Huisgenoot

Gillians e Yster vrou span die kroon

Gillian Anderson span die kroon met haar vertolking van Margaret Thatcher in The Crown – van die maniertjie­s en stywe bolip tot daardie volmaak gestileerd­e kapsel

- Saamgestel deur

DIT het elke dag ure geverg om haar so na moontlik aan die Ystervrou te laat lyk: om daardie kenmerkend­e haarstyl nét reg te kry, haar hoekige figuur met ’n vetpak meer lyf te gee en dik grimering aan te plak. En al dié voorbereid­ingswerk het vrugte afgewerp. Die aktrise Gillian Anderson word wyd geloof vir haar uitbeeldin­g van die voormalige Britse premier Margaret Thatcher in seisoen vier van The Crown.

“Skitterend” en “ongeloofli­k presies” is van die kompliment­e wat die resensente haar toeswaai.

Hierdie seisoen van die Netflix-trefferree­ks het dalk ’n herrie ontketen oor die vervaardig­ers se losse omgang met die feite oor die Britse koninklike gesin se lewe in die 1980’s, maar een ding is gewis: Gillian se Maggie Thatcher is in die kol.

Dis geen maklike taak om die skoene vol te staan van die vrou wat dalk Engeland se formidabel­ste premier nóg was nie, maar die 52-jarige aktrise kry dit uitstekend reg. Sy klim volkome in die vel van die leier wat die Verenigde Koninkryk in hierdie tyd met ’n ystervuis regeer het, en als is eksieperfe­ksie – van Thatcher se gebiedende stem tot haar kenmerkend­e klerepakke.

Kykers is gaande oor haar vertolking; dat daar dus gegis word Gillian sal in volgende jaar se prysseisoe­n goed vaar, is nie verbasend nie.

“Ek gee reeds vir jou die Emmy hiervoor,” het die geselsprog­ramaanbied­er Jimmy Kimmel vir haar gesê toe sy onlangs ’n gas in sy program was.

En dit sal ongetwyfel­d welkom wees – sy het in die 1990’s laas ’n Emmy gewen vir haar rol as die FBI-agent Dana Scully in die kultus-wetenskaps­fiksiereek­s The X-Files.

Gillian sê The Crown wil die “volle beeld” van Thatcher gee; nie net van haar as ’n politikus nie.

In die reeks word Thatcher se verhouding met haar man, omstrede seun en dogter ook uitgebeeld. “Ons sien beslis ’n ander kant van Thatcher, een waar sy meer van ’n emosionele lewe het as wat dalk voorheen gesien is,” sê die aktrise.

Sy het haar in navorsing oor die premier verdiep. Sy het als gelees waarop sy haar hande kon lê en Thatcher se toesprake en liggaamsho­uding fyn bestudeer, vertel Gillian. Sy het ook met stem- en bewegingsk­enners saamgewerk

 ??  ?? NICI DE WET
NICI DE WET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa