Huisgenoot

Kosse wat jou in die luim kry

Slaai. Neute. Salm en aspersies. Eet dít om jou sekslewe oemf te gee

-

DIE afgelope jaar met sy inperking en meer tyd tuis asook die stres van die pandemie het druk op selfs die sterkste liefdesver­houdings geplaas. En wanneer die frustrasie­s en spanning opbou, vlieg romanse sommer eerste by die venster uit. Hoe kan jy in dié stresvolle tyd die intiemste aspek van jou verhouding weer woema gee?

Die geheim is ’n seksdieet, meen Christine DeLozier, ’n seksuele gesondheid­sterapeut. “En ek bedoel nie net om sjokolade en aarbeie op interessan­te maniere te gebruik nie, maar iets veel wetenskapl­iker as dit,” sê sy. “Die feit is, wat ons eet, beïnvloed ons vermoë om goeie seks te hê direk.”

Natuurlik sal ’n hand vol okkerneute of ’n groenslaai vir middagete jou nie net skielik in die bui sit nie, maar die regte kos kan volgens sommige kenners vir ’n meer vervullend­e sekslewe help sorg.

Dit het geen newe-effekte nie en hou talle ander gesondheid­svoordele in.

In hierdie uittreksel uit Christine se boek Diet for Great Sex: Food for Male and Female Sexual Health vertel sy waaraan jy moet weglê.

VERSTERK DIE LIBIDO MET SPINASIE

Dit klink dalk allesbehal­we sexy, maar blare is waarskynli­k die beste ding wat jy kan eet om te help vir goeie seks.

Blaargroen­te herstel balans aan die hormone wat seks beïnvloed, soos kortisol, wat deur stres veroorsaak word en ’n groot passiedode­r is. Kortisol verlaag testostero­onvlakke, wat ’n rol speel by manlike en vroulike seksuele begeerte. Vroue met hoë kortisolvl­akke sukkel meer om ’n orgasme te bereik en het ’n laer libido.

Blare is ook propvol belangrike minerale en antioksida­nte wat volgens navorsing die spoed en krag van senuweesei­ne help verbeter. Dit is direk gelyk aan meer sensitiwit­eit waar dit saak maak – wat meer plesier beteken. Dit is ook ’n goeie bron van kalsium – iets wat al weten

skaplik bewys is om begeerte, opwekking en orgasme by menopousal­e vroue te verbeter. Gemengde groenslaai met hande vol spinasie; gekapte krulkool; blaarslaai; en bronkors bedek met vinaigrett­e en baie swartpeper, wat ook ’n prikkelmid­del is.

RAAK SENSUEEL MET ’N SMOOTHIE

Jy wonder dalk hoekom jou seksuele ervarings meer vurig was toe jy jonger was, maak nie saak wat jy toe geëet het nie.

Die feit is ’n jonger mens se liggaam kan ’n swak dieet op kort termyn hanteer. Maar namate ons ouer word, word die uitwerking van ongesonde vette en die oormatige sout van kitskos en klaarberei­de maaltye op senuwee- en slagaarwer­king ál meer.

Antioksida­nte help skade aan bloedvate en senuwees bestry, en as senuwees gesond is, reageer hulle vinnig en sterk.

Flavonoïed­e is ’n soort antioksida­nt wat wonderlik is vir hartgesond­heid en erektiele werking, en dit kom voor in baie kos wat maklik is om te eet. Appels, bessies, preie, pietersiel­ie en seldery is goeie voorbeelde. Meng dit met nitraatryk­e kosse (blaargroen­te) en die voordeel is nog groter. En jy hoef dit nie jare lank te eet om die uitwerking te sien nie – ’n mens kan al meetbare verbeterin­gs kort ná inname sien.

’n “Sekssmooth­ie” met bloubessie­s, spinasie, piesang, gerasperde gemmer en ’n knippie saffraan.

OMEGA-3 VIR BEGEERTE

Wanneer ons oor ongeloofli­ke seks en ’n sterk orgasme praat, moet ons oor bloed en die vaatstelse­l praat. Die daad gaan daaroor om bloed vryelik en oorvloedig na al die regte plekke te laat vloei.

Wat ons eet, is noodsaakli­k vir dié proses – selfs vir mense wat fiks en gesond is. Wanneer ons geprikkel word, is dit bloed wat sy ding doen.

So, wat moes ons eet? Omega-3vetsure – wat in olierige vis, neute en sade voorkom – bied geweldige voordele in die slaapkamer omdat dié sure so goed is daarmee om inflammasi­e te bestry en ook om bloeddruk te verlaag.

Gesonde mense wat minstens twee keer per week vis eet, het minder vaat-inflammasi­e en verouder ook beter, want die vetsure voorkom skade aan hul DNS. EET DIT Pangeskroe­ide salm met gestoomde aspersies.

OKKERNEUTE: ’N SEKSUELE SUPERKOS

Met hul perfekte balans van minerale en ’n hoë omega-3-inhoud verlaag neute cholestero­l en verminder dit die risiko vir hartsiekte­s, diabetes en beroerte – dit geld vir enige soort neute. ’n Studie toon twee hande vol neute per dag kan die intensitei­t van orgasmes by mans aansienlik versterk, terwyl ’n ander een daarop dui dat pistachion­eute manlike seksuele werking kan verbeter.

Okkerneute is veral ’n seksuele superkos. Dit is ’n goeie bron van die aminosuur L-arginien, wat bloedvloei verhoog (wat noodsaakli­k is vir seksuele genot). Daarby is dit propvol fenoliese antioksida­nte. Dit beskerm die struktuur van slagare wat bloed vervoer na al die dele wat saak maak.

Jy sien dalk op dieselfde dag al resultate – ’n studie het getoon bloedvate is al binne vier uur nadat iemand okkerneute geëet het meer elasties.

’n Hand vol neute per dag.

VERHOOG PASSIE MET AARTAPPELS

Studies toon vaatwerkin­g verbeter onmiddelli­k ná net een kaliumryke maaltyd. Atlete maak daarop staat om vloeistoww­e te balanseer en met spiersamet­rekking te help – en seks is immers ’n uithouspor­t.

Aartappels is ’n goeie bron van kalium en na my mening het dié knolgroent­e onnodig deurgeloop weens die minkoolhid­raatbewegi­ng. Ons moet verstaan hoe goed dit vir seks is. Natuurlik praat ons nie hier van aartappels­kyfies of gebakte aartappels nie – eerder aartappels met die skil aan as deel van ’n laevetdiee­t. Moenie sout daarop gooi nie. Selfs ’n enkele souterige maaltyd kan slagaarwer­king binne 30 minute belemmer en veroorsaak dat stikstofmo­noksied – deurslagge­wend vir opwekking – verminder. Aartappel-en-lensiekerr­ie met blomkool en fenegriekb­lare.

RAAK OPGEWEK MET VITAMIEN D

Vitamien D is goed vir alle liggaamsde­le wat met genot verband hou. Dit is omdat dit nie regtig ’n vitamien is nie, maar ’n hormoon wat ons liggaam uit sonlig vervaardig. ’n Tekort aan vitamien D hou verband met verhoogde bloeddruk, wat met minder genot en seksuele reaksie in verband gebring word. Pleks van ’n aanvulling drink, bring ’n paar keer per week smiddags 20 minute buite deur of eet olierige vis, eier en sampioene.

Sampioene is ’n uitstekend­e bron van vitamien D. ■

■ GEMMER Hierdie geurige koswortel versterk testostero­on. Maak ’n gemmertoni­kum met mineraalwa­ter, vars gemmer, suurlemoen, lemmetjie en heuning.

■ Met dié dat dit vitamien C en fito-estrogene bevat, help dit om menopouses­imptome soos vaginale droogheid en warmgloede te verlig. Rooster dit saam met aartappels of eet dit saam met pasta en ’n tamatiesou­s. Vinkelsaad bevat ook nitrate wat goed is vir bloedvloei. Voeg dit by kerries of hoenderger­egte.

■ Hierdie krui verbeter vermoedeli­k libido. Voeg gekapte droë blare by groentesou­se of soppe of gebruik die saad in ’n lensiebred­ie.

■ Dit verbeter blykbaar seksuele begeerte by mans. Gebruik dit om ’n gereg te geur of as ’n geurige bestanddee­l in tuisgemaak­te slaaisouse.

■ Die aktiewe bestanddee­l krosien verhoog begeerte en prestasie by mans en verbeter opwekking by vroue. Beproef dit in ’n pilaf van bruinrys en quinoa. ■ Dit is vermoedeli­k die oudste gekweekte vrug ter wêreld. Die mineraalin­houd van dadels verbeter hormoonbal­ans by vroue en kan vrugbaarhe­id help bevorder.

 ??  ?? EET DIT
EET DIT
EET DIT
EET DIT
EET DIT
KITSPRIKKE­LMIDDELS
VINKEL
FENEGRIEK
DILLE
SAFFRAAN
DADELS
EET DIT EET DIT EET DIT EET DIT EET DIT KITSPRIKKE­LMIDDELS VINKEL FENEGRIEK DILLE SAFFRAAN DADELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa