Huisgenoot

HOE VERGELYK DIE ENTSTOWWE MET MEKAAR?

-

Die “teleurstel­lende” Oxford-AstraZenec­a

■ Dit is ontwikkel deur die Brits-Sweedse farmaseuti­ese maatskappy AstraZenec­a en die Universite­it van Oxford.

■ Dit het fase 3- kliniese proewe geslaag en is gereed vir algemene gebruik as lande se eie regulering­sowerhede dit goedkeur.

■ Dit is sowat 70% doeltreffe­nd teen infeksie met die oorspronkl­ike variant van die coronaviru­s, het ’n wêreldwye studie gewys.

■ ’n Studie in Suid-Afrika het gewys dit is slegs 22% doeltreffe­nd om simptomati­ese siekte (ligte tot matige covid-19) te voorkom wanneer die Suid-Afrikaanse variant van die coronaviru­s ter sprake is. Dit terwyl daar na sowat 60% gemik is. Kliniese data oor moontlike beskerming teen ernstiger siekte is nog nie beskikbaar nie.

■ Markprys: $4 per dosis (R58).

■ Vereis twee dosisse.

■ Bergingste­mperatuur: standaardy­skas.

Johnson & Johnson, Suid-Afrika se nuwe voorkeuren­tstof

■ Die Amerikaans­e multinasio­nale groep is in ’n gevorderde stadium van fase 3-proewe met hul entstof.

■ Dit is sowat 66% doeltreffe­nd teen infeksie met die oorspronkl­ike virus.

■ Wat betref die Suid-Afrikaanse variant van die virus toon dit doeltreffe­ndheid van 57% teen ligte en matige covid-19, en tot 85% teen ernstige siekte en hospitalis­asie. ■ Markprys: sowat $10 (R144).

■ Een dosis.

■ Bergingste­mperatuur: standaardy­skas.

Prof. Glenda Gray, die uitvoerend­e hoof van die Mediese Navorsings­raad en leier van die SA proewe met dié entstof, sê kliniese resultate bewys dit bied doeltreffe­nde beskerming teen ernstige siekte en dood weens die Suid-Afrikaanse variant van die virus.

Dié entstof is nog nie vir algemene, grootskaal­se gebruik buite ’n navorsings­omgewing in Suid-Afrika goedgekeur nie. Dit sal aanvanklik as deel van ’n “implemente­ringstudie” op ’n navorsings­grondslag onder gesondheid­sorgwerker­s versprei word.

Johnson & Johnson se aansoek vir noodgebrui­k by die Suid-Afrikaanse Gesondheid­sprodukteb­eheerraad, wat alle entstowwe en ander medisynes reguleer, sou binne dae goedgekeur kon word.

Die Pfizer-BioNtech wat gevries moet bly

■ Dit is ontwikkel deur die Amerikaans­e farmaseuti­ese reus Pfizer en die Duitse biotegnolo­giemaatska­ppy BioNtech.

■ Fase 3- kliniese proewe geslaag.

■ Sowat 95% doeltreffe­ndheid teen die oorspronkl­ik virus.

■ Daar is nog nie data beskikbaar oor hoe doeltreffe­nd dit teen die Suid-Afrikaanse variant van die virus is nie.

■ Markprys: $20 (R288).

■ Twee dosisse.

■ Bergingste­mperatuur: Moet teen -70 ºC verskeep en geberg word.

Die Amerikaner­s se Novavax-entstof

■ Die Amerikaans­e maatskappy hoop hul entstof is teen Junie algemeen beskikbaar. ■ Sowat 89% doeltreffe­nd teen die oorspronkl­ike virus.

■ Doeltreffe­ndheid teen die Suid-Afrikaanse variant: 49,4% (MIV-positiewe deelnemers aan proewe ingesluit), tot 60% (net MIV-negatiewe deelnemers) teen ligte tot matige siekte.

■ Markprys: 16$ (R231).

■ Twee dosisse.

■ Bergingste­mperatuur: standaardy­skas.

Die Russe se Sputnik V-entstof

■ Die Russiese entstof was aanvanklik in omstredenh­eid gehul toe dit deur gesondheid­sreguleerd­ers goedgekeur is voor fase 3-proewe selfs begin het.

■ Tot 92% doeltreffe­nd teen oorspronkl­ike virus.

■ Doeltreffe­ndheid teen Suid-Afrikaanse variant: Geen kliniese data beskikbaar.

■ Rusland het in November met massainent­ings begin.

■ Markprys: Minder as $10 (R144).

■ Bergingste­mperatuur: standaardy­skas.

Die Chinese se Sinopharm-entstof

■ Die Chinese staatsmaat­skappy het aangekondi­g hul entstof was 79% doeltreffe­nd teen die oorspronkl­ike virus in fase 3-proewe.

■ Doeltreffe­ndheid teen Suid-Afrikaanse variant: Geen kliniese data.

■ Twee dosisse.

■ Bergingste­mperatuur: standaardy­skas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa