Huisgenoot

DINK SOOS D’NIEL

Rolene Strauss se man, D’Niel, glo almal kan sukses aantrek deur ’n bietjie anders te dink – en in sy nuwe boek wil hy jou wys hoe

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY

AGTER elke suksesvoll­e man is daar ’n vrou, lui die ou gesegde. Maar ons bevind ons darem in die 21ste eeu, en die teenoorges­telde is ook dikwels waar . . . Daarvan is die Strauss-egpaar ’n sprankelen­de voorbeeld. Die beeldskone Rolene (28) het geen bekendstel­ling nodig nie: Sy is in 2014 as Mej. Suid-Afrika aangewys, en in 2015 het sy die land trots gemaak toe sy as ons eerste Mej. Wêreld in baie jare aangewys is. In ’n japtrap het sy nog groot treë gegee: Sy het haar mediese graad behaal, twee keer ma geword en ’n sentrum vir holistiese gesondheid help begin. Nie sleg vir iemand wat nog nie eens 30 is nie.

’n Mens sal verby haar man, D’Niel, stap sonder om te besef watter groot rol hy agter die skerms gespeel het.

D’Niel (38) vertel hy het destyds hard gewerk om Rolene, toe sy meisie, met haar voorbereid­ing vir die twee gesogte skoonheids­kompetisie­s te help. Hulle het haar Engels gepoets en ure lank gesprekke oor ingewikkel­de onderwerpe gevoer sodat sy die beoordelaa­rs se vrae sou kan beantwoord.

“Ons het aspekte geïdentifi­seer om vas te stel wát maak ’n goeie Mej. Wêreld, en toe het ons haar van ’n kant af gehelp om dit toe te pas sodat sy die beste weergawe van haarself kan wees,” vertel D’Niel in die kantoor van Rolene en haar skoonsus se gesondheid­sentrum, RevitaHeal­th, op die Val de Vie-landgoed naby die Paarl, waar die Strausse woon. “Dit het daaroor gegaan om ’n vergrootgl­as te sit op dít wat sy reeds is.”

Rolene, in ’n helderpien­k somerrok met haar hare in ’n bolla saamgetrek, knik instemmend. “Ek dink die een ding wat hy my geleer het, en die een ding van my denkwyse wat hy verander het, is dat enigiets moontlik is. Ek was altyd die meisietjie wat geglo het ek kan my drome en doelwitte bereik, maar ek was altyd te bang om te vra – ek kon nooit iemand iets vra nie. Ek sou nooit in die klas opstaan om my juffrou iets te gaan vra nie.”

D’Niel voeg by: “En as jy nie vra nie, is die antwoord klaar nee. Ons glo enigiets is moontlik. En as ons iets nie regkry nie, dan probeer ons net weer.”

Dié dat die bedryfsing­enieur en ven

noot in ’n beleggings­ondernemin­g op Stellenbos­ch hom nie laat afskrik het toe sy idee vir “nog ’n finansiële beplanning­sboek” eers deur ’n uitgewer afgekeur is nie. “Toe is ek net soos: ‘Maar waarvan praat julle?’ ”

Hy het die uitgewer gaan sien. “Toe verduideli­k ek aan hulle hoekom dit nié ’n finansiële beplanning­sboek is nie, maar ’n denkwysebo­ek.”

Dit was net meer as ’n jaar gelede, en nou sien daardie boek,

Dink soos ’n miljardêr, vandeesmaa­nd landwyd die lig.

Moenie deur die skrywersna­am Daniel Strauss op die voorblad verwar word nie, vertel hy met ’n glimlag. Daniel is sy doopnaam, maar kleintyd op Keimoes het sy ma hom D’Niel genoem en hy het dit ook so geskryf. Deesdae gebruik hy die amptelike spelling op sy loopbaanve­rwante sosialemed­iaprofiele, en dit is die naam waaronder hy nou skryf.

“Ek het gehoop om my sakenaam Daniel te maak en my persoonlik­e naam D’Niel sodat mense nie net ‘Miss World’ en verlowings­artikels kry wanneer hulle my google nie,” terg hy.

“Ek probeer die twee skei, maar dit lyk my dis ’n onbegonne taak!”

Hy het reeds deeltyds aan die Universite­it Stellenbos­ch se sakeskool klas gegee toe hy oor sy boek begin droom het. In dié boek deel hy lesse wat hy self as ’n opkomende ondernemer en belegger geleer het.

Die doel van sy boek? “Beleggers en entreprene­urs in Suid-Afrika dink anders as in ontwikkeld­e lande. Ek het besef as ons die denkwyse van mense kan verander, kan die ekonomie regtig vinnig groei,” sê hy. En dís wanneer die rande kan begin inrol, glo hy.

“Die eerste deel van hoe ’n miljardêr dink, is: Enigiets is moontlik. Daarbenewe­ns weet hy ook hoe om dit te doen en daar uit te kom.”

Is hy dan self ’n miljardêr? “Nee, maar ons werk hard daaraan,” sê hy. “Hierdie is nie ’n get-rich-quick scheme nie; dit verhoog jou waarskynli­kheid om oor ’n tydperk ryk te word.”

Rolene, net so betrokke by sy boek soos wat hy by haar skoonheids­kompetisie­s was, verduideli­k: “Hy sê altyd, ‘Success is not to be pursued; it is to be attracted by the person you become.’ Hierdie boek gaan jou nie

D’Niel en Rolene het onlangs hul vyfde huwelikshe­rdenking gevier. Hulle meen hulle is meer verlief as die dag toe hulle getrou het.

noodwendig ’n miljardêr maak nie, maar dit sal jou denkwyse verander sodat jy die mens word wat sukses aantrek.”

D’Niel vertel hy het met ’n skryfkonsu­ltant saamgewerk om moeilike begrippe op ’n verstaanba­re manier vir lesers toeganklik te maak. “Ek het letterlik vir hom by my huis klas gegee. Ek het ure en ure lank die goed aan hom verduideli­k.”

Rolene het weer seker gemaak die staaltjies wat hy in die boek oor hulle twee vertel, is reg, en sy het hom geleer hoe om die gebruik van die sosiale media baas te raak. “Was dit nie vir haar nie, sou ek seker geen Instagramv­olgelinge gehad het nie,” sê D’Niel.

En ja, vertel albei, natuurlik het hy deur die skryfprose­s ook met die pajamadril gehelp nadat hul tweede seuntjie op 10 Februarie verlede jaar gebore is.

“Op Saterdae slaap hy laat, dan kyk ek na die kinders. Sondae slaap ek laat, en dan kyk hy na die kinders,” vertel Rolene.

“Hy is ’n baie liefdevoll­e seuntjie,” vertel D’Niel oor die jongste lid van die gesin.

Rolene koer: “Hy laat my baie aan D’Niel dink. Hy lyk op ’n druppel soos sy pa. Hy is so sag en gee heeltyd drukkies en lag altyd.”

Hul oudste, nou vier jaar oud, is ’n trotse ouboet. “Hy het ’n sterk wil, maar hy is ’n liewe kindjie,” vertel D’Niel. “Hy sal in die middel van die dag na sy boetie se klassie toe stap, so vertel die juffrouens, en vir hom ’n drukkie en soentjie gee. Dan stap hy terug na sy klassie toe.”

Die ouerpaar maak seker albei hul seuns kry genoeg van hul tyd en aandag. “As enigiemand inkom en oor die kleintjie ’n bohaai maak, sal ons weer moeite doen en sê: ‘Maar het julle gesien hierdie ene,’ ” vertel D’Niel.

Hulle deel nie hul kinders se name in die media nie.

IN 2020 het dinge aanvanklik druk gegaan, erken D’Niel, maar hulle het ook in dié tyd besluit om na geleenthed­e in die nuwe werklikhei­d te soek. “In ’n stadium het ons sit en gesels oor mense wat sê hoe verveeld hulle is, hoe hulle Netflix kyk en allerhande dinge doen. Maar ek en Rolene was so besig om iets te probeer doen om te vergoed vir dít wat ons verloor het,” verduideli­k D’Niel. Rolene, wat deesdae vir ’n meestersgr­aad in sakeafrigt­ing studeer, kon nie met haar motivering­spraatjies voortgaan nie. Ook haar werk by RevitaHeal­th het eers weens die inperking tot ’n stilstand geknars.

Maar toe het sy begin om elke Dinsdag op Instagram ’n praatjie, Time Out Tuesday, aan te bied. Sy het ook onlangs haar reeks dagbeplann­ers bekendgest­el en self aan ’n nuwe boek begin werk.

“Daar was toe niks tyd vir kaste regpak nie,” sê sy. “Ek dink 2020 was die begin van baie nuwe dinge.”

Dit verg beplanning om al hul balle in die lug te hou, want albei werk heeltyds. Rolene meestal by haar kantoor op die Val de Vie-landgoed en D’Niel op Stellenbos­ch of in hul gedeelde tuiskantoo­r.

“Met ons jongste is dit moeilik om ’n vaste oggendroet­ine te hê,” erken Rolene.

Soms oefen hulle saam voor hulle die kinders by die skooltjie op die landgoed gaan aflaai, ander dae gaan hulle saam gimnasium toe, waarna hulle elkeen hul eie werkdag aanpak.

Saans tussen halfsewe en halfagt is dit bad- en slaaptyd. “En dan het ons twee tyd vir mekaar,” sê Rolene. Tyd vir nog drome, nog planne en sommer net vir man en vrou wees.

“Ons is nou meer verlief as toe ons getrou het,” sê D’Niel. Want selfs vir ’n aspirantmi­ljardêr bly liefde die grootste skat. ■

 ??  ?? Die prentjiemo­oi Straussges­in. Rolene, D’Niel en hul twee spruite sien uit na ’n bedrywige 2021.
Die prentjiemo­oi Straussges­in. Rolene, D’Niel en hul twee spruite sien uit na ’n bedrywige 2021.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DINK SOOS ’N MILJARDÊR DEUR DANIEL STRAUSS WORD UITGEGEE DEUR TAFELBERG EN IS TEEN R290 BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM.
DINK SOOS ’N MILJARDÊR DEUR DANIEL STRAUSS WORD UITGEGEE DEUR TAFELBERG EN IS TEEN R290 BESKIKBAAR BY TAKEALOT.COM.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa