd reg was.”

TERWYL dit lyk asof die lewe weer terugkeer na soos hulle dit geken het, gryp Angelique ook nou weer een van die grootste vreugdes in haar lewe aan: om te oefen. Kyk jy na haar vietse lyf, kan jy kwalik glo sy is ’n ma van drie.

“Ag jissie, ek bloos sommer,” sê sy wanneer ’n mens haar kompliment­eer oor haar figuur.

Sy is “mal” oor oefening, verduideli­k die aktrise. Sy is minstens vier dae van die week in die gimnasium.

“Ek doen net oefeninge met ’n hoë intensitei­t,” vertel sy. “Ek sê gereeld vir Wessel Koekemoer, my persoonlik­e afrigter, ek wil niks doen wat nie my hart laat bokspring nie. Ek wil ná die tyd amper dood neerval. Dis waarna ek die meeste verlang het tydens die inperking.”

Sy volg ook ’n veganistie­se dieet. Maar ná die geboorte van Annabella en Olivia het dit vir haar ál moeiliker geword om van diereprodu­kte weg te bly.

“Toe Jacques’ie gebore is, het ek nie my mond aan enige dierproduk­te gesit nie, nie eens malvalekke­rs nie, want dit bevat gelatien,” vertel sy. “Ek het elke etiket van elke produk gelees. Maar nou is ek nie meer so streng nie. Ek eet dalk hier en daar iets waaraan ek nie voorheen sou raak nie, maar ek probeer steeds doelbewus om veganistie­s te leef.”

Wanneer sy gesond “van binne en buite” is, verduideli­k Angelique, is dit asof sy ’n beter ma vir haar drie kinders kan wees. “As ’n ma stel ek ongeloofli­k hoë standaarde en eise aan myself. Is dit nie alle ma’s se probleem nie? Ons almal wil die perfekte ouer wees; tog weet niemand hoe so ’n ma of pa sou lyk nie. Niemand is tog perfek nie. Maar vir my gaan dit oor meer as net dit: Ek wil ook so lank moontlik gesond wees. Dis belangrik vir my om dinge saam met my kinders te kan doen. En hulle is besig, so ek moet fiks wees.”

Al wil sy graag weer as aktrise of televisiea­anbieder werk, weet sy nie of sy gereed is om haar kinders al vir lang tye agter te laat nie. Angelique het pas die rol van Natasha Taylor in die SABC1-reeks Family Secrets vertolk, maar die verfilming

LINKS: Van links is Jacques, Annabella, Jacques jr., Olivia en Angelique. ONDER: Al maak haar kroos haar soms moedeloos, wil sy op “geen ander plek” wees as by hulle nie, sê Angelique. LINKS HEEL ONDER: Jacques en Annabella deel ’n spesiale oomblik. daarvan het twee maande geduur.

“Ek wil amper vir myself vra: Is dit die moeite werd om my weer in die bedryf te werp en so lank, soms maande lank, van die huis af weg te wees? As jy my vroeër in my lewe gevra het, sou my antwoord ja wees.”

En vandag? “Nee,” sê sy sonder om te huiwer. “Ek het baie planne, maar ek laat dit alles in die Here se hande om te besluit watter paaie Hy vorentoe vir my kies. Ek bid daaroor, want God weet wat die beste vir ons gesin is.

“Moet my nie verkeerd verstaan nie: Ek wil werk, maar my prioriteit is nou my gesin. Ek wil nooit weer leef om te werk nie, en ek wil nooit weer in daardie konstante gejaag van die lewe vasgevang wees nie; dan gaan die lewe jou verby.”

Vir eers, sê Angelique, bly haar gesin haar belangriks­te fokus. En nee, daar sal nie ’n baba nommer vier by die Potgieterh­uis aansluit nie.

“Kom ek sê vir jou so: Die Here was vir my goed, maar hierdie viertjies – dis nou Jacques ingesluit – toets my reeds genoeg.

“Daar’s ’n streep in die sand getrek. Dis net ons vyf teen die wêreld – en nie nog een meer nie. My hart loop reeds oor.” ■

 ??  ?? Dit was ’n moeilike jaar vir haar en Jacques, sê die aktrise en TV-aanbieder Angelique Potgieter, maar sy het waardevoll­e lesse geleer.
CYRIL BLACKBURN
Foto’s: LUBABALO LESOLLE
Dit was ’n moeilike jaar vir haar en Jacques, sê die aktrise en TV-aanbieder Angelique Potgieter, maar sy het waardevoll­e lesse geleer. CYRIL BLACKBURN Foto’s: LUBABALO LESOLLE
 ??  ??
 ??  ?? Caption: 2pt inset. Ebis conserio comnima ionseque nihilit ationsendi omnis qui dio. Iction con commod quiatur, sam ipiscitio essi aut volorum facepellab­o. iatur, sam ipiscitio essi aut volorum facepellab­o.
Caption: 2pt inset. Ebis conserio comnima ionseque nihilit ationsendi omnis qui dio. Iction con commod quiatur, sam ipiscitio essi aut volorum facepellab­o. iatur, sam ipiscitio essi aut volorum facepellab­o.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa