Huisgenoot

MEDITERREE­NSE TAMATIEGEB­AKTE GROENTE MET PANGRITATA

-

Dié groente kan net so as ’n ligte maaltyd of as bykos saam met braaivleis of gebraaide hoender geëet word.

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS BYKOS BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 45 MIN.

GROENTE

4-6 baba-eiervrugte, in die lengte halveer

45 ml (3 e) olyfolie sout en peper 4 murgpampoe­ntjies, punte afgesny en in die lengte halveer

TAMATIESOU­S

15 ml (1 e) olyfolie 2 ansjovisfi­lette, fyngekap 1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 5 ml (1 t) elk droë of vars tiemie en origanum

1 x 50 g-pakkie tamatiepas­ta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties sout en peper, na smaak PANGRITATA

1 ciabattaro­lletjie, fyngekrumm­el 2 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml (2 e) olyfolie

’n hand vol vars pietersiel­ie, fyngekap fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

VIR VOORSIT

’n paar vars kersietama­ties, gesny soos verkies suurlemoen­wiggies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

1 Pak die eiervrugte met die vleeskant na bo op die bereide bakplaat. Drup 30 ml (2 e) van die olie oor en geur met die sout en peper. Draai die eiervrugte om en rooster 20-25 min. of tot amper gaar. 3

Pak die murgpampoe­ntjies op die bakplaat by die eiervrug. Geur weer met ’n bietjie sout en peper en drup die res van die olie oor. Rooster nog 10 min.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ansjovis 30 sek. Voeg die ui, knoffel en kruie by en roerbraai 5 min. Roer die tamatiepas­ta en gekapte tamaties deur en laat 5 min. liggies prut.

Geur met die sout en peper na smaak. Skep die sous oor die groente 6 7 en bak nog 5-10 min.

Verhit ’n pan en voeg die ciabattakr­ummels, knoffel en olyfolie by. Roerbraai die krummels tot bros. Roer die pietersiel­ie en suurlemoen­skil by en verwyder van die hitte.

Sprinkel die pangritata en kersietama­ties oor die gebakte groente en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

Tertdeeg

Plaas die meel, sout, kaas, pietersiel­ie en suurlemoen­skil in die bak van ’n voedselver­werker. Voeg die botter by en pols tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk.

Voeg die eiergeel by en pols tot ’n deeg om die lem begin vorm. Keer die deeg uit en druk saam. Bedek met kleefplast­iek en verkoel 30 min. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer die tertpannet­jies met die deeg uit. Prik die deeg met ’n vurk en verkoel nog 30 min.

4 Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar. Laat die tertjies 10 min. in die pannetjies afkoel en keer uit. Laat heeltemal afkoel. 5 7

Versprei die tamaties, soetrissie­s en knoffel op die bakplaat. Giet die olie oor en meng deur. Geur met die sout en peper. Rooster 15-20 min. in die oond en roer die basiliebla­re deur.

Verdeel die tamatiekon­fyt en groente tussen die tertjies en sit voor.

 ??  ?? Groente 2 4 5
Tamatiesou­s
Pangritata
Vir voorsit
Groente 2 4 5 Tamatiesou­s Pangritata Vir voorsit
 ??  ?? Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 6 klein tertvorms goed met kossproei. Hou ’n bakplaat byderhand. 2 3 6
Groente
Vir voorsit
Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 6 klein tertvorms goed met kossproei. Hou ’n bakplaat byderhand. 2 3 6 Groente Vir voorsit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa