Huisgenoot

GESOEK: ’N MOOI HART SOOS MY MA

Neels van Jaarsveld is ‘Die Boer-chiller’ in ’n maatsoekre­eks – en jy’s dalk Die Een!

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY Foto’s: MISHA JORDAAN

Neels van Jaarsveld weer gereed vir liefde ná sy huwelik misluk

VAN sy agterplaas op Botrivier kan hy ver en wyd oor die bloupers berge kyk wat agter die stowwerige kanolaland­e verrys. Die uitsig is sag op die oog en op die gemoed. Want tuur ’n mens lank genoeg daarna, vind jy dit mettertyd makliker om na binne te kyk.

Twee jaar gelede het die akteur Neels van Jaarsveld (41) ná die hartseer van sy egskeiding juis hier na die Overberg verhuis om asem te skep en weer lief te raak vir homself.

“Die liefde is ’n eienaardig­e ding. Dit is nie iets wat jy dwing nie . . . Dis mos daai ou cliché; jy moet eers lief wees vir jouself voor jy kan lief wees vir iemand anders,” vertel hy nou.

Hy moes die les ook eerstehand­s leer, en hy het. “Ek dink ek is baie meer lief vir myself. Dis vir my ’n vreemde konsep, maar ek dink dis iets wat ek met terapie en daai soort ding geleer het.

“As jy nie hou van wie jy is of hoe jy voel nie, is die kans skraal dat jy iemand anders sal laat lekker voel of nice sal wees met iemand anders.”

Nou is hy oplaas sagter met homself – en ook gereed vir nuwe liefde; ’n nuwe verhouding met iemand saam met wie hy kan lag, fliek of saam met sy hond, Lulu, kan stap. So gereed is hy weer vir liefde dat hy ingestem het om die hubare vrygesel te wees in kykNET se splinternu­we maatsoekre­eks, Op my eish!

Vroue ouer as 21 word genooi om ’n kort video waarin hulle meer van hulself vertel na die program se vervaardig­ers te stuur. Veertien finaliste sal Neels dan voor die kameras beter leer ken, van wie een dalk sy hart sal steel.

“Ek dink ek is nou in ’n baie positiewe, aangename, rock-solid plek,” vertel Neels met sy skewe glimlag oor sy besluit om aan die program deel te neem. “Ek sien basies kans vir enigiets.”

NEELS was verpletter nadat sy huwelik ná 18 maande misluk het. Hy verkies om nie sy eksvrou se naam te noem nie om sodoende haar privaathei­d te beskerm. “Ons het uitmekaarg­egroei,” het

hy in November 2018 in die sosiale media vertel.

Hier op die stoep van die Botrivierh­otel, naby sy eie ruim dorpshuis, vertel hy nou: “Dit het vir my gevoel of ek in ’n motorongel­uk was en die enigste oorlewende is. Dan moet jy die stukke stelselmat­ig optel.

“Depressie en daai soort goed, dis ’n werklikhei­d. En jy kan nie uit-figure wat fout is met jou nie; jy kan nie net ophou om so te voel nie. Daar moet tyd verloop, en jy moet hulp kry.”

Neels was toe al volksbesit danksy sy toneelspel op die verhoog en voor die kameras en ook danksy die ikoniese “Met eisj, ja”-brandewyna­dvertensie (waarop die naam van sy maatsoekpr­ogram sinspeel), maar het die mediakolli­g ná sy seer ervaring vermy en hom in sy werk verdiep. “Want wat met my gebeur het, was nie noodwendig positiewe nuus nie. Ek wou my werk namens my laat praat,” verduideli­k hy.

En dit hét. Die afgelope twee jaar was hy te sien in dramareeks­e soos Fynskrif, Dwaalster en Die spreeus, die fliek Griekwasta­d, die Netwerk24-blitssepie Op en af en die bekroonde toneelstuk Koningin Lear.

“Maar dis lekker as jy aan die einde van die dag daardeur kom; jy hoor weer die voëltjies fluit, jy sien hoe skyn die son, jy het waardering vir hoe groen die blare is, en eindelik besef jy hoe geseënd jy eintlik is,” vertel hy oor die lig anderkant die donker tonnel waardeur hy agter die skerms alleen moes stap.

Die inperking het ’n groot rol gespeel in sy besluit om die liefde weer ’n kans te gee, vertel hy. “Ek het besef hoe belangrik mense en familie is; ek het ’n nuutgevond­e lus om nuwe mense te ontmoet en hul stories te hoor.”

Hoe het dit gebeur dat hy nou as’t ware die “bachelor” van die Overberg gaan wees?

Sy grysblou oë lag ondeund terwyl hy vertel: “Die produksieh­uis het my ’n ruk terug genader oor hierdie dating show en ek sê toe ja, natuurlik sal ek die aanbieder wees. Maar toe sê hulle nee, hulle wil nie hê ek moet dit aanbied nie . . . Hulle wil hê ek moet, soos ek dit noem, die Boerchille­r wees!”

Hy skaterlag, maar erken dan hy het die saak eers goed deurdink en met sy ma, Lydia, bespreek. En toe besluit hy om die kans te vat.

“Dit is die lekkerste rol, want ek gaan net myself wees. En mense kan my beter

Die akteur en sy oulike miniatuurw­orshond, Lulu.

leer ken vir wie ek nou is.”

Hy beklemtoon weer: “Ek is nou op ’n beter plek in my lewe. Dit is die beste weergawe van my vandat ek bestaan. Joe, dit klink nou diep. Maar diep is ook goed.”

Is hy romanties? “Sonder twyfel,” laat hy hoor.

Hy sou voorheen ná ’n eerste ontmoeting blomme of sjokolade aandra, of sommer op ’n Vrydag ná ’n dag op die stel in Johannesbu­rg impulsief Kaap toe vlieg om ’n vrou te verras.

“Maar ek dink dit was nogal oorweldige­nd,” peins hy oor die liefdesles­se wat hy sedertdien geleer het.

“Ek dink ’n mens moet ’n verhouding begin sonder enige verwagting­s, en dan van daar af organies laat ontwikkel. Jy moet ook maar ’n gedeelte van jouself beskerm en stelselmat­ig commit. En dis wat ek in die toekoms gaan doen. Ja, ek dink ek sal ’n bietjie versigtige­r wees,” besin hy.

“Maar dis wat ek nou sê! Dit beteken nie ek sal nie weer met die intrapslag halsoorkop verlief raak nie. Ek dink nie ’n mens kan dit noodwendig verhoed nie, maar jy kan dit dalk beter bestuur.”

EN WAARNA soek Neels in ’n vrou? “Dit sal great wees om ’n pasmaat te vind wat onvoorwaar­delik lief is vir jou. Wat jou verstaan en jou ondersteun,” antwoord hy. “En wat verstaan dat jy drie keer per week moet gholf speel,” vertel die groot gholfliefh­ebber, wat al op 235 van SuidAfrika se gholfbane gespeel het.

“Ek dink wat ek graag sal wil hê in ’n pasmaat – eienskappe wat my ma ook het – is sagmoedigh­eid en goedhartig­heid. Haar omgee vir haar medemens. As jy iemand kan kry met ’n hart soos jou ma, dan is jy beslis op die regte plek. Punt nommer een is iemand met ’n goeie hart.”

Wat voorkoms betref, het Neels nie ’n voorkeur nie. Maar hy wil hom graag met positiewe mense omring en iemand met ’n goeie humorsin vind.

Die gebore Kapenaar is gek oor die buitelug, veral die wildtuin. Hy reis graag of vroetel sommer net in die tuin terwyl Lulu, die miniatuurw­orshond, om sy enkels speel.

Hy gaan die feestyd saam met sy familie in Buffelsbaa­i deurbring voor hy 2021 met al sy beloftes van opwinding en vernuwing aanpak.

“Ek dink nie ek sou die nuwe program kon doen as ek nie weer binne myself oukei was nie,” sê hy weer ernstig.

En wie weet? Dalk kan hy binnekort ’n nuwe begin by sy huis met die sag-op-dieoog uitsig vier. En dan, hopelik, nie meer op sy eish nie. ■

Sien jy jouself op Neels se stoep? Gaan na kykNET se webtuiste vir die inskrywing­sbesonderh­ede. Die sluitingsd­atum is 25 Desember.

B‘Dit is die lekkerste rol, want ek gaan net myself wees’

LINKS: Neels was in die dramareeks Fynskrif as die prokureur Ben van Wyk te sien. Links is Tinarie van Wyk Loots as sy tweelingsu­ster, Lara, en regs is Cintaine Schutte, wat die rol van sy vriendin Katrien in die reeks vertolk.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die akteur Neels van Jaarsveld is weer gereed om liefde te vind. BO: Hy neem aan kykNET se nuwe maatsoekpr­ogram, Op
my eish!, deel.
HOOFFOTO: Die akteur Neels van Jaarsveld is weer gereed om liefde te vind. BO: Hy neem aan kykNET se nuwe maatsoekpr­ogram, Op my eish!, deel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa