Huisgenoot

Joernalis vertel van haar hartsvrien­din, die veroordeel­de Charmaine Phillips

Die voormalige Huisgenoot-joernalis Terésa Coetzee vertel van die pad van vriendskap wat sy al die afgelope 16 jaar met die veroordeel­de en toe vrygelate Charmaine Phillips stap

-

DIT is al meer as 16 jaar vandat die veroordeel­de moordenaar Charmaine Phillips by die tronkdeure van die Kroonstad-gevangenis uitgestap het. Sedertdien het baie dinge verander in die lewe van die vrou wat in die 1980’s saam met haar kêrel, Pieter Grundlingh, berug geword het as Suid-Afrika se Bonnie en Clyde nadat hulle aan vier moorde skuldig bevind is.

Pieter het die doodstraf gekry, maar Charmaine het haar tronkstraf uitgedien en haar lewe omgekeer.

In die tronk het sy besluit die dag wanneer die tronkdeure agter haar toeslaan, stap sy ’n eerbare mens daar uit – ’n mens wat vir haarself ’n lewe sal kan maak.

Sy het haar eersteling in haar lewe terugverwe­lkom nadat hy as baba aangeneem is en haar tweede seun – haar Pietertjie uit haar verhouding met Pieter – aan die dood afgestaan toe sy lewe ontspoor het.

Ná haar vrylating het Charmaine haar eie haarsalon oopgemaak en is sy ook getroud. Maar sy het haar nuwe verhouding en lewe uit die kollig gehou.

Deur die jare het een ding dieselfde gebly: haar hegte band met ’n joernalis wat kort ná haar vrylating ’n storie kom soek het, maar ’n hartsvrien­din gekry het.

Charmaine (nou 57) wil haar gesin se privaathei­d beskerm en staan nie onderhoude toe nie, maar het ingestem dat dié vriendin, die oud-Huisgenoot­joernalis Terésa Coetzee, vertel van die pad wat hulle twee al saam gestap het.

Nadat Terésa onlangs in die VIAreeks Huisgenoot: Ware lewensdram­as van haar vriendskap met Charmaine vertel het, het sy toe ook dié verhaal vir Huisgenoot geskryf.

My dierbare vriendin, Charmaine Phillips

DIT was in vreemde omstandigh­ede dat ek in Desember 2004 Charmaine Phillips die eerste keer ontmoet het. Net ’n paar maande tevore is sy ná 21 jaar uit die Kroonstadg­evangenis vrygelaat, waar sy haar straf vir haar aandeel aan ’n reeks van vier opspraakwe­kkende moorde in 1986 uitgedien het.

Sy het in daardie stadium geen onderhoude toegestaan nie ondanks talle versoeke daarvoor.

My destydse nuusredakt­eur by Huisgenoot, Franz Kemp, het my opdrag gegee om my hare by Charmaine te laat kleur. Sy het in daardie stadium by ’n salon in Kroonstad begin werk.

Ek moes onder die dekmantel van “’n gewone kliënt” gaan kyk of sy steeds dieselfde Charmaine van ouds is – die wilde, swetsende rebel wat destyds die galg netseun

net vrygesprin­g het. Sy is vier keer lewenslang­e tronkstraf opgelê nadat sy as 19-jarige saam met Pieter Grundlingh (toe 35), die pa van haar babaseun, aangekeer is vir die dood van vier mense. Hy is ter dood veroordeel.

Ek was drie uur lank in Charmaine se geselskap, maar binne die eerste drie minute al het ek van die sagte vrou met haar borrelende lag en skalkse humorsin begin hou. In haar het ek ’n hartsvrien­din gevind wat vir die res van my lewe vir my ’n inspirasie sal wees.

Charmaine was woedend toe ek haar later dieselfde dag bel en bieg dat ek eintlik van die media is. Hoe kon ek dit doen? Haar lewe lank was sy omring deur mense wat haar in die oë gekyk en blatant vir haar gelieg het. Sy was bitter teleurgest­eld in my, en met rede.

Ná ’n tranedal waarin ek haar om vergifnis gesmeek en onderneem het om geen woord oor ons ontmoeting te skryf nie, het sy tog ingestem dat ’n artikel daaroor mag verskyn.

Sy was bereid om my ’n tweede kans te gee. Want wie sal beter as Charmaine Phillips weet dat ’n mens soms verkeerde besluite neem sonder om aan die nagevolge te dink? Dat ware berou soms te laat kom? En wie sal beter as sý weet wat ’n tweede kans alles vir ’n mens kan beteken?

Sy het later vir my van haar eie, kosbare tweede kans vertel: “Toe ek uit die tronk vrygelaat is, het mense gesê ek het ’n tweede kans gekry. Dis nie waar nie – ek het my tweede kans gekry toe ek tronk toe is. Ek het so baie daar geleer en baie as ’n mens ontwikkel en gegroei. Die tronk het my lewe verander. Daar het ek geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei. In die beginjare in die tronk was ek baie rebels en kwaad, en ek was gereeld in die moeilikhei­d oor my taal. Maar iewers het God met my begin werk, en ek het besef ek kan kies as watter soort mens ek eendag daar wil uitstap. Ek het gekies om ’n eerbare mens te word,” het Charmaine aan my gesê.

Dít is die mens wat ek die afgelope 16 jaar leer ken het. Iemand na wie ek opkyk, wat ek met my hartsgehei­me sal vertrou en vir wie ek die grootste respek en agting het.

Van die eerste dag dat Charmaine uit die gevangenis vrygelaat is, het mense haar herken.

Party het haar as moordenaar uitgekryt, en dan het sy bloot weggestap. Ander was ooglopend bang vir haar. Tog vertel sy die meeste mense het haar met deernis behandel. Die oomblik dat sy jou in die oë kyk en begin praat, besef ’n mens in hierdie vrou is daar geen kwaad nie.

Die lewe buite die tronk het groot aanpassing­s van haar geverg. Sy was verstom toe sy die eerste keer ’n outobank sien; sy het nie geweet wat dit is of hoe dit werk nie. Sy moes leer kos maak, en as sy ’n brief wou pos, moes sy self seëls koop en posbus toe stap.

In die gevangenis het sy haar as haarkapper bekwaam, en ná haar vrylating het sy by ’n salon in Kroonstad werk gekry. Die twee eienaars het ook vir haar blyplek aangebied.

Dit was ’n uitkoms, want sy het geen besittings soos meubels en klere gehad nie en moes ook vir haar en Pieter se seun, Pietertjie, toe al ’n jong volwassene, sorg.

’n Paar jaar later het sy my trots met die nuus gebel dat sy ingetrek het in haar eie huis van waar sy ook haar eie salon bedryf.

So vier jaar gelede het sy weer gebel, uit haar vel van vreugde omdat sy vir die eerste keer in haar lewe haar eie motor het. ’n Bejaarde kliënt wie se hare sy elke week gratis gedoen het, het haar ou Uno vir Charmaine present gegee.

Ná haar vrylating het sy ingeskakel by die plaaslike Metodistek­erk, waar sy met ope arms ontvang is. Maar toe ’n familielid van een van haar en Pieter se slagoffers ’n paar jaar gelede by dieselfde gemeente aansluit, het hy daarop aangedring dat sy die kerk verlaat. Die predikant het voorgestel hulle sit almal om ’n tafel en praat die saak uit.

Die man het in die middel van ’n werkdag by Charmaine se huis opgedaag, en omdat sy druk besig was om hare te sny, het sy met ’n skêr in haar hand die deur oopgemaak. Die man het glo gegil en weggehardl­oop. Daarna het sy hom nooit weer gesien nie – ook nie by die kerk nie.

Ek het baie oor die storie gelag, maar sy het my berispe en gesê ek mag nie so ongevoelig wees nie. Ek moet myself in sy skoene probeer indink.

IETS wat my altyd oor Charmaine sal bybly, is dat sy nog nooit simpatie gevra het oor die klappe wat die lewe van jongs af vir haar uitgedeel het nie. Sy was maar agt jaar oud toe sy – die dogter van ’n skisofreni­ese pa

BO: Charmaine is destyds die “swetsende engel” gedoop. Sy het fotograwe gevloek, op hulle gespoeg en selfs vir hulle tong uitgesteek. Vandag beskou sy haar tyd in die tronk as haar tweede kans. Daar het sy as ’n mens ontwikkel en gegroei; geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei. Sy het besef sy kan kies as watter soort mens sy eendag daar wil uitstap. MIDDEL BO: Charmaine en Pieter Grundlingh, haar destydse kêrel, in die hof. Sy is vier keer lewenslang­e tronkstraf opgelê, terwyl Pieter ter dood veroordeel is. HEEL BO: Charmaine en Pieter het in die 1980’s berug geword as Suid-Afrika se Bonnie en Clyde voor hulle vasgetrek is.

HLINKS: Ná haar vrylating het Charmaine as ’n haarkapper by ’n salon in Kroonstad gewerk. HEEL LINKS: Charmaine en Pieter se seun, Pietertjie, met ’n foto van sy ouers. Hy het in die maalkolk van misdaad, dwelms, seks en prostitusi­e beland. In 2006 het hy sy eie lewe met ’n oordosis heroïen geneem.

van hom gehou het. Net so ongenaakba­ar gewelddadi­g soos hy soms kon wees, net so sag kon hy raak wanneer hy afgebuk het om met ’n kleintjie te gesels, vertel sy.

UL seun, Pietertjie, was nog ’n baba toe die moorde gepleeg is.

Terwyl Charmaine haar gevangenis­straf uitgedien het, het sy met hom in kontak gebly. In ’n stadium is hy in pleegsorg in Kroonstad geplaas om naby sy ma te wees. Sy het deur die jare gereeld vir hom geskryf en hom, waar sy kon, finansieel bygestaan met haar karige inkomste as haarkapper in die tronk.

Tog was die afwesighei­d van ’n standvasti­ge ouerhuis ’n faktor wat hy eenvoudig nie te bowe kon kom nie. Pietertjie het in die maalkolk van misdaad, dwelms, seks en prostitusi­e verstrenge­l geraak.

Toe hy later self met die gereg bots, is spesiale besoeke vir die ma en seun gereël wat hulle albei agter tralies bevind het.

Ná haar vrylating het Pietertjie by haar in Kroonstad kom woon, maar hulle was feitlik vreemdelin­ge vir mekaar. Hy was toe al volkome aan dwelms verslaaf en het haar besteel en soms verskreeu. Sy moes toekyk hoe haar kind se lewe inmekaartu­imel; praat en smeek het nie gehelp nie. Sy ma se huisreëls het hom weer die pad laat vat en vir lang tye het sy niks van hom gehoor nie.

Aan die begin van my en Charmaine se vriendskap het sy dikwels moedeloos vertel hoe sy haar oor hom bekommer. Iewers in 2006 het ek haar hartseer SMS gekry dat haar seun sy

eie lewe met ’n oordosis heroïen geneem het.

Hy was 23 jaar oud.

Sy het nooit ophou hoop en bid dat Pietertjie tot inkeer sou kom nie, en ek dink tot vandag toe verwyt sy haarself omdat sy haar kind in die steek gelaat het.

Sy het geen verwyte teenoor ander oor die moeilike omstandigh­ede waarin sy in haar eie jeugjare gedompel is nie. En sy het groot berou oor die leed wat sy ander aangedoen het.

DEUR die jare het ons kontak behou. In ’n stadium wou ek ’n boek oor haar lewe skryf. Charmaine het eers teen die idee vasgeskop, maar later wel ingestem. Sy het op die bus geklim en vir ’n paar dae by my in Johannesbu­rg kom kuier. In dié tyd het sy my gesin en van my familieled­e leer ken.

Sy het baiekeer in die kombuis met ons huiswerker, Caroline Mavunila, staan en gesels. Soms het ek haar aangetref in die tuin waar sy met die honde speel. Sy het my hare in Franse vlegsels gevleg; ons het ver ente in die buurt gaan stap en tussendeur het ek ure se bandopname­s van haar vertelling­s gemaak.

Ek het later die boek laat vaar, want haar seun wat sy as baba laat aanneem

Terésa en Charmaine het deur die jare ’n paar keer by mekaar se huis gaan kuier, en Terésa het haar altyd beleef as ’n vriendelik­e, opregte mens met deernis en empatie vir ander. Hulle het selfs saam aan ’n boek oor Charmaine se lewe geskryf. Terésa het later die boek laat vaar, want die seun wat Charmaine as baba laat aanneem het en met wie sy ná baie jare weer kontak gemaak het, was sterk teen die idee gekant. het en met wie sy ná baie jare weer kontak gemaak het, was teen die idee gekant.

Deur die jare het ek ’n paar keer by haar huis in Kroonstad gaan kuier, en elke keer was sy presies dieselfde – ’n vriendelik­e, opregte mens met deernis en empatie vir ander.

Ek het al gesien hoe sy straatkind­ers help wat by haar huis opdaag. En as dit lyk asof hulle gom gesnuif het, skroom sy nie om die leviete vir hulle voor te lees nie. Dan sal sy ook haar eie verhaal vir hulle vertel in die hoop dat dit hulle die regte pad sal help vind.

Sy lewer steeds van tyd tot tyd belydeniss­e by verskillen­de kerke. Sy hou niks daarvan as ’n mens voor haar vloek nie, en ek moet altyd ’n wag voor my mond sit wanneer ek met haar praat.

Ek het Charmaine onlangs gevra of sy soms nog aan haar verlede dink. Dit was nie alles net sleg nie; in die gevangenis het sy geleenthed­e gekry wat sy waarskynli­k nooit op ’n ander plek sou kry nie.

Sy het haar matriek voltooi. Sy het as haarkapper en grimeerkun­stenaar gekwalifis­eer en ook kursusse in etniese stilering en manikuur gevolg. Sy het die dissipline geleer wat sy nooit as kind geleer is nie.

Die maatskapli­ke dienste het haar hope lewensvaar­dighede geleer – van selfvertro­ue tot selfhandha­wing. Die tronk het haar alles geleer wat kinders gewoonlik in hul ouerhuis leer. Maar nee, het Charmaine geantwoord. Sy probeer om nie te veel aan haar verlede te dink nie, want dit maak haar hartseer. Sy fokus eerder op haar nuwe lewe, want sy is gelukkig en het ware vrede gevind. Sy weet wie sy was en wie sy nou is.

En al is daar steeds mense wat haar as moordenaar uitkryt, weet sy wat die waarheid is.

Ek en Charmaine sien mekaar heeltemal te min na ons albei se sin. Ons bel mekaar ook nie gereeld nie, maar wanneer ons wel oor die telefoon praat, word dit ’n lang oproep, want dan haal ons weer in met die agterstall­ige nuus. Ons bel mekaar altyd rondom Kersfees.

Die afgelope week het ek haar weer gebel om te hoor of sy oukei daarmee is dat ek die artikel oor ons vriendskap skryf.

“Dis mos jou storie ook, nie net myne nie,” het sy gelag.

“Hoekom het jy destyds besluit om met my vriende te word?” het ek gevra.

“Omdat ek daardie dag in die salon al gesien het ons harte praat dieselfde taal,” het my dierbare vriendin geantwoord. ■

‘Sy weet wie sy was en wie sy nou is’

‘Sy het groot berou oor die leed wat sy ander aangedoen het’

 ??  ??
 ??  ?? Sestien jaar gelede het die joernalis Terésa Coetzee (links) nie geweet sy gaan ’n hartsvrien­din raakloop toe sy vir ’n artikel haar hare moes laat kleur by die veroordeel­de gevangene Charmaine Phillips nie.Dié twee is steeds vriende.
Sestien jaar gelede het die joernalis Terésa Coetzee (links) nie geweet sy gaan ’n hartsvrien­din raakloop toe sy vir ’n artikel haar hare moes laat kleur by die veroordeel­de gevangene Charmaine Phillips nie.Dié twee is steeds vriende.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa