Huisgenoot

ARCHIE WORD OUBOET

Harry en Meghan het op Valentynsd­ag aangekondi­g sy is weer swanger. En dié keer hoef hulle geen koninklike reëls te volg nie

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD

KYK, oor een ding kan niemand stry nie: Harry en Meghan weet hoe om ’n aankondigi­ng te maak sodat dit almal laat regop sit. Watter beter dag is daar om wonderlike liefdesnuu­s te deel as op Valentynsd­ag? En dit boonop met ’n romantiese swart-en-wit foto waarop die gelukkige egpaar in ’n welige tuin diep in mekaar se oë staar.

“Archie gaan ’n ouboet word,” sê ’n woordvoerd­er vir die hertog en hertogin van Sussex in ’n verklaring wat saam met die foto uitgereik is.

Daarop straal die twee: Harry is kaalvoet en glimlag breed, terwyl Meghan in sagte lig met haar kop op sy skoot lê en haar hand liggies op haar maag rus.

Dit lyk asof Meghan se swangerska­p al taamlik gevorderd is. Haar vloeiende rok – ’n Caroline Herrera-skepping wat sy ook tydens haar eerste swangerska­p gedra het – val vleiend om ’n goed gevormde bababoepie.

En te oordeel na hoe sy in haar eerste swangerska­p gelyk het, is sy moontlik reeds sowat vier of vyf maande swanger, wat beteken Archie se klein boetie of sussie behoort ’n maand of twee ná sy tweede verjaardag in Mei hier te wees.

Dit maak sin dat Harry en Meghan sou wag tot ná die eerste trimester om die swangerska­p aan te kondig – veral as ’n mens hul hartseer verlies verlede jaar in ag neem.

In November het Meghan in ’n eerlike stuk in The New York Times geskryf oor ’n miskraam wat sy in Julie gehad het en die pyn waardeur sy en Harry is.

Nou is daar weer vreugde: ’n nuwe baba in die nuwe lewe wat hulle vir hulself skep, ver weg van die rituele en verwagting­s van die koninklike familie.

Dié keer kan hulle dinge doen nes hulle wil: Geen amptelike paleisaank­ondigings nie, geen druk om foto’s uit te reik nie en geen verwagting­s om die wêreld ’n dag of wat ná die geboorte in die oë te kyk nie.

DIE Sussexe het gekies om die nuus op Valentynsd­ag te deel – nes prinses Diana toe sy op Valentynsd­ag 1984 aangekondi­g het sy verwag Harry. Die ouderdomsv­erskil tussen Archie en die nuwe lid van die gesin sal soortgelyk wees aan dié tussen sy pa en sy oom: William is twee jaar en drie maande ouer as sy kleinboet.

Met sy geboorte was Harry derde in die tou troonopvol­gers, agter sy pa en William. Nou het hy afgeskuif na sesde plek, agter William se kinders, George, Charlotte en Louis.

Archie is in die sewende plek, en die nuwe baba Sussex sal agtste wees.

Nie dat sulke dinge enigsins meer vir Meghan en Harry saak maak nie. Hul seuntjie kon ’n lord gewees het, maar sy ouers het die titel van die hand gewys, en hy staan net as “Master Archie Mountbatte­n-Windsor” bekend. Baba Sussex sal ’n “master” of ’n “miss” wees.

Die koninklike familie het die Sussexe gou gelukgewen­s. “Haar majesteit, die hertog van Edinburgh, prins van Wallis en die hele familie is baie ingenome en wens hulle alles wat mooi is toe,” het ’n verklaring vanuit Buckingham­paleis gelui.

Baba Sussex sal die koningin se 10de agterklein­kind wees, nadat die negende, prinses Eugenie, en haar man, Jack Brooksbank, se seuntjie, onlangs gebore is. As Harry se niggie Zara Tindall voor Meghan geboorte gee, sal die Sussexie die 11de agterklein­kind wees.

Weddenskap­pe vir die kleinding se naam het kort ná die aankondigi­ng geopen, met Alfie en Alexandra in die voortou, gevolg deur Elizabeth en Philip.

Die koningin het klein Archie meer as

Archie gaan ’n boetie of ’n sussie kry. Harry en Meghan het egter nog nie bekendgema­ak wanneer die baba sy of haar opwagting maak nie.

’n jaar laas gesien, maar volgens berigte kuier sy gereeld per video-oproep met die Sussexe in Kalifornië. Archie is mal daaroor om op Zoom met die familie te gesels, en die koningin het die oproepe reg deur die inperking baie geniet,” sê Omid Scobie, medeskrywe­r van die Sussex-gesinde boek, Finding Freedom.

Intussen word Meghan se familie steeds uit haar lewe gesluit, met die uitsonderi­ng van haar ma, Doria Ragland. Haar halfsuster, Samantha Grant, was onlangs in die nuus nadat sy ’n opspraakwe­kkende boek van 272 bladsye die lig laat sien het. In The Diary of Princess Pushy’s Sister: Part 1 skryf sy Meghan is ’n selfgesent­reerde skynheilig­e wat net aan haarself dink en haar rug gekeer het op dié wat haar liefhet.

Dit lyk nie asof Meghan haar veel aan die boek steur nie. Volgens ’n vriendin is berigte dat die hertogin “oorval is deur angs” en “gereeld in trane uitbars” bloot nie waar nie.

“Die memoires het skaars op haar radar verskyn,” sê die vriendin. “Meghan het Samantha byna 20 jaar laas gesien; die idee dat sy bekommerd is, is dus snert. Sy ken Samantha skaars.”

Verder het Meghan onlangs ’n belangrike oorwinning in haar hofstryd teen Associated Newspapers, die uitgewers van die Mail on Sunday en Mail Online, behaal.

Meghan het die mediahuis hof toe gesleep vir die skending van haar privaathei­d nadat dit dele van ’n brief gepublisee­r het wat sy

aan haar vervreemde pa, Thomas Markle, geskryf het. Die hof het in haar guns beslis.

Samantha sê Meghan is die een wat die skuld moet kry vir haar en Thomas se rampspoedi­ge verhouding. Toe Meghan klein was, was Samantha glo versot op Meghan, wat volgens haar ’n oulike meisietjie was. Maar dit het alles verander toe sy die wêreld van ’n aktrise betree het. En toe Meghan eers vir Harry ontmoet, het die kind wat Samantha gedink het sy ken glo heeltemal verdwyn.

Daarna, skryf sy in die boek, het Meghan al haar familieled­e buiten haar ma die koue skouer gegee.

“Die stories wat haar uitbeeld as ’n ongeloofli­ke filantroop strook nie met hoe sy haar familie ignoreer het nie,” sê Samantha.

Dis haar pa oor wie sy haar die meeste bekommer het, voeg sy by. Sy het verwag dat Meghan ná haar verlowing na Thomas sou uitreik.

“Ek het gedink sy sou die rooi tapyt vir hom ooprol en hom (Brittanje toe) laat kom op ’n privaat straler.”

Dat sy hom toe so te sê geïgnoreer het, was “die wreedste soort speletjie,” sê Samantha. “Ek het begin besef dat sy verander het. Ek moes voortduren­d die suster wat ek met my hele hart liefgehad het, skei van die suster wat ek met my hele hart gehaat het.”

Dit was vir haar ’n “ongeloofli­ke belediging” toe sy nie na die koninklike troue in Mei 2018 genooi is nie, sê Samantha. Sy beweer ook Meghan het hul pa gevra om Samantha en haar broer, Thomas jr., te “onterf ” en laat blyk hy sal weer welkom in haar lewe wees as hy dit sou doen. Toe hy weier, het Meghan na bewering gesê: “Dan het ons niks meer om oor te praat nie.”

DAAR is geen teken dat Thomas (76) en Meghan binnekort gaan versoen nie, en dat hulle dalk later vanjaar vir Archie en sy nuwe kleinkind kan ontmoet nie. Hy het nog nie eens vir Harry ontmoet nie, selfs al woon die Sussexe nou in Kalifornië skaars 390 km van sy tuiste in Rosarito, Mexiko, af.

Dit het boonop onlangs aan die lig gekom dat hy aan ’n dokumentêr­e fliek oor Meghan werk, wat ’n familiereü­nie nog minder waarskynli­k laat lyk en Meghan waarskynli­k nog meer verlig maak dat die regter in haar privaathei­dsaak in haar guns beslis het. Sy sou allermins daarna uitsien om haar pa in die hof in die oë te moes kyk.

Volgens die regter het Meghan “’n redelike verwagting gehad dat die inhoud van haar brief aan haar pa privaat sou bly en dat die koerant se artikels met daardie redelike verwagting ingemeng het.”

In ’n verklaring het Meghan haar dankbaarhe­id teenoor die hof uitgespree­k. “Vir party mediahuise is dit ’n speletjie. Vir my en baie ander mense is dit die regte lewe, met werklike verhouding­s en baie werklike hartseer. Die skade wat hulle berokken het en steeds berokken, lê baie diep.” ■

Meghan se halfsuster, Samantha Grant (BO), sê in haar boek (LINKS) Meghan is verantword­elik vir haar en haar pa, Thomas (REGS), se slegte verhouding.

 ??  ?? HOOFFOTO: Met hierdie foto het Harry en Meghan op Valentynsd­ag aangekondi­g sy is swanger met hul tweede kind. REGS: Presies 37 jaar gelede, in 1984, is aangekondi­g dat Diana swanger is met haar en Charles se tweede kind, Harry.
HOOFFOTO: Met hierdie foto het Harry en Meghan op Valentynsd­ag aangekondi­g sy is swanger met hul tweede kind. REGS: Presies 37 jaar gelede, in 1984, is aangekondi­g dat Diana swanger is met haar en Charles se tweede kind, Harry.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa