Huisgenoot

Sirkusarti­es vertel van ekstase in lug

HIERDIE LEWE GEWONE MENSE IN HUL EIE WOORDE In ons reeks Hierdie Lewe, waarin gewone mense ’n stukkie van hulle lewe deel, vertel ’n sirkusarti­es van die ekstase wat sy ervaar terwyl sy deur die lug vlieg

- JODY-LYNN TAYLOR

EK HET as kind nooit groot drome gehad van vlieg nie. Ek is met breinskade gebore. My grootbrein en kleinbrein sukkel om met mekaar te kommunikee­r. Balans, hand- en oogkoördin­asie, bewegingsk­oördinasie soos loop of skryf of hardloop, of om te balanseer of net om vleis met ’n mes te sny, was vir my amper onmoontlik. Bewegings wat vir ander mense natuurlik gebeur, moes ek aanleer – stap vir stap.

Al wat ek wou doen toe ek jonger was, was om eksamen te skryf sonder om ekstra tyd te vra, my eie vleis te sny, te hard

Soos vertel aan loop sonder om oor my eie voete te val. Net die idee om ’n normale kind te wees, was soos ’n droom. Om nie awkward te wees nie was my mikpunt. Om in te pas en nie uit te staan nie.

Maar omdat ek moes leer om selfs die eenvoudigs­te dinge te doen en die proses moeilik en lank was, het ek ook geleer dat as ek bereid is om hard te werk, niks buite my bereik is nie. Die limitation­s is in my kop. Alles kan geleer word solank as wat jy nie opgee nie. Daardie les het my lifescript geword.

As kind was ons net een keer by die sirkus. Om ’n show-persoon en deel van ’n sirkus te wees was iets waaraan ek eers baie laat in my lewe begin dink het.

Ek het in my vroeë 20’s besef dat hierdie lyf eintlik ’n geskenk is. Dat my “anders wees” ’n seëning is.

Waar my liggaam voorheen vir my ’n trap was wat my teruggehou het, het ek besef ek het hierdie lyf en ek kan loop nadat daar vir my gesê is ek kan nie. Ek het toe alles begin doen wat ek kan.

Ek het al geskydive, gebungee jump, die hoogste commercial abseiling gedoen in die wêreld en ek het al my tweede geelbelt in kickboxing.

My prokureur-man, Du Toit, sê altyd ek is die petrol en hy is die briek. Ek sal sê, kom ons doen dit of dat, dan sal hy sê, wag ’n bietjie, kom ons dink nou mooi daaroor. Ons is 15 jaar getroud. Ons het besluit om nie kinders te hê nie en net vir onsself te leef.

Ek dink die wil om ’n circus-aerialist te word, kom van hierdie gevoel wat ek het om letterlik voluit te leef. Ek het geweet hoe dit voel om in ’n hoekie te sit en bang te wees om iets te doen.

Eendag het ek by ’n aerial skool, wat intussen toegemaak het, opgedaag. ’n Aerial skool is ’n sirkusskoo­l wat spesialise­er in lugkunste soos om toertjies in die lug te doen. Ek was 35 en het geweet dit gaan nie maklik wees nie, maar ek boek toe ’n maand se klasse vooruit.

Ek is opgelei in aerial hoop, wat lyk soos ’n staalhoepe­l waarmee mens toertjies doen, en aerial silks. My man spot altyd dis toertjies op gordyne. Ek doen ook toertjies op ’n sweefstok en op ’n tou wat soos ’n swaai is. Normaalweg is mens so vyf meter van die grond af.

Daar is baie stigmas oor om ’n lugkunsten­aar te wees. Ek het 100 keer nee gekry voor ek eindelik ’n ja gekry het. Mense het altyd gesê ek is te groot, te vet of te oud, maar ek was te hardekwas om na enigiemand te luister.

Twee maande ná ek my kursus in 2018 by die aerial skool voltooi het, het die sirkus in Krugersdor­p oopgemaak. Ek het vir hulle gesê ek wil net in hulle tent oefen.

Ná ’n paar dae het hulle na my vordering gekyk en gesê kom perform vir ons vir die week. Sirkusse hou daarvan om as hulle op ’n dorpie kom, te vra of daar ’n aerialist is wat vir hulle kan perform vir blootstell­ing. Ek het toe perform en ’n maand later het die sirkuseien­aar my gekontak en gesê hulle het iemand vir twee weke in Kaapstad nodig. So het my werk by die sirkus begin.

Deur die lug vlieg, is vryheid. Jy kan nie help om te glimlag nie. Dit voel asof ek doen waarvoor ek gemaak is.

My fokus is so skerp. Niks anders behalwe die swaai, die wind en ek bestaan vir daardie oomblik nie.

Die eerste keer was ek bang. Dit vat bietjie tyd om verby die vrees te kom. Nou nog, wanneer ek die tou klim tot by die swaai, is daar vlinders in my maag. Ek het nog nooit hoogtevree­s gehad nie; inteendeel, ek hou van hoogtes. Maar tog het mens altyd ’n vrees. Ek probeer altyd om te bid en te mediteer voordat ek perform. Dit help om te fokus op wat jy doen en nie jou vrees nie. Maar ek is altyd voor ek swaai angstig dat ek die swaai mis vang of verkeerd om my bind. Ek kan nie regtig sê ek is bang om te val nie, omdat ek altyd ’n safety line gebruik.

Die mense onder jou is verskillen­d. Sommiges kan nie kyk nie. Ander juig en gaan mal. Wanneer jy bo kom, is daar altyd ’n mengsel van verligting en ongeloof op hulle gesigte. Dis lekker om hulle te hoor wanneer jy daar bo is. Ek het altyd voor ek begin swaai het, vir hulle gewaai. Dit is ongeloofli­k om te sien hoe hulle terugwaai. Dis so ’n spesiale konneksie.

In ’n stadium as jy swaai om daai tricks te doen, moet jy die kans vat om uit te spring. Ek het ’n trick wat ek doen waar ek amper uit die swaai bungee jump, dan is die swaai om my enkels. Om aan die ander kant weer op te kom is nogal ’n storie.

Om daar op te spring het my seker drie weke gevat, want ek het elke keer uitgechick­en.

Dis die moegste, mees vervullend­e gevoel ooit. Jy is natgesweet, uitasem en uitgebrand, maar in die hemel.

Daar was al baie trial en error. Ek het gereeld bloukolle en brandplekk­e aan my lyf. Ek het al ’n slegte val op my nek gehad, gelukkig op ’n mat, en my niere was al ’n paar keer gekneus. Maar omdat ek so pedanties is oor veilig werk, is die ergste wat ek al ooit beseer was, ’n geskeurde ligament in my regterknie.

Ek het in Februarie laas getoer. Voor die inperking het ons deur Gauteng getoer. Ek het so een keer ’n week huis toe gekom.

Ná twee maande het ek en my man besef covid-19 gaan nie weggaan nie. Ons het toe vir my ’n swaai by die huis gebou. Die swaai is sewe meter hoog en ek swaai tussen vyf en agt ure per week. Voor ek die swaai gebou het, was ek vreeslik gefrustree­rd. En die verlange was groot. Ek was so bang dat ek als wat ek geleer het sou vergeet en die gevoel van euforie só verloor.

Ek beplan om in Desember weer te begin toer. Tot dan hou ek maar onbeplande mini shows vir vriende en die bure wanneer ek oefen.

Om deur die lug te vlieg is die moeilikste ding om te doen, maar die wonderliks­te gevoel om te hê. ■

‘Jy is natgesweet, uitasem en uitgebrand, maar in die hemel’

 ??  ?? HOOFFOTO: Nadia TaljaardNi­lsen het op die ouderdom van 35 by die sirkusskoo­l aangesluit. REGS: By haar man, Du Toit Nilsen.
HOOFFOTO: Nadia TaljaardNi­lsen het op die ouderdom van 35 by die sirkusskoo­l aangesluit. REGS: By haar man, Du Toit Nilsen.
 ??  ?? NADIA TALJAARD-NILSEN (40), SIRKUS-LUGKUNSTEN­AAR
NADIA TALJAARD-NILSEN (40), SIRKUS-LUGKUNSTEN­AAR
 ??  ?? LINKS: Hulle het vir haar ’n swaai in hulle agterplaas gebou. ONDER: Nadia oefen vroeër vanjaar vir ’n optrede by die sirkus.
LINKS: Hulle het vir haar ’n swaai in hulle agterplaas gebou. ONDER: Nadia oefen vroeër vanjaar vir ’n optrede by die sirkus.
 ??  ?? BO: In die inperking het sy vyf tot agt uur per week geswaai. ONDER: Sy voer ’n toertjie uit op ’n staalhoepe­l in Mosambiek in 2018.
BO: In die inperking het sy vyf tot agt uur per week geswaai. ONDER: Sy voer ’n toertjie uit op ’n staalhoepe­l in Mosambiek in 2018.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa