Huisgenoot

INENTINGSP­ROGRAM

Baie ander lande is reeds in verskillen­de fases van inenting. Ons kyk na wat reeds bekend is van SA se inentingsp­lan

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

MAANDE lank is dit al op almal se lippe, maar helaas nog hier op eie bodem in feitlik niemand se arms nie. Dis nou die langverwag­te entstof teen covid-19. Want net ’n week ná die aankoms van die eerste miljoen dosisse AstraZenec­aentstof, wat bestem was vir gesondheid­sorgwerker­s, blyk dit toe dié entstof is nie doeltreffe­nd genoeg teen die Suid-Afrikaanse variant van die coronaviru­s nie.

Kort voor Huisgenoot se saktyd was dit steeds in die Biovac-groep se bergingsge­riewe in Johannesbu­rg tot tyd en wyl navorsers besluit of dit ooit benut sal kan word . . .

Die regering het intussen laat blyk hy sal op kleiner skaal voortgaan met sy inentingsp­lan vir gesondheid­sorgwerker­s, dié keer met Johnson & Johnson se entstof. Maar oor hoe, waar en wanneer gewone Suid-Afrikaners eindelik ook teen die virus ingeënt sal word, heers daar nog baie vrae.

WAT IS DIE EINDDOEL?

Die doelwit van die entstofpla­n is om “kudde-immuniteit” in Suid-Afrika te skep om verdere verspreidi­ng van die coronaviru­s te keer.

Om dit te behaal, moet minstens 67% van die bevolking immuun wees teen covid-19, wat beteken 40 miljoen mense sal ingeënt moet word, het pres. Cyril Ramaphosa verduideli­k.

Maar terwyl lande reg oor die wêreld hul bevolkings laat inent, probeer SuidAfrika nog deur dié drie kanale om genoeg entstowwe vir ons bevolking te kry: ■ Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) se COVAX-program, wat lidlande vra om saam te werk om te verseker dat armer lande entstof kry.

■ Die Afrika-Unie se entstofpro­jek.

■ Regstreeks­e onderhande­lings met entstofver­vaardigers vir aankope.

Die nasionale entstofpla­n sou begin met die toediening van sowat 1,5 miljoen dosisse AstraZenec­a-entstof aan gesondheid­sorgwerker­s omdat hulle in die voorste linie van die stryd teen covid-19 besonder kwesbaar is, maar gesondheid­swerkers sal nou die Johnson & Johnson-entstof kry. In die komende weke behoort sowat ’n halfmiljoe­n van hulle ingeënt te word, en dan, sodra meer entstowwe beskikbaar is, die res van ons gesondheid­swerkers ook.

WAT IS DIE PROBLEEM MET ASTRAZENEC­A?

Die eerste miljoen dosisse het begin Februarie in Suid-Afrika aangekom, maar gesondheid­sminister Zweli Mkhize en sy wetenskapl­ike raadgewers het toe vinnig rem getrap.

Plaaslike toetse het gewys dié entstof is 40% minder doeltreffe­nd teen die SuidAfrika­anse variant van die coronaviru­s, oftewel 501Y.V2 soos dit bekendstaa­n, as wat gehoop is, verduideli­k prof. Shabir

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa