Huisgenoot

Boeke: Ligte leesstof vir die vakansieko­ffer

Ligte leesstof vir die vakansieko­ffer

- Deur ELNA VAN DER MERWE

LIRA, MIRRE, CORALI

Deur CHANETTE PAUL (Lapa, R315* elk)

“Ná so ’n katastrofi­ese jaar moet ’n mens net kan ontspan en in ’n storie wegraak. Vergeet pandemies en inperkings, misdaad, korrupsie en al die politieker­y hier en elders,” verduideli­k Chanette Paul waarom ’n mens met haar trilogie kan gaan vakansie hou. “Ek dink Lira, Mirre en Corali – die Vywervroue – bied daardie ontvlugtin­g vir die leser, vat haar na ’n plek waar die werklikhei­d vervaag, en die storiewêre­ld haar meesleur. Lees is immers ’n vakansie op sigself.”

Al drie boeke was in die eerste 27 weke van 2020 onder die 20 beste verkopers in Afrikaans, met Corali heel boaan die lys.

Chanette kies moeilik haar gunsteling­karakters in die trilogie.

“Ek is vir al die hoofkarakt­ers so lief soos ’n hondjie vir sy stert – elkeen op ’n ander manier. Dit gebeur dikwels ook dat ’n randkarakt­er ’n gunsteling raak terwyl ek skryf, soos in dié geval Beulah. Ek is mal oor haar. En natuurlik ook oor Marilyn, Fynn se ma. En Thomas se ma, Eugenie, ook. Ek het selfs ’n sagte plekkie vir Alet wat eintlik ’n pes van ’n mens is. En ek wens Boeta was my broer.”

In elk van die drie boeke kry een van die vroue wat ’n mens reeds ken ’n kans om die hoofkarakt­er te word. Chanette vertel van hul sterk en swak punte:

“Lira is ’n eenkantmen­s. Sy is geneig om meer

te gee as wat sy terugverwa­g. Dis dikwels ’n goeie eienskap, maar sy moet leer om ook vir haarself op te staan en meer vertroue in haar vermoëns te kry – as kunstenaar, as mens en veral as vrou. Sy maak ’n dapper sprong deur beheer oor haar eie lewe te neem, en van daar af word dit ’n helingspro­ses.

“Mirre is ’n omgeemens. Sy het baie mededoë, en is van nature ’n versorger. Ongelukkig het sy nie dieselfde empatie met haarself nie. Sy laat toe dat mense haar oorheers en misbruik, en dis presies wat haar man doen. Maar toe misbruik in fisieke mishandeli­ng oorgaan, besef sy sy moet haarself red. Dis vir haar moeilik, juis omdat sy haar so goed in ander se ellende kan indink.

“Corali is kreatief en impulsief. Sy benodig ’n groot persoonlik­e ruimte – fisiek en andersins – en voel gou ingeperk. Ten spyte van haar sterk persoonlik­heid is sy bewus van haar tekortkomi­ngs. Sy sien haarself as selfgesent­reer, maar onderskat die betekenisv­olle rol wat sy in ander se lewe speel. Ook sy moet leer om haarself te aanvaar nes sy is.”

 ??  ??
 ??  ?? Chanette Paul
Chanette Paul

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa