Huisgenoot

KOLLIG & TV Ons leer ken die TV-sjef Yolani Abrahams

Die TV-sjef maak ’n draai in VIA se nuwe feestydree­ks My Kersfeesko­mbuis

- Deur ROXANNE MOONEYS

In die reeks My Kersfeesko­mbuis kan kykers sien wat in die kombuis van party van Suid-Afrika se topsjefs prut. Wat is op die spyskaart? Kerskos, natuurlik! Ons loer in by Yolani Abrahams (28), wat die aanbieder is van SABC2 se Spyskaart.

Wat kan ons van die reeks verwag? Ek en ander plaaslike sjefs gesels oor ons familie se Kersgeregt­e. Ons deel herinnerin­gs oor Kersfees en hoe ons dit vier.

Wanneer het jou liefde vir kook begin? Dit het in my ouma Sarah en my ma, Maggie, se kombuise op Ceres begin. Ek het altyd na my ma se resepteboe­k gekyk en die dinge probeer maak waarvan die prentjies vir my lekker gelyk het. Ek het skuimpies en wafels gemaak, en dit het eintlik maar misluk. Maar my ma- en ouma-hulle het saam daaraan geëet.

Hoe was jou grootwordj­are?

Ek is my ma en pa, Trevor, se laatlam. Ek het drie ouer broers, Ethan, Leolan en Blaine. Op skool was ek gehoorsaam, in die leerlingra­ad, en ek was baie by kunsen kultuurakt­iwiteite betrokke.

Hoe het jy in die TV-bedryf beland? Ek het ’n diploma in kulinêre kuns aan The Private Hotel School buite Stellenbos­ch ontvang. Nadat ek in 2017 Sarie se voorbladge­sigkompeti­sie gewen het, is ek gevra of ek ’n video wil instuur as oudisie vir aanbieder van Spyskaart. Daarin het ek oor my liefde vir kos gesels. Toe hoor ek later ek het die werk gekry.

Waar vier jy vanjaar Kersfees?

Op ons plaas, Berbershoe­k, naby Wolseley in die Wes-Kaap. Kleintyd het ons altyd Kersfees in my ouma se huis op Ceres gevier, maar nadat sy oorlede is, het elke gesin dit maar op hul eie begin vier.

Die episode van My Kersfeesko­mbuis waarin ek verskyn, het almal weer saamgebrin­g. Dit was byna soos ’n reünie en ons kon almal saam op die plaas eet.

Wat is vanjaar op jou Kersspyska­art?

Vir hoofgereg is dit groenboont­jiebredie. Vir voorgereg maak ons my tannie Olivia se mosselgere­g. Toe ek klein was, het almal by haar huis op Vredenburg bymekaarge­kom en sy het dit voorgesit. Daarna het dit ’n Kersdag-instelling geword.

Het jy enige Kerstradis­ies?

Ek sal waarskynli­k my eie tradisies begin wanneer ek en my verloofde, Anwar Abdullatti­ef, getroud is en ons ons eie huis het. Anwar is Moslem; ons leer nog baie van mekaar se geloof. Dit gaan interessan­t wees omdat ons natuurlik die feesdae van albei godsdienst­e sal vier.

Ons sien daarna uit om volgende jaar, hopelik in Oktober, troue te kan hou.

 ??  ??
 ??  ?? My Kersfeesko­mbuis is Vrydae om 17:00 op VIA te sien.
My Kersfeesko­mbuis is Vrydae om 17:00 op VIA te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa